Hoërskool Cradock se eerste rugbyspan met nog ‘n sege tydens die Despatch Sportfees

Mar 24 • General News, School • 4229 Views • Comments Off on Hoërskool Cradock se eerste rugbyspan met nog ‘n sege tydens die Despatch Sportfees

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Saterdag 22 Maart het CHS aan Hoërskool Despatch se Sportfees deelgeneem en in baie warm en winderige omstandighede teen Andrew Rabie gespeel. Hierdie wedstryd is in die aand gespeel onder ligte, wat verligting van die hitte mee gebring het.

CHS het die eerste helfte teen die wind gespeel en die druk van Andrew Rabie verwerk. Mandilakhe Goba slag met ‘n strafskop met die rustyd telling 3-0 in CHS se guns.

Die tweede helfte het beide spanne goeie aanvallende rugby gespeel wat dit ‘n opwindende en aanskoulike wedstryd gemaak het. Zack Mulder het ‘n drie gedruk wat die telling op 8-0 in CHS se guns geswaai het. Kort daarna het Andrew Rabie gaan druk en die drie verdoel met die telling 8-7.

Met CHS op die aanval het die eind fluitjie geblaas en ‘n opwindende wedstyd het tot ‘n einde gekom met  Hoërskool Cradock as oorwinnaars 8-7.

Related Posts

« »