Boland Kavaliers vs Border Bulldogs

Jun 24 • General News • 2756 Views • Comments Off on Boland Kavaliers vs Border Bulldogs

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

DIE Boland Kavaliers is eerskomende Saterdag terug op hul tuisveld in Wellington, wanneer hulle die Grens Bulldogs pak in ‘n Absa Curriebeker Kwalifiseringswedstryd.

 

Ná ‘n puik afskop tot die Curriebeker-reeks twee naweke gelede, met ‘n oortuigende 32-22 sege oor die Griffons op Malmesbury, het die Kavaliers die pas-afgelope naweek vasgeval teen Griekwas op Kimberley met 48-17.

 

Ná ‘n rustyd-agterstand van 26-3, het die Kavaliers in die tweede helfde beter vertoon teen Griekwas, met Hanno Kitshoff en Christian Rust wat albei agter die doellyn gaan kuier het. Die heelagter Eric Zana, wat teen Griekwas in sy vyftigste wedstryd vir die Kavaliers uitgedraf het, het twee doelskoppe en ‘n strafdoel bygedra tot sy span se eindtelling.

 

Ná twee rondtes in die Absa Curriebeker Kwalifiserings-fase, lê Boland en Grens onderskeidelik derde en vierde op die punteleer. Die Luiperds en Griekwas, wat onderskeidelik eerste en tweede lê, pak mekaar óók die komende naweek.

 

Saterdag se wedstryd skop af om 14:00 en toegang beloop R30 vir volwassenes en R10 vir skoliere.

 

BOLAND KAVALIERS SPAN

 

15. Eric Zana

14. Senan van der Merwe

13. Wilneth Engelbrecht

12. Jozua Malherbe

11. Danwell Demas

10. Christian Rust

9. Jovelian de Koker

8. Wayne Wilschut

7. Chaney Willemse

6. Freginald Africa

5. Gavin Annandale ©

4. Hanno Kitshoff

3. Deacon Chowles

2. Clemen Lewis

1. SP Wessels

 

16. Chadley Wenn

17. Keenan Abrahams

18. Yves Bashiya

19. Nikolai Lubbe

20. Marnus Hugo

21. Adriaan Carelse

22. Ryno Conradie

Related Posts

« »