Boland Rugby Elite groep 2018

Dec 6 • General News, National • 12469 Views • Comments Off on Boland Rugby Elite groep 2018

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Die Boland Rugbyunie het onlangs ‘n elite oefengroep aangewys om deel te neem aan die voorseisoense oefenprogram van die Boland Kavaliers.

Dié uitnodigingsgroep, wat bestaan uit spelers uit die klub- en onder 20 strukture van Boland Rugby, het verlede week saamgetrek by die Boland Stadion in Wellington. Die doel van die elite groep is om spelers te beloon wat in 2017 goeie vorm vertoon het op klub- en juniorvlak, deur hulle bloot te stel aan die oefeninge en strukture van Boland Rugby se professionele span, die Boland Kavaliers.

‘n Span sal saamgestel word uit die groep om op 20 Januarie 2018 in ‘n opwarmingswedstryd te speel teen die Universiteit van Stellenbosch (Maties) se Varsitybeker span te Stellenbosch, met die uiteindelike doelwit om geselekteerde spelers vanuit die groep te betrek by die Boland Kavaliers se provinsiale groep vir 2018.

Volgens Randall Modiba, hoofafrigter van die Boland Kavaliers, is dit “belangrik om geleenthede te skep vir begaafde spelers binne die grense van die Boland Rugbyunie.

“Daar is ‘n groot sprong vanaf klub- na senior provinsiale vlak, dus is dit belangrik om ‘n middelvlak te skep, waar spelers stelselmatig betrokke kan raak by die professionele strukture van Boland Rugby.”

Die Boland Kavaliers se afrigtingspan was direk betrokke by alle prosesse rakende die elite-groep, met ‘n voorlegging wat aangebied was deur die hoofafrigter, gevolg deur verskeie krag- en fiksheidstoetse wat aangebied was deur die fiksheidsafrigter.

“Ons is tevrede met dit wat ons bereik het tydens dié fase van die proses,” sê Modiba. “Sekere spelers het goed gevaar in verskeie van die toetse, terwyl ander spelers harder sal moet werk aan hul fiksheid en kondisionering.

“Die entosiasme van die spelers was egter opvallend en verblydend. Ons probeer juis ‘n trotse en mededingende kultuur handhaaf, waar spelers bereid is om te veg vir ‘n plek in die Kavaliers-span.

Volgens Modiba is die deur beslis ook nie toe vir ander spelers binne die unie nie.

“Daar sal deurlopend geleenthede geskep word  aan spelers wat hul hande opsteek, om betrokke te raak by Boland Rugby se elite groep”.

 

Boland Rugby Elite Oefengroep 2018:

POSISIES NAME CLUB
     
STUTTE Van Wyk, Clarence Roses United
  Hoffmeester, JR Roses United
  Adams, Robin Majestics
     
SLOTTE / LOSVOORSPELERS Booysen, Emile Hillcrest RFC
  Erasmus, Francois Darling RFC
  Rossouw, Francois Abbotsdale RFC
  Adendorf, Heinrich Grabouw RFC
  Jacobs, Phillip Boland o.20
  Booysen, Taine Randall Boland o.20 / Montagu Villagers
  Dwayi, Benjamin Safcol
     
SKRUMSKAKELS Le Fleur, Gerdwill Wesbank RFC
  Langdown, Mervyn Boland o.20 / Montagu RFC
  Nortje, JP Invincibles RFC, Vredendal
     
LOSSKAKELS Willemse, Colin Robertson RFC
  Van Wyk, William Ceres RFC
     
SENTERS Abels, Tyrone Roses United
  Snyman, Earl Robertson RFC
  Nelani, Mtile Boland o.20 / Wesbank RFC
  Van Schalkwyk, Chemandre Coronations, Malmesbury
  Vermeulen, Damion Ceres RFC
  Hahn, Llewellyn Van Rhynsdorp, Eagles
     
VLEUELS Engeldoe, Damian Roses United
  Adonis, Barry Boland o.20 / Young Hearts, Pella
  Foute, Enzo Boland o.20 / Hamiltons, Worcester
  Nel, Werner Delicious RFC, Ceres
  Rana, Rowan Roses United, Wellington
     
HEELAGTERS Solomons, Jade Young Hearts
  Conradie, Ryno Rangers Robertson

Related Posts

« »