BULLS EN LIONS: TWEE UITEENLOPENDE UNIES, TWEE UITEENLOPENDE AGENDAS

Jul 30 • General News, Pale Toe, South Africa, Super Rugby, Super Rugby News • 2302 Views • Comments Off on BULLS EN LIONS: TWEE UITEENLOPENDE UNIES, TWEE UITEENLOPENDE AGENDAS

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
JOHN MITCHELL, HOOFAFRIGTER VAN DIE BULLS ©jayjbotes.com

JOHN MITCHELL, HOOFAFRIGTER VAN DIE BULLS ©jayjbotes.com

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Medewerker- Bloemfontein

Hoeveel dinge kan in ʼn jaar in ʼn rugby unie verander?

Blykbaar baie, as dit te oordeel is aan die onlangse gebeure by die Bulls en by die Lions.

John Mitchell het Pine Pienaar inderhaas verlede jaar vervang om die leisels oor te neem om die Bulls se roerlose skip om te draai.
“Operasie Omdraai” het die Bulls dit toe genoem en dit het goed begin.
Afleggings aan personeel is gemaak, die oefen dissipline aangepas en die ondersteuners het die pawiljoene begin vol pak, veral nadat die Bulls die Hurricanes in Februarie met 21-19 op Loftus geklop het en daarna te slaag daarin om met die Stormers, Rebels en Sharks tuis af te reken.

Daarna het die Bulls se afdraande pad begin: ‘n wenlose toer na Australasië en pak slae teen die Suid-Amerikaners en Japanese.

Oorkant die Jukskei-rivier het die Lions diep gaan delf en hul opmars na die 2018-eindstryd begin met Swys de Bruin aan die stuur.

Verlede naweek het dit egter die pers vol gelê van bewerings oor John Mitchell se doen en late oor die span en dat daar blykbaar van ʼn paar miljoen rand gepraat word wat bewillig sou moes word om spelers van SuperRugby-kaliber vir die sukkelende unie te koop.
Na bewering het hy aan die Blou Bulle Maatskappy gesê dat hy nie sy kontrak-wat volgende jaar in Oktober verstryk- sal verleng as hy nie die spelers kry om die Bulls weer aan die bokant van die Super-kompetise se punteleer te kry nie.

Mitchell wil ook blykbaar die meer as 200 spelers op die Bulle se boeke na 40 verminder.

Hy wil dit juis doen sodat daar uit die junior korps ʼn span bymekaar gestel kan word om ʼn paar jaar bymekaar te wees en sodoende meer kompeterend op SuperRugby-vlak te wees.

Oorkant die Jukskei, oftewel anderkant die Boereworsgordyn, gaan dit voor die wind.

Die Lions speel Saterdag in hul derde agtereenvolgende SuperRugby-eindstryd en Swys de Bruin en sy groep broeders is soos ʼn eenheid saamgestel en besiel om die SuperRugby-trofee huis toe te bring.

Terwyl die Bulls laer trek oor onder andere die beweerde bedrae wat vereis word om die skip te laat vlot, kan die Lions nie genoeg dankie sê aan Jan en Alleman nie; “ ek wil aan julle as die media dankie sê dat julle altyd daar was, selfs toe ons uit was op ons voete. Julle het ons ondersteun en nie negatief oor die Lions berig nie. Daar word soms gesê dat mens ʼn afrigter moet opbou sodat hy kan val, maar dit was nie so in ons geval nie, en daarvoor is ons julle eindeloos dankbaar,” het Swys de Bruin na afloop van die Lions se oorwinning, verlede Saterdag, oor die Waratahs aan die media gesê.

Daarenteen was die Bulls se kortlikse antwoord, vandag, oor die media navrae na aanleiding van die bewerings in die naweek se koerante as volg: “Die Blou Bulle Maatskappy wil bevestig dat die Uitvoerende Rugby (sic), John Mitchell ʼn voorlegging aan die Raad van Direkteure, by ʼn sessie ʼn paar weke gelede, gehou te Johannesburg gemaak het. Hy het die volle ondersteuning en rugsteun van die BB Mpy Raad van Direkteure en die Aandeelhouers, in teenstelling met mediaberigte oor die laaste paar dae.”

Navrae oor die beskikbaarheid van die bestuur van die BBRU om verder op vrae te antwoord, was vrugteloos.

Related Posts

« »