Boland slaggereed vir Leeus na geskiedkundige sege

Mar 8 • National, Vodacom Cup, Vodacom Cup News • 6216 Views • Comments Off on Boland slaggereed vir Leeus na geskiedkundige sege

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Cornal Hendricks

Ná verlede Saterdag se geskiedkundige oorwinning oor die magtige Blou Bulle op Loftus Versfeld, kan die Boland Kavaliers eerskomende naweek die Goue Leeus met selfvertroue aandurf in ‘n Vodacombekerwedstryd op Moorreesburg.

Die Kavaliers se 20-17 sege oor die Bulle is geskiedkundig in dié sin dat Boland nog nooit die manne van die Pretoria op Loftus kon klop nie.

Die naaste wat Boland nóg aan ‘n oorwinning oor die Blou Bulle op Loftus kon kom, was in 1973 toe dié twee spanne met 12-12 die louere gedeel het in ‘n Curriebeker kragmeting.

Oor die jare kon Boland ook nog net twee keer met die Bulle afreken op die Boland-stadion. In 1981 het Boland 17-13 geseëvier in ‘n vriendskaplike wedstryd en in 2006 het Boland 38-35 gewen in ‘n Vodacombeker-wedstryd.

Met die besluit om die Boland rugby na sy mense te neem, word eerskomende Saterdag se wedstryd teen die Leeus op Moorreesburg beslis.

Boland se direkteur van afrigting, Loffie Eloff, sou sweerlik nie te veel aan sy wenspan wou torring vir Saterdag se wedstryd nie, maar ‘n paar beserings het dié voormalige breier van die einste Leeus sonder veel van ‘n keuse gelaat het.

Op heelagter vervang Willie le Roux vir Jacquin Jansen en op slot vervang Lehan Koekemoer vir Hottie Louw.

Onder die losvoorspelers skuif Junior Bester vanaf agtsteman terug flank toe in Thor Halvorsen se plek, met Zandré Jordaan wat weer die agtsteman posisie sal beman. Halvorsen skuif plaasvervangerbank toe.

Saterdag 12 Maart se wedstryd op Moorreesburg skop 16:30 af.

Boland (vs Leeus):

Willie le Roux, Cornal Hendricks, Johnathan Francke, Braam Gerber, PJ Vermeulen, Elgar Watts, Bolla Conradie, Zandré Jordaan, Junior Bester, Franzel September, Lehan Koekemoer, Grant le Roux, Charl du Plessis, Clemen Lewis, Janro van Niekerk.

Reserwes:

Ashton Constant, Eugene Butterworth, PJ van Zyl, Thor Halvorsen, Alex Kock, Alister Kettledas, Brendon April.

Junior Bester

Related Posts

« »