GELD WAT STOM IS MAAK REG WAT KROM IS

Nov 29 • General News, National, Pale Toe, South Africa, South Africa, Super Rugby • 2051 Views • Comments Off on GELD WAT STOM IS MAAK REG WAT KROM IS

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Willem Strauss, President van die BBRU. ©Willem Strauss

Willem Strauss, President van die BBRU. ©Willem Strauss

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Simon Riekert- Loftus Versveld

As daar een feit is wat soos ʼn paal bo water staan, is dit dat Suid Afrikaanse rugby deur moeilike finansiële tye gaan.

ʼn Berig wat die afgelope week of wat stilweg en byna ongesiens deurgesluip het, is die feit dat die Blou Bulle Maatskappy hul finansiële skip kon omdraai en ʼn verlies van R30-miljoen in 2017 kon omskep in ʼn wins van R 2-miljoen vanjaar.

Die vroeë skikking, wat met die vertrek van John Mitchell na Engeland as verdedigingsafrigter in die korps van Eddie Jones opgeneem is , is prominent genoem.
Met Mitchell se vertrek het die BBM, die Blou Bulle Maatskappy, ʼn skikking van om en by R3.5-miljoen ontvang.
Mitchell het so onlangs nog soos in Julie vanjaar ʼn koel R90-miljoen van die raad van direkteure van die BBM gevra om die Bulls weer SupeRugby-kampioene te maak. Die geld sou hy aanwend om nuwe spelers te koop.

Maar dit trek ʼn skewe prentjie van die Suid-Afrikaanse rugbyreus se gesondheid; met verlede week se algemene jaarvergadering van die BBRU, die Blou Bulle Rugby-unie, is daar rapporteer dat die reuse verlies van verlede jaar wat bly ophoop het, omgekeer is. Die Bulle se boeke lyk beter.

Willem Strauss, President van die BBRU se jaarverslag het reeds vroeër die goeie nuus voorsien.

Wat egter nie die hoofstroom nuus gehaal het nie, was die feit dat die BBM beter finansiële bestuur toegepas het, die Toets se inkomste teen die All Blacks op ʼn stampvol Loftus Versveld en personeeluitgawes wat grootskaals onder die mes was.
Die BBM weet egter dat die enigste volhoubare bron van inkomste, toeskouergetalle, nou prioriteit moet geniet.

Met die SuperRugby-en Curriebekerspanne wat ver onder hul vermoë presteer het, spelers wie die land verlaat om in Europa en Japan te gaan speel en die hervestiging van die unieke Blou Bul kultuur, is die werk van die nuwe bestuur en administrateurs duidelik uiteengesit vir die volgende paar jaar.

Daarenteen is die boeke, letterlik en figuurlik gesproke, van die ander reuse Suid-Afrikaanse rugby-unie, die Westelike Provinsie, pot-dig-toe.

Sosiale media is aan’t gons oor die feit dat die Bulle se boeke beter lyk, maar dat die oorverdowende stilte vanuit die Kaap, niks goeds vir die Streeptruie se bestuur voorspel nie.
Daar is al lank reeds openbare eise dat die grootbase van WP Rugby moet pa staan vir die benarde stand van finansiële sake in dié unie.

Die WP en die Stormers is in ’n geldelike verknorsing by Johann Rupert se Remgro-groep wat sowat R44 miljoen van WP Rugby se professionele arm eis.
Benewens die finansiële reus van Stellenbosch, soek die maatskappy Aerios, wat ’n advertensie-ooreenkoms met die WP aangegaan het, vergoeding van R250 miljoen vir ’n ooreenkoms wat na bewering nie eerbiedig is nie.

Die besigheidsarm van die unie, WP Rugby (Edms.) Bpk. is in 2016 onder voorlopige likwidasie geplaas.

Die redes wat destyds aangevoer is vir die swak finansiële posisie by die unie is “swak ekonomiese toestande, groter en stygende salarisse vir spelers, ’n verwarrende SupeRugby-formaat, ’n verwaterde Curriebeker-reeks en swak kaartjievekope,” volgens die President van die unie, Thelo Wakefield.

Verlede week het die leierskap van die WP-unie hulself amptelik van ’n voorstel dat alle personeel, bestuur en spelers wie meer as R20 000 per maand verdien, ’n 25% salarisvermindering moet neem, gedistansieer.

“Daar is ’n omdraai-strategie in ons finansiële bestuur en hierdie voorstel van die Visepresident, Zelt Marais, vorm nie deel daarvan nie,” het Wakefield gesê.

Pogings om nog nuus oor die finansiële stand van sake by die WP se woordvoerders te kry, was vrugteloos.

Related Posts

« »