Boland Kavaliers pak SWD Arende te Wellington (30 September 2017) | Klubfinale vind plaas | Boland o.20 bespreek plek in halfeind

Sep 26 • General News • 2412 Views • Comments Off on Boland Kavaliers pak SWD Arende te Wellington (30 September 2017) | Klubfinale vind plaas | Boland o.20 bespreek plek in halfeind

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

KAVALIERS PAK ARENDE IN WELLINGTON

(BRU klubkampioene word óók gekroon) 

DIE Boland Kavaliers pak Saterdag 30 September 2017 die SWD Arende in ‘n Curriebeker Eersteliga-wedstryd op die Boland Stadion te Wellington. 

Met slegs twee wedstryde oor in die groepfase van dié kompetisie en ‘n plek in die halfeindronde op die  spel, sal beide spanne oorgehaal wees om vyf punte uit die kragmeting te behaal.

Die Kavaliers beklee tans die vyfde posisie op die punteleer met 14 punte, maar ‘n oorwinning oor die Arende (derde posisie met 17 punte) sal die tuisspan op koers bring om ‘n plek onder die top 4 te bespreek. 

Eerskomende Saterdag se Curriebeker-wedstryd sal gepaard gaan met die Boland Rugbyunie se klubfinale van die Streek Uitdaag, Gemeenskap Skild en Eersteliga kompetisies. 

Die program vir die dag beloop soos volg:

(Saterdag 30 September 2017)

08:30 Hekke open

10:00 Eersteliga Finaal: Highlanders vs Lindeshof

11:45 Gemeenskap Skild Finaal: Majestics vs Elandskloof

13:30 Curriebeker Eersteliga: Boland Kavaliers vs SWD Arende

15:15 Streekuitdaag Finaal: Montagu vs Rangers Bredasdorp

  

BOLAND O.20 BESPREEK PLEK IN HALFEIND:

Boland se o.20-span het die afgelope Saterdag ‘n spog-oorwinning behaal oor Grens se o.20-span in ‘n SA Rugby o.20 Kampioenskaps-wedstryd.  

Met dié oorwinning het Boland hul plek in die halfeindronde van dié kompetsisie verseker.

Boland het elf drieë tydens dié wedstryd aangeteken, met J Baron, B Adonis en J Koul wat elk twee keer gaan druk het. B Mouries, T Booysen, X Mitchell, M Nelani en C Jonas het die ander drieë behaal. J Markus (2 doelskoppe), A Swanepoel (2 doelskoppe) en J Koul (3 doelskoppe en een vervyfskop) het die res van Boland se punte bygedra.

 

Related Posts

« »