Boland Kavaliers ready for Pumas

Aug 1 • General News, National, South Africa • 2925 Views • Comments Off on Boland Kavaliers ready for Pumas

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (1 votes, average: 5.00 out of 5)
Loading...

Kavaliers slaggereed vir Pumas

Ná afloop van hul puik 23-30 sege oor die Oostelike Provinsie verlede naweek, sal die Regent Boland Kavaliers eerskomende Vrydag se Curriebeker Eersteliga-kragmeting teen die Pumas met selfvertroue aandurf wanneer dié twee spanne op die Boland Stadion in Wellington kragte meet.

Die Kavaliers pak die Pumas Vrydag 2 Augustus om 15:00 in die hoofwedstryd, met die voorwedstryde soos volg:

11:00 Bergrivier Sekondêr o.14 vs Paulus Joubert o.14

12:00 Bergrivier Sekondêr o.16 vs Paulus Joubert o.16

12:45 Bergrivier Sekondêr o.19 vs Weston Sekondêr o.19

 

Die Kavaliers se hoofafrigter Eugene Eloff het twee veranderinge aan sy span aangebring – albei weens beserings – met Ricardo Croy wat die nommer tien-trui by Len Olivier (gebreekte vinger) oorneem en Bradley Fortuin wat in Thor Halvorsen (handbesering) se plek op flank sal diens doen.

Die Kavaliers-span lyk soos volg:

15. Jacquin Jansen; 14. Senan van der Merwe; 13. Johnathan Francke; 12. Braam Gerber (o/k); 11. Brendon April; 10. Ricardo Croy; 9. Lucky Kebe; 8. Zandré Jordaan; 7. Bradley Fortuin; 6. Franzil September (k); 5. JC Astle; 4. PJ van Zyl; 3. Jacques Kotze; 2. Clemen Lewis; 1. Sabelo Nhlapo. RESERWES: 16. Francois Hanekom; 17. Ulrich Pretorius; 18. Ben Venter; 19. Junior Bester; 20. Ricky Schroeder; 21. Wynand Pienaar; 22. Chesswin Williams

 

Skoliere in skooldrag kry gratis toegang:

Toegang vir Vrydag se wedstryd beloop R30 vir volwassenes, R5 vir skoliere sonder skooldrag en gratis toegang aan skoliere met hul skooldrag aan.

Related Posts

« »