Eduan van der Walt, terug in die hospitaal

Jun 9 • General News • 3268 Views • Comments Off on Eduan van der Walt, terug in die hospitaal

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Dit was op 14 Februarie vanjaar toe Eduan van der Walt, een van die sterslotte in die Steval Pumasspan, sy terugkeer tot Pumarugby gemaak het, na 14 maande van rehabilitasie na die diagnose met Guillain-Barré sindroom (GBS).

Van der Walt was vir meer as twee weke verlam na die virus sy senuweesisteem aangetas het. Maar met ‘n positiewe gesindheid het hy nie net weer teruggekeer om rugby te speelnie, maar was ook verkies as die span se Vodacombekerkaptein. In die semifinaal teen die Xerox Golden Lions het hy selfs sy honderdste wedstryd vir die Mpumalanga Rugby Unie gespeel en was instrumenteel in die span se Vodacombekersege oor die DHL Westelike Provinsiein die finaal.

Maar ‘n week na die historiese sege het teëspoed die rugbyheld van die Laeveld weer getref. Vrydag, 5 Junie het Van der Walt tekens van spierswakheid in sy gesig begin toon. Na hy met die spandokter, Dr Kobus Hugo in aanraking gekom het, is hy weer dringend verwys na die Unitas Hopitaal. Met sy aankoms is hy dadelik in die Intensiewewaak-eenheid opgeneem en onder die bekwame sorg van Dr Naidoo, die neuroloog wat hom 22 maande terug behandel het.

“Na vele toetse het Naidoo Maandagoggend bevestig dat Van der Walt weer ‘n GBS terugval gehad het. Sy toestand het egter versleg oor die naweek, maar teen Sondagmiddag het dit gestabiliseer en reageer hy goed op die medikasie,” vertel Dr. Hugo.

Na ‘n kort besoek aan die rugbyspeler oor die naweek, het die President van Mpumalanga Rugby Unie, Hein Mentz genoem dat hy tevrede is met Van der Walt se vordering en dat hy beslis weer in goeie hande is.

“Op hierdie stadium gaan dit goed met Eduan. Sy liggaam reageer goed op die medikasie en ons is vol moed vir nog ‘n volkome herstel. Hy het darem nou beperkte beweging in sy hande en voete en sy asemhaling is sterk. Die kanse dat hy aan ‘n vetilator gekoppel gaan word, is skraal. Volgens Dr Naidoo sal hy egter oor die volgende paar dae in die waakeenheid gehou word waar hy 24/7 gemonitor kan word,’ sluit Hugo af.

Pieter Burger, CEO van Mpumalanga Rugby het die volgende kommentaar gelewer: ”Vir die Pumasspan, Unie-en maatskappybestuur is dit ‘n groot skok gewees om te hoor hy is weer

 

in die hospitaal, maar Eduan weet dat ons as spanmaats en kollegas voorheen by hom gestaan het, en dat ons dit weer sal doen. Hy is ‘n ongelooflike leier en sy sterk persoonlikheidsal beslis ‘n bydra lewer in sy volledige herstel. Ons wens hom en sy familie alle sterkte toe, en ons glo ons sal hom weer binnekort op die rugbyveld sien.”

Related Posts

« »