BULLS V LIONS: VRIENDSKAP WEERSKANTE VAN DIE JUKSKEI

Jan 25 • General News • 2030 Views • Comments Off on BULLS V LIONS: VRIENDSKAP WEERSKANTE VAN DIE JUKSKEI

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

 

-Simon Riekert: Johannesburg

Hoe “vriendskaplik” kan ʼn moderne SuperRugby-opwarmingswedstryd wees, kan jy jouself met reg afvra, want die bedoeling van hierdie woord in sport beteken eerder dat die wedstryd nie deel van die amptelike reeks wedstryde is nie.
Vir beide Swys de Bruin en Pote Human is dit ʼn saak van alle erns eerskomende Saterdag op Loftus Versveld se B-veld, want oor drie weke, skop die 2019-toernooi af.
De Bruin glo dat die voorbereiding vir sy span se kanse vanjaar, goed verloop en dat daar groot afwagting is vir vanjaar by alle unies, veral by die Bulls.
Daar is ʼn stuk of 17 nuwe spelers wie beskikbaar is vir die Lions vir vanjaar se toernooi, onder wie Stefan Rees (Sharks), Frans van Wyk en Jan-Henning Campher (Bulls) en Carlo Sadie (Stormers) groot opgewondenheid bring.
Dit gaan ʼn fyn balans van hoe die spelers bestuur kos by beide unies. Rassie Erasmus, Springbokafrigter was reeds vroeër in die week by hulle om sy planne vir die 2019 –Wêreldbekerjaar se spelers planne uiteen te sit.
Swys ken per slot van sake die Bokke-opset goed, daarom is dit vir hom belangrik om in voeling te bly met Erasmus; “ons is in lyn met sy bestuur van spelers, hy weet hy kan die afrigters vertrou met wie om te laat rus en wie nie; daar is meer as twee en ʼn half maande oor nadat die SuperRugby-toernooi verby is en die Wêreldbeker begin en ek wed jou dat alle spelers en afrigters se fokus op SuperRugby is.”
Swys is effens filosofies as hy terugverwys na wat verlede jaar met die Lions in die eindwedstryd gebeur het; “dit was ʼn weg-wedstryd wat dit altyd moeiliker maak, ons het in 2017 ʼn tuis finaal gehad wat ons ook verloor het, so ons sal meer op ons proses moet fokus hoe ons sukses kan behaal as net oor die toernooi se oorwinning; dis onregverdig teenoor die nuwe manne wie ons nou gekry het.”
Vanjaar is daar natuurlik geen inkomende toere in Junie nie en dit het goeie en slegte gevolge vir afrigters. Die goeie nuus vir spanne met momentum hier so halfpad deur die winter, is dat daar geen lastige internasionale onderbrekings is nie. Aan die ander kant is afrigters soos Swys bekommerd daaroor dat spelers nie genoeg rustyd sal kry nie en die risiko vir beserings groter maak.
“Afrigters sal hul spelers dus baie fyn moet dophou en die 38-man groep hier by ons, sal reg bestuur moet word.”
Vir Swys-hulle is dit goed om nie te veel verwagtings oor sukses vanjaar te hê nie; “kyk na die Bulls, hulle het waarskynlik die ruggraat van die Springbokspan by hulle, die Sharks het momentum van verlede jaar se suksesvolle Curriebeker-toernooi en by die Stormers speel daar ten minste 11 Springbokke.”
Saterdag se wedstryd teen die Bulls gaan dus ʼn geleentheid wees vir die jong spelers om hul staal te wys, eerder as wat dit ʼn vertoonwedstryd van die twee unies se potensiaal sal wees. De Bruyn en Pote Human sal hul groot kanonne geleidelik terugbring alvorens die toernooi begin in mid-Februarie. Vir beide spanne bly daar nog ‘n ronde se “vriendskaplike” wedstryde hierna oor.

Die Vodacom Bulls se span vir Saterdag lyk so:

Beginspan: Earll Dowrie, Cornal Hendricks, Franco Naude, JT Jackson, Rosko Specman, Manie Libbok, Marco Jansen van Vuren, Muller Uys, Thembelani Bholi, Ruan Steenkamp. Eli Snyman, Ruan Nortje, Dayan van der Westhuizen, Corniel Els, Simphiwe Matanzima.
Klaarmakers: Johan Grobbelaar, Matthys Basson, Conrad van Vuuren, Tim Agaba, Nic de Jager, Ivan van Zyl, Tinus de Beer, Jay-Cee Nel, Jade Stighling, Divan Rossouw.

Die Emirates Lions lyk so:

Beginspan: Nathan Mcbeth, Jan-Henning Champher, Asenathi Ntlabakanye, Ruan Vermaak, Rhyno Herbst, MJ Pelser, Vincent Tshituka, Darrien-Lane Landsberg, Morne van der Berg, Gianni Lombard, Wandisile Simelane, Tyrone Green, Manuel Rass, Madosh Tambwe, Sylvian Mahuza (kaptein).
Klaarmakers: Pieter Jansen, Danie Minnie, Frans van Wyk, PJ Steenkamp, Roelof Smith, James Venter, Jo-Hanko de Villiers, Dian Schoonees, Bradley Thain, Eddie Fouche, Louritz van der Schyff, Jan-Louis la Grange, Stean Pienaar, Jeanluc Cilliers.

Afskoptyd is 15:00 op die Loftus Versveld B-veld, Saterdag 26 Januarie 2019.

MALCOLM MARX: Hy en sy spanmaats sal op die afgelope paar jaar se SuperRugby-sukses wil verbeter.
FOTO: FRANS LOMBARD/ACTIONPIX

Related Posts

« »