HOEVEELD TYD HET TOETIE NODIG?

Jun 26 • General News, International, National • 1071 Views • Comments Off on HOEVEELD TYD HET TOETIE NODIG?

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert-Johannesburg

Daar word alom gesê dat ʼn dag in sport, veral top sport, ʼn leeftyd kan verteenwoordig.

Min is so waar soos wat tans aan die gang is met die Allister Coetzee en sy Springbokke.

Allister is op 12 April 2016 aangestel as die Springbokke se nuwe hoofafrigter, nadat die vorige afrigter, Heyneke Meyer voor die verstryking van sy kontrak, bedank het.
Coetzee kon sekerlik nie vir ʼn groter nagmerrie gevra het nie, as wat gebeur het in 2016.
Sy span het in 2016 twaalf wedstryde gespeel, waarvan hulle 8 verloor het. Coetzee het vir al die verkeerde redes die rekordboek herskryf, toe die All Blacks die Springbokke 57-15 in Durban afgeslag het (ʼn rekord vir Nieu Seeland op Suid Afrikaanse bodem) en toe wenloos gaan toer het teen Engeland, Italië en Wallis.

Die rugbypubliek het sy kop geëis, maar SARU het vasgebyt.
“Ons het weer gaan kyk en dink en ons het addisionele hulp vir die hoofafrigter gekry,” was Mark Alexander se pleittaal, so ʼn paar maande gelede.
Intussen is Franco Smith, Brendan Venter en Johann van Graan deeglik ingespan om nuwe skop in die Bok te kry.
Coetzee se 2017 resultate lyk aansienlik anders as aan die begin van 2016.
“Dis omdat ons tyd gehad het om die manne behoorlik voor te berei,” sê Ian Schwartz, deurwinterde Springbok spanbestuurder gister aan my.
Coetzee wil 2016 se deur toehou en al probeer ons hoe hard om hom te laat praat oor wat verkeerd gegaan het, hou hy voet by stuk.
“Moenie waag om daar te gaan nie,” het hy twee weke gelede aan ʼn kollega gesê wat hom oor die 2016 sukkelseisoen gepols het.
“Die tyd is verby en ons het aanbeweeg.”

Sy span lyk gelukkig en gemotiveerd na hul goeie begin teen die Franse, veral nadat hulle die reeks reeds verlede Saterdag in Durban beklink het.
Skielik speel die spelers met nuwe toewyding, die voorvoetbal word goed gedra, die afbreekpunte lyk beter, verdediging is goed en ons skrumwerk lyk wêrelde beter.
Die aanstelling van ʼn gewilde kaptein, Warren Whiteley en 9 van sy mede-Leeus spelers in Saterdag se laaste wedstryd teen die Franse help ook om die gemoedere van die rugbyvolk en die spelers te lig.
“Dis ʼn riem onder die hart dat die ondersteuners die span ondersteun as hulle goed speel, en dis goed vir die spelers se gemoedere ook,” sê Coetzee gister by die span aankondigingsgeleentheid in Johannesburg.
Saterdag kry die jong groep Springbokke die geleentheid om vir hulself en die land weereens geskiedenis te maak op Ellispark, wat deesdae herdoop is na Emirates Airline Park.
Die rugbyvolk is terug (52 000 kaartjies is reeds uitverkoop) en die standaard vir herstel is daargestel.

Vir Coetzee en sy span wag daar die geleentheid om van 2017 ʼn wenjaar te maak, want oor bietjie meer as twee maande (16 September 2017), wag die Springbokke se grootste herlewingstoets-‘n Toets teen die All Blacks in Nieu Seeland.

Gaan Coetzee en sy span hierdie geleentheid aangryp en hierdie jong Springbokspan met doelwitte en drome weer die gevreesde rugbykrag in die wêreld maak?

ʼn Dag in sport, Saterdag, gaan ʼn wêreld se verskil begin maak vir die res van 2017.

• Intussen het SARU die bepalings vir die 2017-Castle Lager Rugbykampioenskap bekendgemaak:

Springbok Castle Lager Rugby Championship fixtures:

19 August – Springboks v Argentina, Nelson Mandela Bay Stadium, Port Elizabeth

26 August – Argentina v Springboks, Salta

9 September – Australia v Springboks, NIB Stadium, Perth

16 September – New Zealand v Springboks, QBE Stadium, Albany

30 September – Springboks v Australia, Toyota Stadium, Bloemfontein

7 October – Springboks v New Zealand, DHL Newlands, Cape Town

Related Posts

« »