“DIE SPRINGBOKKE IS CHOKERS”-CHRIS RATTUE

Oct 9 • Analysis, International, National, New Zealand, Pale Toe, Rugby Championship News, Rugby World Cup, Rugby World Cup News, South Africa, South Africa, Springbok News, Springboks, The Rugby Championship • 2877 Views • Comments Off on “DIE SPRINGBOKKE IS CHOKERS”-CHRIS RATTUE

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
FELLE LYNSTAANSTRYD: Die Springbok Eben Etzebeth rank hoog op Loftus Versveld om die bal in die lynstaan te kry. Foto: Frans Lombard @Actionpixsa

FELLE LYNSTAANSTRYD: Die Springbokke moet hoog rank op Loftus Versveld om die bal in die lynstaan te kry. Foto: Frans Lombard @Actionpixsa

“Chokers!”. So staan die nasionale krieketspan ongelukkig by sommige ondersteuners bekend,  en sommige sal sê met reg so. Daar was die afgelope paar jaar genoeg voorbeelde van die span se onvermoë om die knoop op die groot verhoog deur te haak.

Nou skryf Chris Rattue, ʼn kolomskrywer by die New Zealand Herald dat die Springbokke dieselfde gedoen het, Saterdag.

Rattue is bekend, (dalk berug) vir sy uitgesprokenheid; inteendeel jy kan op Facebook gaan soek na die blad “Chris Rattue is a douche.” Sy uitgesprokenheid oor die All Blacks het ʼn spul plaaslike ondersteuners gedryf daartoe om die blad te begin.

Rattue sê dat die Bokke die wedstryd weggegooi het.

Die Springbokke was met 30-13 voor in die laaste kwart van die Toets voor drie laat drieë deur die All Blacks en met die stadion se klok op 81-minute, was dit neusie verby vir die Bokke.

“Kom ons wees eerlik. Die Springbokke het ʼn reusagtige windsluk gewys, ʼn selfvertroue-steler wat al die voordeel wat hulle in Wellington gehad het, opgevreet het. Hulle het die kluts heeltemal kwytgeraak, meer so as die All Blacks wie uiteindelik die Toets gewen het.”

“Die Springbokke moet grootliks verleë wees met die twee punt-verloor in ʼn nagmerrie-Toets teen die All Blacks in Pretoria. ʼn Koel vyfde oorwinning oor die Springbokke op Loftus Versveld.”

Rattue het die manne wie vir die windsluk verantwoordelik was, geïdentifiseer: “met die Bokke 30-13 voor, het Eben Etzebeth en Francois Louw ʼn amateuragtige fout begaan deur in mekaar se pad te staan by die ontvangs van die bal nadat die All Blacks afgeskop het. Hulle is die groot sondebokke.”

“Toe was dit die vaskopstut Vincent Koch se beurt om ʼn strafskop weg te gee en Cheslin Kolbe se swak besluit op verdediging toe Rieko Ioane ʼn lang aangee gekry het van Beauden Barrett. Die wedstryd was op ʼn mespunt.”

By die perskonferensie het die kaptein van die All Blacks, Kieran Reid gesê die All Blacks was nooit onder druk in die laaste kwart van die wedstryd nie, “daar was genoeg tyd op die klok, ek het net vir die manne gesê om kalm te bly, die spel sal terugkom na ons toe, ons moet hulle net onder druk hou. Dit werk elke keer en dit het hier ook gewerk, die span weet hoe om druk te verwerk.”

“Dit voel fantasties om so terug te kom en die wedstryd te wen, ons het die bal behou en in hulle gebied begin speel.”

Die hoofafrigter van die All Blacks, Steve Hansen het gereken dat die Springbokke “ongelooflik goed” gespeel het.

“Dit voorspel goeie dinge vir die twee spanne met die opbou na die Wêreldbeker in 2019.”

“Hulle was ongelukkig om nie hierdie Toets te wen nie, dit was twee baie goeie Toetse teen twee uitstekende spanne en dit is goed vir die spel rugby, al is jy as ondersteuner teleurgestel in die Springbokke se verloor, was dit myns insiens goeie rugby.”

-Simon Riekert (Pretoria)

Related Posts

« »