Griekwaland-Wes Rugby Unie verklaaring

Jun 4 • General News • 4200 Views • Comments Off on Griekwaland-Wes Rugby Unie verklaaring

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Mnr. Jannie Louw, President – Griekwaland-Wes Rugby Unie:

 

Dit verg unieke persone om in unieke omstandighede te presteer.

Die produsente en personeel van ORC produseer druiwe en verwerk dit tot wêreldklas wyne in uiters unieke omstandighede.

So ook moes Griekwas al verskeie kere in die verlede en weereens die seisoen unieke uitdagings trotseer om te kan presteer op die vlak wat ons wil.

Juis om die genoemde redes, is ek baie opgewonde oor die borgskap van ORC aan Griekwas. Beide partye skrik nie vir uitdagings nie en streef na prestasie.

ORC sal gedurende die uitspeelrondtes van die Curriebeker Premier kompetisie as hoofborg van die span optree en daarna vir die res van die jaar as ‘n sub-borg.

GWRU is aan ORC baie dank verskuldig vir hulle vertroue in ons as bestuur en spelers en vertrou dat hulle die nodige blootstelling sal kry vir hulle reeks puik wyne.

Dit is altyd spesiaal om ’n borg uit die Noord-Kaap vir die span van die Noord-Kaap te kry.

 

Graag wil ek ook my opregte dank en waardering aan GWK uitspreek vir die pad wat hulle met Griekwas gestap het.

Hulle was nie net ons hoofborg nie, maar ook puik vennote en ons sal altyd vriende bly.

 

Mnr. Herman Cruwagen, Hoofbestuurder – Orange River Cellars:

 

As die grootste wynkelder en een van die vernaamste sake-eenhede in die Noord-Kaap, is Orange River Cellars geweldig opgewonde om betrokke te wees by Griekwas-rugby.

Net soos die geval met wyn, is rugby verbonde aan die unieke elemente van ‘n spesifieke streek en hier is die Griekwas bekend vir hul opwindende en avontuurlike spel en die geesdrif waarmee hulle dit aanpak.

Ons wens die span alle voorspoed toe vir die Curriebeker-seisoen en die spelers kan verseker wees dat Upington en die hele Oranjerivier-wynstreek bankvas agter hulle staan.

Hopelik kan ons saam ‘n glasie klink aan die einde van die seisoen!

 

Related Posts

« »