DIE PUNTELEER SAL PRAAT #PaleToe

Mar 11 • General News, South Africa, Super Rugby • 1542 Views • Comments Off on DIE PUNTELEER SAL PRAAT #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

“Kyk mooi na laasweek se plaaslike uitslae, dit gaan nie sommer weer so lyk nie, “ sê Nick Mallet vroeër. En hy’s doodreg. Enige afrigter sal in sy slaap vir jou sê dat jy punte vat wat op ʼn skinkbord kom, skryf Simon Riekert van PaleToe!

 Superrugby se derde rondte breek hierdie week aan en daar is goeie hoop vir plaaslike ondersteuners.

Alhoewel hierdie Super18-reeks ʼn marathon eerder as ʼn naelloop is, is die eerste tekens van sukses belowend.

Die Stormers en Lions is bo-aan die Afrika 1 en 2 konferensie, terwyl die Sharks en die Bulls beide goeie wenne opgestapel het verlede Saterdag. Die Cheetahs het goed gehou, maar die Stormers se klas het gewys in die tweed helfte. Die Kings het ʼn loslootjie gehad en hulle speel vandeesweek gasheer vir die Chiefs.

Daar is nie groot waagstukke op Superbru hierdie naweek nie, behalwe as jy geld wil verwed in die Stormers-Sharks wedstryd Saterdag-aand. Andersins sal ʼn Randjie of twee te maak wees op die span wat so stil-stil in almal se harte kruip: die Lions wat nog doér onder toer en die Highlanders aanvat.

Maar kom ons kom by vandeesweek se stories uit.

As jy die Superrugby-toernooi wil wen, moet jy goeie, konstante rugby speel en die punte wat jou aangebied word, neem.

“Kyk mooi na laasweek se plaaslike uitslae, dit gaan nie sommer weer so lyk nie, “ sê Nick Mallet vroeër. En hy’s doodreg. Enige afrigter sal in sy slaap vir jou sê dat jy punte vat wat op ʼn skinkbord kom. So vat jy ook elke liewe bonuspunt en as jy hulle het, verdedig jy dat die rook draai om dit te behou. Jy maak ook intelligente besluite op die veld, en ignoreer wat ook al vir jou ingedril is voor die tyd.

Só skop jy nie pale toe in die 63e minuut van die wedstryd teen die Rebels op Loftus nie. Veral nie as jy besef dat jou span al wragtag weer nie 80 minute gaan speel nie en dat die opponente in laaste10 minute reeds drie drieë aangeteken het. Op die aanval, met ʼn strafskop aan jou toegeken en met minder as 20 minute se spel oor, terwyl jy die bonuspunt het, gaan jy kantlyn toe en probeer sewe punte vat. Vra vir Joost.

Die res van hierdie riller is geskiedenis: Adriaan Strauss besluit om pale toe te skop “omdat die telbord ons gefrustreer het”, eerder as om nog ʼn drie te druk net om seker te maak.

“Ons het ses drieë gedruk”, sê ʼn trotse Nollis Marais na die tyd, “maar dis jammer ons het die bonuspunt laat gly.”

ʼn Paar dinge is vir my onverklaarbaar in hierdie lewe, maar nog twee het bygekom: hoekom die Bulls onnosele besluite op die veld neem en hoekom hulle nie 80 minute aaneen kan konsentreer en speel nie.

Ek het amper iets leliks gesê, veral toe die oud –Wallabie, David Campese kort daarna op Twitter twiet :” As jy met 40 punte voor is, hoekom speel jy nie om met 80 te wen nie?”

Hoor my lied, hierdie een gaan die Bulls hul klein kansie op ʼn “wildcard” van 2016 se Superreeks kos.

Gepraat van wilde dinge, en ons moet die Lions in dieselfde asem noem.

“Hulle speel effektiewe en aantreklike rugby, en dan is hulle nog konsekwent ook.

“Dit, en die feit dat hulle afrigters het wat in hulle glo en ʼn span het waaraan daar nie getorring word nie, hulle speel al 5 jaar saam.

“Sedert John Mitchell hulle gebrei het na Curriebeker kampioene, het Ackers en Swys de Bruin oorgevat en hulle die span gemaak wat die silwerware omhoog kan hou vanjaar”, sê Eugene Eloff met ʼn groot glimlag.

Week drie het reeds gewys dat die Auckland Blues onder die leiding van Tana Umaga ʼn faktor gaan wees in die kompetisie. Alhoewel hul vandag 19-23 teen die Hurricanes verloor het, is die Blues kookwater.

Die Brumbies onder leiding van Steven Larkham is net so ʼn rewolusie in wording. Hul derby teen die Western Force kan weer ʼn telling van 50-plus meebring.

Een van die moeilikste uitslae om te voorspel is die een tussen die Stormers en die Sharks.

Al sê Gary Gold dat die Stormers strate beter is as enige ander SA span, het die Sharks vroeg reeds gewys dat die geraamtes van verlede jaar in die kas is en dat hulle op enige gegewe dag ʼn goeie wedstryd kan wen.

Ons kyk uit vir die volgende:

Saterdag-oggend 08:35 op die Forsyth-Barr stadion in Dunedin speel die Lions teen die verdedigende kampioene, die Highlanders. “Dit gaan vinnig en brutaal wees”, sê oud-Leeu Kobus Wiese. Die Highlanders het sedert 2013 nog nie ʼn tuiswedstryd teen ʼn Suid Afrikaanse span verloor nie. Kan die Lions die rekord breek?

Cheslin Kolbe op die Stormers se heelagter posisie en Jean-Luc du Preez met die Sharks se no.7 op sy rug.

Dan ook die vaste fasette, afbreekpunte en verdediging. Daar kan nie meer as sewe punte verskil in hierdie wedstryd wees nie?

Ewenwel, bly bo en geniet!

 

Foto: @howzitjax

Related Posts

« »