CURRIEBEKER KOORS LOOP HOOG #PaleToe

Sep 11 • General News • 1870 Views • Comments Off on CURRIEBEKER KOORS LOOP HOOG #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Artikel deur Simon Riekert # Pale Toe!

 

Tussen Vier Lyne: Hier waag ons ʼn mening oor die opkomende Curriebeker wedstryde van die naweek, meestal met die tong in die kies. Vandeesweek se berig is nie deel van die rugbytruie en vlae wat by straatkruisings verkoop word nie.

Ons wedstryd van die naweek is ongetwyfeld die een tussen die twee Gautengse bure wat ook die twee voorlopers op vanjaar se punteleer is en stewig op pad is eindstryd toe.

“Hulle het ʼn gevaarlike span geword wat onvoorspelbaar saamspeel, dit gaan ʼn moeilike wedstryd wees.” So sê Johan Ackermann, afrigter van die Goue Leeus oor die “trans Jukskei derby” van Saterdag-middag.

Sy span is die voorlopers op die punteleer en kan, as hulle die Bulle op Loftus klop, daardie voorsprong vergroot en seker maak van die Curriebeker tuis-eindstryd.

Ackermann het Jaco Kriel ingesluit in die beginspan nadat hy van sy besering herstel het. Stephan de Witt sak aan die blinde kant van die skrum terwyl die skuif van Kwagga Smit na die bank ʼn paar wenkbroue laat lig het.

Agter die boerwors gordyn wag Nollis Marais se jong Bulle op hul bure. Hierdie span het vriend en vyand verras met hul innoverende spel en speel as span vêr bo verwagting.

“Ek wil hê die manne moet hierdie een met kalmte benader, want ons weet dat daar baie vrae van ons gevra sal word. Ek is tevrede met die span se vertoning tans en ons sal bly by ons beplanning. Die res sal van self kom”, het Marais by die spanaankondiging gesê.

Voorlangs is Deon Stegmann terug na sy wangbeen besering en Dean Greyling is ook ingesluit in die beginspan. Jan Serfontein wat uit mis op die Springbokke se Wêreldbeker-toernooi, is ingesluit en sal vir seker ʼn punt of twee hê om te bewys.

Ons waag ʼn 3-punte oorwinning vir die Blou Bulle op hul tuisveld.

Afskop tyd is 19:00

Die spanne lyk só:

Blou Bulle – 15 Warrick Gelant, 14 Travis Ismaiel, 13 Dries Swanepoel, 12 Jan Serfontein, 11 Jamba Ulengo, 10 Tian Schoeman, 9 Francois Hougaard, 8 Arno Botha, 7 Lappies Labuschagne (k), 6 Roelof Smit, 5 Marvin Orie, 4 Jacques du Plessis, 3 Marcel van der Merwe, 2 Bandise Maku, 1 Dean Greyling.
Bank: 16 Jaco Visagie, 17 Werner Kruger, 18 RG Snyman, 19 Deon Stegmann, 20 Ivan van Zyl, 21 Louis Fouché, 22 Burger Odendaal.

Goue Leeus – Andries Coetzee, 14 Ruan Combrinck, 13 Stokkies Hanekom, 12 Howard Mnisi, 11 Courtnall Skosan, 10 Marnitz Boshoff, 9 Ross Cronjé, 8 Fabian Booysen, 7 Stephan de Witt, 6 Jaco Kriel, 5 Franco Mostert, 4 Martin Muller, 3 Ruan Dreyer, 2 Robbie Coetzee, 1 Jacques van Rooyen.
Bank: Malcolm Marx, 17 Julian Redelinghuys, 18 MB Lusaseni, 19 Kwagga Smith, 20 Jaco van der Walt, 21 Rohan Janse van Rensburg, 22 Sampie Mastriet.

 

Die twee kusspanne, die Sharks en die WP speel in die Haaitenk. Beide spanne se ondersteuners sal vergewe word as hulle teen dié tyd van die kompetisie begin onrustig raak oor beloftes wat nie realiseer nie. Afrigter John Dobson se WP span het nog steeds nie kaliber spel gelewer wat van ʼn kampioenspan verwag word nie. Eweneens is Gary Gold se Sharks span glad nie oortuigend nie en het net-net deurgeskraap teen die Pumas verlede naweek.

Gold het Joe Pietersen, nie ʼn gewilde keuse by ondersteuners nie opgeroep om diens te doen op losskakel terwyl Odwa Ndungane op heelagter uitdraf. Nizaam Carr wat nog las het van ʼn besering sal nie fiks wees vir die wedstryd in Durban nie.

Die Sharks het, alhoewel hulle die laaste twee wedstryde teen die Kings en die Pumas gewen het, nie oortuig nie. WP besef dat die tyd min raak vir enige hoop op ʼn eindstryd en behoort hierdie wedstryd met 6 of meer punte weg te wen.

