Hoër Landbouskool Marlow Klop HTS Daniel Pienaar

Aug 6 • School, School Rugby Results • 7697 Views • Comments Off on Hoër Landbouskool Marlow Klop HTS Daniel Pienaar

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (2 votes, average: 3.50 out of 5)
Loading...

MARLOW KLOP DP OORTUIGEND

Hoër Landbouskool Marlow het Saterdag, 3 Augustus, met elf spanne rugby gespeel teen HTS Daniel Pienaar. Die wedstryde het in Uitenhage plaasgevind met beide skole se spanne wat goeie hardloop rugby gespeel het.

In die hoofwedstryd klop Marlow vir DP 32-9. Marlow het reg vanaf die staanspoor met hul voorspelers die tuisspan aangevat met fisieke spel. Die Wolramme se pak voorspelers het met elke geleentheid die bal met kragrugby gedra en ook op die verdediging was daar geen genade getoon nie.

Die tuisspan het met tye probeer aanval, maar Marlow se hele span het met hul goeie verdedigingspatroon vir DP onder baie druk geplaas. Marlow slaag met die eerste punte in die wedstryd deur Dirk van Wyk, heelagter, wat twee strafdoele deur die pale jaag. DP het reg aan die einde van die eerste helfte ook geslaag met twee strafdoele en die halftydtelling kom te staan op 6-6.

DP val aan die begin van die tweede helfte effektief aan en slaag met nog ‘n strafdoel. Hierna speel Marlow spog rugby. Die voor-en agterspelers het baie goed saam gespeel en dit is veral die interaksie spel wat uitstaande was.

Marlow was geduldig op die aanval en het geleenthede geskep deur goeie, konstruktiewe rugby. Marlow druk 4 drieë waarvan drie verdoel is deur Dirk van Wyk. Marlow moes egter werk vir al die punte wat hulle aangeteken het. Vir Marlow teken Heini Brϋmm (10), Jordaan Schoeman (9) en Peet Schoeman (12) twee drieë aan.

 

Hennie Olivier (Marlow)

Related Posts

« »