DIE CURRIEBEKER KOMPETISIE KRY SPOED #PaleToe

Sep 18 • General News, Pale Toe • 2082 Views • Comments Off on DIE CURRIEBEKER KOMPETISIE KRY SPOED #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Artikel deur Simon Riekert #PaleToe!

Foto: Anton Geyser / Rugby 15

 

Tussen Vier Lyne: Hier kyk ons vooruit, agteruit en skuins net om seker te maak ons hou die naweek se spel dop. Want ons kan.

 

Westelike Provinsie v Blou Bulle

As daar nog nooit ʼn beter tyd vir die vier voorlopers in die Curriebekertyd van 2015 was om hul kanse om die gesogte trofee vanjaar by hulle te laat kuier nie, is dit van vandeesweek af.

Net drie rondtes bly nog oor voordat die uitspeelrondtes begin en beide die Blou Bulle en die verdedigende kampioene, die WP sal nou wil verseker dat daar ʼn waterskeiding kom op die punteleer. ʼn Wen vir die Bloues sal beteken hul bly in kontak met die Leeus, maar die druk is vierkantig op die WP om te verseker dat hul aanslag op die beker op koers bly.

Die afgelope twee wedstryde (ʼn tuis wen teen Griekwas 33-15 en ʼn weg-wen teen die Sharks 27-37) het die WP se kompasrigting herstel en hulle sal vol selfvertroue uitsien na die “wraakwedstryd” teen die aartsvyand.

Die 47-29 vernedering op Loftus in Augustus sit nog vlak in John Dobson en sy manne se gemoedere. Dobson het net een verandering aangebring aan sy wenspan: Bongi Mbonambi (haker) speel in die plek van Scarra Ntubeni en by die Bulle het Nollis Marais gemeen Louis Fouche se loodvoet gaan help op ʼn winderige Nuweland. Tian Schoeman is op die reserwebank.

Die Blou Bulle het die vorige wedstryd gesukkel met Rasta Rasivhenge se interpretasie met die fluitjie. Dit sal hulle loon om te kon leer uit die vorige ondervinding en sodoende die telbord te laat stol.

Die spanne is:

Westelike Provinsie: 15 Cheslin Kolbe, 14 Dillyn Leyds, 13 Johnny Kotze, 12 Huw Jones, 11 Seabelo Senatla, 10 Robert du Preez, 9 Nic Groom (k), 8 Sikhumbuzo Notshe, 7 Rynhardt Elstadt, 6 Chris Cloete, 5 Ruan Botha, 4 Jean Kleyn, 3 Wilco Louw, 2 Bongi Mbonambi, 1 Steven Kitshoff. Bank: 16 Scarra Ntubeni, 17 Oli Kebble, 18 Chris van Zyl, 19 Nizaam Carr, 20 Jano Vermaak, 21 Demetri Catrakilis, 22 Kobus van Wyk

 

Blou Bulle: 15 Warrick Gelant, 14 Travis Ismaiel, 13 Dries Swanepoel, 12 Burger Odendaal, 11 Jamba Ulengo, 10 Louis Fouché, 9 Francois Hougaard, 8 Lappies Labuschagne (k), 7 Roelof Smit, 6 Deon Stegmann, 5 Marvin Orie, 4 Jacques du Plessis, 3 Marcel van der Merwe, 2 Bandise Maku, 1 Pierre Schoeman.
Bank: 16 Jaco Visagie, 17 Werner Kruger, 18 RG Snyman, 19 Arno Botha, 20 Ivan van Zyl, 21 Tian Schoeman, 22 Jan Serfontein.

 

Afskoptyd is Vrydagaand om 19:00, op Nuweland.

 

 

Vroeër Vrydagaand (17:00) speel die Pumas en die OP Kings teen mekaar in Nelspruit.

Die Pumas het met ʼn vaart weggetrek vroeër die seisoen, maar dit lyk asof hulle stoom begin opraak. Daarenteen is die OP Kings die helde van verlede naweek nadat hulle die Vrystaat met 14 man 32-24 gewen het.

Die Kings is nou net twee log punte agter die Laevelders, maar ʼn tuiswedstryd kan dalk net die nodige vonk verskaf om die gaping tussen sesde en sewende plek te vergroot.

Pumas – 15 Hoffman Maritz, 14 Jerome Pretorius, 13 Wilmaure Louw, 12 Stefan Watermeyer (k), 11 Rosko Speckman, 10 Justin van Staden, 9 Faf de Klerk, 8 Jason-Colin Fraser, 7 Jaco Bouwer, 6 Marnus Schoeman, 5 Marius Coetzer, 4 Giant Mtyanda, 3 Vincent Koch, 2 Frank Herne, 1 Corné Fourie.
Bank: 16 Simon Westraadt, 17 Marné Coetzee, 18 Jannie Stander, 19 Uzair Cassiem, 20 Reynier van Rooyen, 21 Hennie Skorbinski, 22 Marcello Sampson.