Afskoptyd is 17:05 en die spanne is:

Sharks – 15 Odwa Ndungane, 14 Wandile Mjekevu, 13 Paul Jordaan, 12 André Esterhuizen, 11 Sibusiso Sithole, 10 Joe Pietersen, 9 Cobus Reinach, 8 Philip van der Walt, 7 Jean-Luc du Preez, 6 Francois Kleinhans, 5 Marco Wentzel (k), 4 Etienne Oosthuizen, 3 Gerhard Engelbrecht, 2 Monde Hadebe, 1 Thomas du Toit.
Bank: 16 Franco Marais, 17 Dale Chadwick, 18 David McDuling, 19 Christiaan de Bruin, 20 Michael Claassens, 21 Heimar Williams, 22 Garth April.

Westelike Provinsie – 15 Cheslin Kolbe, 14 Dillyn Leyds, 13 Johnny Kotze, 12 Huw Jones, 11 Seabelo Senatla, 10 Kurt Coleman, 9 Nic Groom (c), 8 Sikhumbuzo Notshe, 7 Rynhardt Elstadt, 6 Chris Cloete, 5 Ruan Botha, 4 Jean Kleyn, 3 Wilco Louw, 2 Scarra Ntubeni,1 Steven Kitshoff. Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Oli Kebble, 18 Chris van Zyl, 19 Jurie van Vuuren, 20 Jano Vermaak, 21 Robert du Preez, 22 Kobus van Wyk.

 

Die OP Kings en die Cheetahs speel Vrydag-aand in Port Elizabeth teen mekaar.

Die Vrystaters het verlede week vir ʼn paar benoude boude op Loftus se berugte oostelike pawiljoen gesorg en sal met nuwe vertroue Baai-toe gaan. Die twee Springbokke, flank Oupa Mohoje en die spoedvraat Cornal Hendriks is ingesluit in Franco Smit se beginspan. Die Kings sukkel met beserings en ʼn mens huiwer om te vra of die gemoedere en spangees al reg is na verlede naweek se onderonsie met hul bestuur oor vergoeding.

Die Cheetahs behoort hierdie wedstryd met 8 of meer punte te wen, reken ons en afskoptyd is Vrydag-aand 19:10.

Die spanne is:

EP Kings – Nog geen spanlys ten tye van die berig nie.

Vrystaat Cheetahs – 15 Clayton Blommetjies, 14 Sergeal Petersen, 13 Francois Venter, 12 Rayno Benjamin, 11 Cornal Hendricks, 10 Fred Zeilinga, 9 Shaun Venter, 8 Niell Jordaan, 7 Oupa Mohoje (k), 6 Gerhard Olivier, 5 Reniel Hugo, 4 Armandt Koster, 3 Luan de Bruin, 2 Jacques du Toit ,1 BG Uys. Bank: 16 Elandré Huggett, 17 Teunis Nieuwoudt, 18 Francois Uys, 19 Henco Venter, 20 Freddy Ngoza, 21 Ruan de Bruin, 22 Sias Ebersohn.

 

Die Pumas en die Griekwas meet kragte in Kimberley om 15:00 Saterdag-middag. Die manne van Nelspruit sal agterkom dat hierdie veld ʼn derduiwel is op warm dag en as die vure nog voorlangs gestook word deur ʼn Griekwa span wat hul ondersteuners baie skuld, kan dinge interessant raak.

Die Pumas is sekerlik die span wat vêr bo hul klas week na week verras en hulle was ongelukkig om nie verlede naweek se wedstryd teen die Sharks deur te haak nie. MJ Mentz se span is oorgehaal om hul derde oorwinning hierdie seisoen te behaal al sou dit wees sonder die yster en Springbok Vincent Koch.

Ons waag dit om te voorspel dat die besoekers hierdie een met ten minste 6 punte sal wen.

Die spanne is:

Griekwas – 15 Riaan Viljoen, 14 Ruhan Nel, 13 Jonathan Francke, 12 Clinton Swart, 11 Jacquin Jansen, 10 Francois Brummer, 9 Tian Meyer (k), 8 Carel Greeff, 7 Kraai Adendorff, 6 Johan Wessels, 5 Hugo Kloppers, 4 Jaco Nepgen, 3 Stephan Kotzé, 2 AJ le Roux,1 Steph Roberts. Bank: 16 Martin Bezuidenhout, 17 Danie Mienie, 18 Kop van der Westhuizen, 19 Jonathan Janse van Rensburg, 20 Wendal Wehr, 21 Dylan Frylink, 22 Gouws Prinsloo.

Pumas – 15 Hoffmann Maritz, 14 Bernado Botha, 13 Jerome Pretorius, 12 Deon Helberg, 11 Rosco Spekman, 10 Justin van Staden, 9 Francois de Klerk (k), 8 Jason-Colin Fraser, 7 Uzair Cassiem, 6 Marnus Schoeman, 5 Lubabalo Mtyanda, 4 Rudi Mathee, 3 De-Jay Terblanché, 2 Francois du Toit, 1 Corné Fourie. Bank: 16 Frank Herne, 17 Khwezi Mona, 18 Marius Coetzer, 19 Jaco Bouwer, 20 Reynier van Rooyen, 21 Hennie Skorbinski, 22 Wilmaure Louw.

Foto: Anton Geyser

Related Posts

« »