DIE AFRIKA-BOODSKAP VAN LOFTUS

Oct 10 • General News, International, National, New Zealand, Pale Toe, Rugby Championship News, SA Anthem, South Africa, Springbok News, Springboks, The Rugby Championship • 4205 Views • Comments Off on DIE AFRIKA-BOODSKAP VAN LOFTUS

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
DIE IMPIE'S KOM: Kieran Reid, kaptein van die All Blacks lyk verdwaas as die kryger op hom afstorm op Loftus Versveld. © ANTON DE VILLIERS

DIE IMPIE’S KOM: KIERAN REID, KAPTEIN VAN DIE ALL BLACKS KYK VERDWAAS HOE DIE KRYGER HOM BEGROET OP LOFTUS VERSVELD © ANTON DE VILLIERS

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Daar is bekende en minder bekende staaltjies oor wat tussen die vier lyne van ʼn rugbyveld gebeur.

So het ek al met my eie “veldore”, toe die mangaftertjies nog in gebruik was gehoor hoe ʼn bekende vaskopstut voor ʼn skrum vir sy opponent sê “kom sak sodat ek jou kan opf@k.”

Frik du Preez het, toe ek hom vra oor daardie bekende tackle op Chris Laidlaw, en voordat ek nog klaar gepraat het, my gevra of ek gesien hoe byt Laidlaw sy hand in die tackle.

“Dis mos net regverdig dat ek hom liggies dônner,” antwoord hy my.

Die einste Frik en Chris Schoeman, skrywer, vertel in hul boek “Boots en brannewyn” ʼn hele paar staaltjies oor die manne.

Een daarvan is oor die nimlike Boy Louw (“looks at the scoreboard”) wie op ʼn kol lynregter was toe die Springbokke op ʼn Britse toer in die 1930’s teen die Midland Counties verloor het.
Oom Boy was blykbaar na die tyd bitterlik vies vir die skeidsregter, soveel so dat hy op die bus terug hotel-toe kort-kort opgespring het en geskreeu het: “Sy moer!” Dis nou met verwysing na die skeidsregter.
“Terug by die hotel het die spelers by ontvangs saamgedrom om hul kamersleutels te kry. Daar het ʼn klomp Engelse rondgestaan wat oënskynlik bly was dat die Bokke slae gekry het.
Dit was net te veel vir Boy en skielik draai hy om na hulle en snou hulle bitsig toe: “En julle moere ook!”

Saterdag-aand na die wedstryd tussen die Bokke en die All Blacks sit ek saam met ʼn groep internasionale joernaliste in die ouditorium op Loftus waar die perskonferensies gehou word.
Kollega Christo Buchner “Boegies” vra ʼn paar aweregse vrae aan ʼn sigbare verligte Kieran Reid.
Ondermeer vra Boegies oor die Impie-manne wat voor die tyd reg op hom en sy spanmaats afgestap het.
“Kan jy ontbloot wat hy aan jou gesê het?” vra Boegies.
“Ahhhm..Ek het gedoen wat julle ouens nou doen, lag. Dit was bisar, om eerlik te wees. Jy kan nie meer doen as lag nie, want hy’s nie deel van die spel nie, ja…hy was sekerlik goed opgesweep en het iets daaruit gekry, maar dit het my nie gepla nie.”

Steve Hansen het bygevoeg: “jy kan nie ʼn man met passie verkwalik nie.”

Ek dink wat die Impie vir Reid gesê het, was baie soos Boy Louw se raad; “julle moere ook.”

Reid lyk vir my maar beteuterd en geïntimideerd.

Hy het Saterdag-aand gerieflikheidshalwe by die perskonferensie vergeet, hy’t nie op die veld gelag nie.

Daar’s ‘n mooi foto wat dit bewys.

-Simon Riekert (Pretoria)

Related Posts

« »