Die Burger Semi-Finaal (OP vs SWD – Groot Skole)

Aug 23 • General News, School • 3800 Views • Comments Off on Die Burger Semi-Finaal (OP vs SWD – Groot Skole)

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Marlow Landbouskool en Hoërskool Outeniqua het Woensdag, 21 Augustus 2013, teen mekaar kragte gemeet op George. Dit was die semi-finaal van die Burger se rugbykompetisie. Marlow het die OP verteenwoordig in die groot skoleafdelinen Outeniqua het vir SWD verteenwoordig.

 

Die weervoorspelling het aangedui dat wind en reëntoestande spel sou moeilik maak. Die loting vooraf deur die twee spanne se kapteine was ook kritiek, aangesien die weersomstandighede net slegter sou raak. Outeniqua wen die loot en besluit om teen die wind te speel. Die tuisspan het dadelik met die begin van die wedstryd met mening aangeval en speel spog hardlooprugby. Marlow was egter vasberade en verdedig met hul goeie spelpatroon met oorgawe. Outeniqua teken die eerste punte aan met ‘n strafdoel deur losskakel, Dewald Human. Marlow het namate die eerste helfte gevorder het, al hoe meer met hul voorspelers die bal effektief begin dra.Marlow se agterlyn kry ook die bal op die voorvoet. Die Wolramme kon net nie goed afrond nie. Marlow  slaag met twee strafdoele deur heelagter, Dirk van Wyk. Ronnie Beyl, vaskopstut van Marlow, het ook reg aan die einde van die eerste helfte oor die doellyn gebeur vanaf ‘n goeie lynstaanbeweging, deur die Wolramme se pak voorspelers. Die grensregter het egter beslis dat die bal skeef ingegooi was. Die ren het ook halftyd begin val, met die wind wat ook al hoe sterker begin waai het. Marlow verras vriend en vyand en loop halftyd 6-3 voor.

 

In die tweede helfte speel beide spanne met tye goeie rugby, maar begaan ook ongedwonge foute. Beide spanne se hantering was belemmer deur die swaar reën en sterk wind.  Outeniqua het die wind al hoe meer begin gebruik deur hul agterlyn wat goeie steek-skoppies uitoefen. Outeniqua gaan druk hul eerste drie van die wedstryd deur ‘n hanteringsfout van die Wolramme in hul eie kwartgebied, met Outeniqua wat die bal toeval. Die drie word maklik verdoel deur Dewald Human. Outeniqua se tweede drie word ook gedruk vanaf ‘n goeie aanvallende steekskoppie. Marlow se agterlyn was egter nie in posisie gewees nie en hulle plaas baie druk op hulself met die tuisspan wat kapitaliseer hierop. Beide Outeniqua se drieë word gedruk deur die buitesenter, Hennie Barnard. Marlow se voorspelers het skitterspel by die afbreekpunte gelewer en ook die wyse waarop hulle die bal gedra het, was puik. Toestande was baie sleg in die laaste 20 minute van die kragmeting, met Marlow se losskakel wat ‘n geelkaart gekry het, deur ‘n onverklaarbare beslissing deur die wedstrydbeampte. Outeniqua slaag ook laat in die tweede helfte met ‘n strafdoel deur Dewald Human. Outeniqua wen 18-6.

 

Die wedstryd word gekenmerk deur Marlow wat baie goed verdedig het. Outeniqua was goed in die vaste skrums en ook hul skopwerk in die tweede helfte was deurslaggewend. Marlow se voorspelers het met effektiewe en aggressiewe spel in die hele wedstryd hul stem behoorlik dik gemaak. Die Wolramme kan trots wees op die wyse waarmee hulle die sterk span van Outeniqua aangevat het. Baie geluk aan die Kwaggas en sterkte vir die finaal!

 

Related Posts

« »