BOLAND RUGBY BIED GEWILDE COCA-COLA O.18 AKADEMIEWEEK AAN TE HTS DROSTDY

Jul 2 • Craven Week, General News, School • 4534 Views • Comments Off on BOLAND RUGBY BIED GEWILDE COCA-COLA O.18 AKADEMIEWEEK AAN TE HTS DROSTDY

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

DIE Coca-Cola Jeugweek toernooie, wat jaarliks plaasvind tydens die Junie skool-vakansie, tel ongetwyfeld onder die opwindendste toernooie op die Suid-Afrikaanse Rugby-kalender. Dit is hiér waar ons land se belowendste skolerugby-spelers die geleentheid gegun word om hul talente op provinsiale vlak ten toon te stel. Dit is híér waar Suid-Afrika se toekomstige rugby-helde gebore word.

Die Coca-Cola o.18 Cravenweek (14 tot 19 Julie te Middelburg), o.18 Akademieweek (7-10 Julie te Worcester), o.16 Grant Khomoweek (7-10 Julie te Sasolburg), o.13 Cravenweek (30 Junie – 4 Julie te Durban) en LSEN Cravenweek (30 Junie – 3 Julie te Potchefstroom) bied jaarliks ‘n rugby-skouspel uit die boonste rakke aan en vanjaar behoort geen uitsondering te wees nie.

Die Worcester-gebasseerde spogskool HTS Drostdy speel vanjaar gasheer vir die Coca-Cola o.18 Akademieweek. Met dié skool se indrukwekkende geriewe en met die samewerking van die Boland Rugbyunie (die gasheer-provinsie van vanjaar se toernooi), die Kaapse Wynland Distrik Munisipaliteit, asook Worcester Toerisme, kan besoekers hulself voorberei vir die toernooi van ‘n leeftyd.

“Om ‘n Nasionale toernooi aan te bied, is vir enige skool n groot eer”, sê meneer Arthur Underhay, skoolhoof van HTS Drostdy.

“Wat dit besonders maak, is dat Drostdy ‘n trotse rugby tradisie het wat oor die afgelope 111 jaar opgebou is. So ‘n toernooi onderstreep maar net weereens dat Drostdy die moeder unie ondersteun en saam wil werk om dit ‘n reuse sukses te maak.”

Volgens Underhay is Drostdy “bevooreg om ongelooflike goeie fasiliteite te besit, met genoegsame slaapplek vir 600 spelers, 6 rugbyvelde, 8 aantreklokale, 2 klubhuise en ‘n ongelookflike atmosfeer met ‘n besondere uitsig op die Berge.

“Drostdy se leuse is ‘Werk terwyl jy op God vertrou’, maar ons slagspreek, ‘Drostdy is ‘n belewenis’ gaan beslis op almal se lippe wees”.

Altesaam vyftien rugbyspelers van HTS Drostdy sal Boland verteenwoordig tydens vanjaar se Jeugweek-toernooie, met vyf spelers wat ingesluit is in die Boland o.18 Cravenweek-span, sewe spelers in die Boland o.18 Akademieweek-span, een speler in die Boland o.18 XV-tal en twee spelers in die Boland o.16 Grant Khomospan. Beide die Boland o.18 Akademieweekspan en die Boland o.18 XV-tal neem deel aan die o.18 Akademieweek te Drostdy.

Volgens mnr Claude Schroeder, Uitvoerende Direkteur van Gemeenskapsontwikkeling en Beplanningsdienste van die Kaapse Wynland Distriks Munisipaliteit, bied die Coca-Cola o.18 Akademieweek ‘n waardevolle toerisme-inspuiting vir Worcester- en sy omliggende omgewings.

“Tydens die World Travel Awards, gehou op 11 Januarie 2012, is Suid-Afrika aangewys as die wêreld se voorste sport toerisme bestemming. Dit maak dus sin dat streke in Suid-Afrika, soos die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit, die sporttoerisme-mark ná-jaag om toerisme doelwitte, sowel as ekonomiese doelwitte, te bereik.

HTS Drostdy se leerder wat verkies is vir die verskeie Coca-Cola Jeugweek-spanne, is:

BOLAND O.18 CRAVENWEEK
Roy Brink (stut)
Robert Hunt (stut)
Willem Augustyn (slot)
Marno Bartels (vleuel)
Earl Downing (vleuel)

BOLAND O.18 AKADEMIEWEEK A
Tiaan Smuts (haker)
Emile Opperman (stut)
Evan Booysen (agtsteman)
Bernito McFurson (senter)
Edward Haas (voorspeler)
Carl Kotze (agterspeler)
Geevan Scheepers (agterspeler)

BOLAND O.18 AKADEMIEWEEK XV
Jurie Fick (flank)

BOLAND O.16 GRANT KHOMO
Lourens van den Berg (vleuel)
Rion Duwenhage (voorspeler)

FOTOS:

PETTE-OORHANDIGING: Die Boland Rugbyunie het Vrydag 27 Junie sy jaarlikse Pette-oorhandigingsfunksie aangebied in die skoolsaal van Laerskool Hugenote. Tydens dié geleentheid was al die leerders vereer, wat provinsiale kleure in rugby verwerf het, naamlik; Boland o.18 Cravenweek, Boland o.18 Akademieweek en Boland XV-tal, Boland o.16 Grant Khomo en Boland LSEN span. Die Springbok senter, oud Hugenote-leerder en voormalige Boland skolespeler Juan de Jongh, was die verassing-spreker van die aand, terwyl vanjaar se o.20 Jongbokkie voorry Wilco Louw (voormalige HTS Drostdy leerder en Boland skolespeler) die gasspreker was. Die o.13 Pettefunksie was Donderdag 26 Junie te Worcester aangebied. Hier staan De Jongh en Louw saam met die leerders van hul alma-maters wat Boland gaan verteenwoordig tydens die onderskeie Jeugweek-toernooie.

DATUMS:
o.13 Coca-Cola Cravenweek – 30 Junie – 4 Julie 2014 (Durban)
LSEN Cravenweek – 30 Junie – 4 Julie 2014 (Potchefstroom)
o.16 Dogterstoernooi – 6-12 Julie 2014 (Worcester)
o.18 Coca-Cola Akademieweek – 7-10 Julie 2014 (Worcester)
o.18 Coca-Cola Cravenweek – 14-19 Julie 2014 (Middelburg)

20140702-084309-31389726.jpg

20140702-084310-31390004.jpg

Related Posts

« »