GEE DIE AFRIGTERS KANS, ASSEBLIEF! #PaleToe

Apr 1 • General News, Pale Toe, Super Rugby • 1792 Views • Comments Off on GEE DIE AFRIGTERS KANS, ASSEBLIEF! #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Cheetahsnollis marais pic

 

 

 

 

 

 

 

Twee jong afrigters met hope talent, Nollis Marais en Franco Smith se spanne pak mekaar op Loftus Versveld Saterdag. Dit gaan alles behalwe ‘n April-grap wees, sê Simon Riekert van #paletoe.

Die beste April-gek grappie is die een wat nog nie vertel is nie.

Of dis die een wat SARU nog aan werk, want laat gister middag se persverklaring uit Kaapstad, lui soos volg: “Media are advised that a news release will be issued on Friday following the conclusion of the Annual General Meeting of SA Rugby, relating to the appointment of the Springbok coach. If the preferred candidate is ratified by the Council the successful candidate (and his management team) will only be named at a media conference on 12 April, following the finalization of his contract.”

Dit beteken dus dat ons vandag wel iets sal hoor uit die skone Kaap, maar net nie die naam van die afrigter nie. Pfffft…, of eerder hê-hê-hê!

Dalk lê die grap en die ironie van die hele SARU-speurverhaal, in ‘n kollega se opmerking: dit gebeur as jy amateurs het wat ‘n professionele sport bestuur.

Terwyl die politiek homself uitspeel op nasionale vlak, gee dit ons die geleentheid om na gerespekteerde menings te kyk, juis oor afrigters.

Soos Nollis Marais vandeesweek opmerk oor die komende Bok afrigter, “ons laat dit maar vir hulle (SARU) oor want ons leef en werk in ‘n ander wêreld.”

Dr. Brendan Venter, bobaas afrigter en een van my gunsteling persoonlikhede, praat vandeesweek juis oor twee afrigters wie se Super Rugby nooiens vaart vanjaar begin het- Nollis Marais van die Bulls en Franco Smith van die Cheetahs.

Die Bulls het veral die laaste paar weke ontluik as ‘n span met bal-in-hand aanvallers en was dit nie vir beter afronding nie, was hul drieë-totaal nou aansienlik meer.

Ditto die Cheetahs, wat eerder bal besit behou en minder skop en volgens Venter, daardeur nie genoeg gebiedsvoordeel kry nie.

“Ek moet beklemtoon, die konsep van besit is nie of jy skop of nie en ook nie of jy die bal dra nie, dis heeltemal te simplisties gesien.

“Albei spanne maak foute met bal besit en dra die bal nie suksesvol genoeg nie. Dit neem tyd om ‘n goed geoliede aanval strategie te beplan en uit te voer, dit verg werk agter die skerms om dit te vervolmaak”, sê Venter op sy blog.

Volgens Venter is die vraag eerder of die Bulls en die Cheetahs se ondersteuners genoegsame geduld het om Marais en Smith se spanne toe te laat om vir ‘n ruk gemiddelde rugby te speel en daarna meer suksesvol te word.

“As jy as toeskouer onmiddellike resultate wil hê, moet jy tevrede wees met meer skoppe en goed op die verdediging te wees. Maar as jy die groter prentjie raaksien, laat die afrigters toe om met hul aanval strategie te speel wat sukses sal waarborg in die toekoms.”

Venter gebruik die Lions as voorbeeld; “ hulle is nou die lig in die tonnel van aanvallende rugby in Suid Afrika. Al wys die statistieke dat hulle naasbestes is met ondersteunende spel wat uitloop op drieë (16), derde is met verdedigers klop (115) en vierde lê met drieë aangeteken (15), moet ons onthou dat hulle gerelegeer was uit Super Rugby en, as gevolg daarvan, daarin kon slaag om ‘n aanval strategie te ontwikkel sonder die druk om te wen.”

Beide Marais en Smith sal graag verduidelik dat hul bal dra vermoë nog veel te wense oorlaat en dat aanslane of verlore bal besit die groot doring in hul spanne se vlees is.

Knoop hierdie een aan jou oor en kyk Saterdag-aand krities na die twee spanne se bal verspreiding, veral na die vaste fasette in die skrums en lynstane.

Besluit dan of jy ‘n beter Bok afrigter vir die toekoms is met spelers wat vir seker binnekort weer hul span een van die gevaarlikstes gaan maak nie net op aanval nie, maar op die veld.

Potensiële kampioene!

Related Posts

« »