CURRIEBEKER-AKSIE VIR BOLAND SE JUNIOR SPANNE

Aug 11 • General News • 2148 Views • Comments Off on CURRIEBEKER-AKSIE VIR BOLAND SE JUNIOR SPANNE

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

MET die Boland Kavaliers wat sy Absa Curriebeker Eersteliga-veldtog eers weer hervat op Saterdag 30 Augustus, teen die Griffons te Wellington, skop Boland se o.19 en o.21 spanne eerskomende Vrydag reeds af, met wedstryde teen hul eweknieë van Griekwas.

Beide wedstryde vind Vrydag 15 Augustus plaas op die Boland Stadion in Wellington, met die Boland o.19 vs Griekwas o.19 wedstryd wat afskop om 14:00 en die Boland o.21 vs Griekwas o.21 wedstryd wat om 16:00 sal afskop.

Toegang beloop R10 vir volwassenes. Skoliere kry gratis toegang.

Die Boland Kavaliers se Absa Curriebeker-wedstrydbepalings beloop soos volg:

· Saterdag 30 Augustus | Boland vs Griffons | Boland Stadion | 16:00
· Saterdag 6 September | Luiperde vs Boland | Potchefstroom | 15:00
· Saterdag 13 September | Boland vs Valke | Boland Stadion | 16:00
· Vrydag 19 September | SWD vs Boland | George | 19:00
· Vrydag 26 September | Boland vs Grens | Boland Stadion | 16:00

Sien volledige wedstrydbepalingslys aangeheg.

WP VS BOLAND AMATEURS TE PAARL

Eerskomende Woensdag 13 Augustus meet WP en Boland se Amateurspanne kragte te Faurestraat Stadion in die Paarl in vriendskaplike wedstryde.

BEPALINGS:
18:30 – (Sub Unie) WP vs Boland
20:00 – (Amateurs) WP vs Boland

Related Posts

« »