OP Kings – Afwagtend

Afskoptyd is om 17:00 in die pragtige Mbombela Stadion, Nelspruit

 

Lions v Sharks

Die voorlopers op die punteleer, die Lions speel teen die sukkelende Sharks en die tuisspan het die geleentheid om die punteverskil aansienlik te rek op die punteleer.

Die Sharks sal wil verseker dat hulle wel vir die halfeindstryd kwalifiseer, maar om ʼn Leeuspan te keer wat op pad is na die trofee, gaan meer verg as wat hulle tans aan skietgoed het.

Verloor hulle wel, beteken dit dat die Cheetahs wat in hul nekke blaas, die top vier gaan haal op die punteleer en dat die Sharks se treurmare in die 2015 seisoen voortduur onder Gary Gold.

 

 

 

Die spanne is soos volg:

 

Goue Leeus – 15 Andries Coetzee, 14 Ruan Combrinck, 13 Stokkies Hanekom, 12 Howard Mnisi, 11 Courtnall Skosan, 10 Marnitz Boshoff, 9 Ross Cronjé, 8 Fabian Booysen, 7 Kwagga Smith, 6 Jaco Kriel (k), 5 Franco Mostert, 4 Lourens Erasmus, 3 Julian Redelinghuys, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques van Rooyen. Bank: 16 Robbie Coetzee, 17 Jacques van Rooyen, 18 MB Lusaseni, 19 Stephan de Witt, 20 Jaco van der Walt, 21 Rohan Janse van Rensburg, 22 Anthony Volmink.

Sharks – 15 Odwa Ndungane, 14 Wandile Mjekevu, 13 Paul Jordaan, 12 André Esterhuizen, 11 Sibusiso Sithole, 10 Joe Pietersen, 9 Cobus Reinach, 8 Philip van der Walt, 7 Jean-Luc du Preez, 6 Francois Kleinhans, 5 Marco Wentzel (k), 4 Etienne Oosthuizen, 3 Gerhard Engelbrecht, 2 Franco Marais, 1 Thomas du Toit.
Bank: 16 Monde Hadebe, 17 Dale Chadwick, 18 David McDuling, 19 Dan du Preez, 20 Michael Claassens, 21 Heimar Williams, 22 Garth April.

Afskoptyd is Saterdag 14:30 op Emirates Airline Park in Johannesburg.

 

 

Cheetahs v Griekwas

 

Met ‘n malle rugbykoors wat landswyd uitbreek, sal die laaste wedstryd van die Saterdag-middag tussen die Cheetahs en die Griekwas seker maak dat die braaivleisvure vroeg aangesteek is.

Die Cheetahs het seergekry teen die OP Kings verlede naweek en sal wil vergoed op hul tuisveld. Die feit dat die Sharks uit die top vier posisies op die punteleer kan val, sal hulle aanspoor om hul bure, wie die Pumas verlede naweek goed gewen het, oortuigend te wen.

Die Griekwas, sou hulle voluit kan speel vir 80 minute , mag dalk vir ʼn verassing of twee sorg na hul goeie wen teen die Pumas verlede naweek.

 

Die spanne lyk so:

Vrystaat Cheetahs – 15 Clayton Blommetjies, 14 Sergeal Petersen, 13 Francois Venter, 12 Rayno Benjamin, 11 Raymond Rhule, 10 Fred Zeilinga, 9 Shaun Venter, 8 Niell Jordaan, 7 Henco Venter, 6 Gerhard Olivier, 5 Francois Uys (k), 4 Armandt Koster, 3 Luan de Bruin, 2 Jacques du Toit, 1 BG Uys. Bank: 16 Theunis Nieuwoudt, 17 Neil Rautenbach, 18 Reniel Hugo, 19 Freddy Ngoza, 20 Zee Mkhabela, 21 Tertius Kruger, 22 Sias Ebersohn.

 

Griekwas – 15 Riaan Viljoen, 14 Ruhan Nel, 13 Jonathan Francke, 12 Clinton Swart, 11 Jacquin Jansen, 10 Francois Brummer, 9 Tian Meyer (k), 8 Carel Greeff, 7 Jonathan Adendorf, 6 RJ Liebenberg, 5 Hugo Kloppers, 4 Jaco Nepgen, 3 Stephan Kotzé, 2 AJ le Roux, 1 Steph Roberts. Bank: 16 Martin Bezuidenhout, 17 Danie Mienie, 18 Jonathan Janse van Rensburg, 19 Wendal Wehr, 20 Dylon Frylink, 21 Gouws Prinsloo, 22 Ntabeni Dukisa.

 

Afskoptyd is 15:00 in die Vrystaatstadion, Bloemfontein.

Related Posts

« »