DESPERATE, BELAGLIKE KIWI’S #PaleToe

Feb 12 • General News, International, Pale Toe, Sevens Rugby, Sevens World Series, World Rugby • 1844 Views • Comments Off on DESPERATE, BELAGLIKE KIWI’S #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (1 votes, average: 1.00 out of 5)
Loading...

Skotvry, vir die hoeveelste keer, sonder om te blik of te bloos nadat hulle die eindwedstryd teen die Australiërs in Sydney gewen het, sê Simon Riekert van # Pale toe!
Die Nieu Seelanders het in die doodsnikke van die wedstryd teen Australië, agt in plaas van sewe spelers op die veld gehad. Die laaste beweging van die wedstryd het tot ‘n drie gelei, gedruk deur Ardie Savea. Dit het die telling gelykop 17-elk gemaak met die stadion se horlosie reeds in die rooi.
Video beelde wys dat meer as die helfte van die Nieu Seelanders die bal hanteer het wat tot Savea se drie gelei het.
Reiko Ione het nog ‘n drie na die toeter gedruk om die wedstryd met 27-24 in die Nieu Seelanders se guns te verseël.
Craig Joubert wat die wedstryd beheer het, het nie besef dat daar agt spelers vir die Kiwi’s op die veld is nie.
Kort daarna het sosiale media wêreldwyd gegons oor die agt spelers op die veld en is daar geëis dat ‘n ondersoek gedoen is.
Wêreld Rugby (die ou IRB) het kort daarna ‘n dissiplinêre beampte aangestel om die bewerings te ondersoek kragtens artikel 3 van die Sewes se sportkode.
Die Raad het daarna die volgende vrystelling gemaak: “nadat daar volledige ondersoek gedoen is oor die insident, het die ondersoekbeampte bevind dat daar geen basis of rede is om ‘n saak van wangedrag aanhangig te maak nie.”
Dit beteken dat die Kiwi’s los hotnot uit hierdie een uitdraai.
Wêreld Rugby se kommentaar was voorts “dat hulle sal sorg dat hierdie voorval nie herhaal word in die reeks nie en dat daar toegesien sal word dat beamptes beter aandag aan die vervanging van spelers sal gee.”
Wynie Strydom, voormalige span bestuurder van die Bulls en Blou Bulle meen dat só ‘n fout uitsonderlik is en net onder sekere omstandighede gemaak kan word.
“Dit gebeur slegs wanneer daar ‘n besering is en die skeidsregter dan die spel stop totdat die beseerde speler vervang is of wanneer die span bestuurder of afrigter die beampte wat daarvoor verantwoordelik is om die spanlys te kontroleer, inlig dat hy een speler vir ‘n ander gaan vervang.
“Andersins het ‘n ekstra speler opgegaan sonder dat hy gemagtig was om so te doen.”
Die voormalige internasionale skeidsregter, Jonathan Kaplan het gister, na die bekendmaking van die uitslag van die ondersoek behoorlik gal gebraak op sy Facebook blad:
“Wat ‘n klomp snert! Niemand is verantwoordelik nie? ‘n Span teken die wendrie aan met ‘n ekstra speler op die veld en breek die hele etos van sport (‘n regverdige kans) en dis als een groot fout…Ek kan eerlik sê ek dink nie dis moedswillige verneuk is hoegenaamd moontlik nie, maar as die wenner van die toernooi dinge deurmekaar krap, en miskien die wenner van die hele kompetisie, moet jy jouself afvra hoe lank Jan Publiek hiermee tevrede gaan wees.”
Die hele bohaai sou sekerlik vir rooi gesigte in Kiwiland gesorg het, veral nadat Twitter met #NZ8’s begin spot het.
Of dit nou agterlosigheid of iets anders was wat veroorsaak het dat die wedstryd beampte nie toegesien het dat daar ‘n ekstra speler op is nie, is mosterd na die maal.
Feit is dat Nieu Seeland ‘n onregverdige voordeel gehad het wat die dag en die toernooi beïnvloed het. Die afrigter en persoon wat spelers reguleer is net so skuldig hier en dit sak ‘n donker wolk oor die Kiwi’s se deelname aan die Sewes reeks.
Miskien lê daar meer waarheid agter verlede week se aanhaling oor die desperaatheid van Nieu Seeland in.
Mark Reason, ‘n gerespekteerde Nieu Seelandse sportjoernalis het verlede week kaalvuis onder die Nieu Seelanders ingeklim na die gebore Nieu Seelander skeidsregter Matt O’Brien die Blitsbokke openlik verneuk het:
“The whole charade was an embarrassment and it made you wonder two things. Does the sevens circuit covertly endorse home town refereeing in order to boost ticket sales?
“When stuff like this goes on, it is almost impossible to avoid the charge of nepotism.
“It may have been a good weekend for Kiwi sport in terms of results, but it was a bad weekend in terms of integrity. It was disappointing none of New Zealand’s sevens leaders showed sportsmanship.”
Tot hulle sportmanskap toepas, praat ons nie van die Kiwi’s nie; ons noem hulle Skiewies.

Related Posts

« »