JOHN MITCHELL: ONS SPEEL MET ‘N GELAPTE SPAN

Jul 3 • General News, National, Pale Toe, South Africa, Super Rugby, Super Rugby Fixtures, Super Rugby Logs, Super Rugby News, Super Rugby Results • 2614 Views • Comments Off on JOHN MITCHELL: ONS SPEEL MET ‘N GELAPTE SPAN

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

-Simon Riekert (Loftus Versveld)

JOHN MITCHELL, HOOFAFRIGTER VAN DIE BULLS ©jayjbotes.com

JOHN MITCHELL, HOOFAFRIGTER VAN DIE BULLS ©jayjbotes.com

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Bulls se hoofafrigter John Mitchell was na afloop van die laaste drie wedstryde wat sy span gespeel het, om dit pleinweg te stel, nie gelukkig nie. Die Jaguares (weg), Brumbies (tuis) en Sunwolves (weg) se uitslae het daartoe bygedra dat die Bulls kamp opslaan op die tweede laaste posisie op die Suid-Afrikaanse punteleer, met twee wedstryde wat nog gespeel moet word.

Dinsdag-middag, na die span se oefening was Mitchell maar stroef: ” ons was die laaste drie wedstryde bloot gemiddeld op die verdediging, en dit is nie goed genoeg nie.”
Mitchell wil hê dat sy span die seisoen sterk moet afsluit, “soos wat ons begin het, met energie en intensie om goed te speel en te wen.”

Vir hom gaan dit nie oor die moontlikheid om die Jaguares (tans tweede op die punteleer) enige bonuspunte te ontsê en sodoende die ander plaaslike spanne ʼn guns te doen nie, maar eerder om dit waarmee hul begin het, beter klaar te maak.
“Ons laat die opposisie maklike drieë druk, en alhoewel almal weet ons moet op die oomblik diep delf om die beseringspook te verdryf, het ons het ʼn verantwoordelikheid om met trots jou doellyn te verdedig.”
“Aanval kom en gaan en dit is mooi om na te kyk, maar as jy toernooie wil wen, moet jy effektief verdedig. Dit is die mees teleurstellende aspek van ons huidige spel; dat dit waarmee ons mee begin het, nie nou in ons spel reflekteer nie.”

Die Bulls se SuperRugby-span sal beter speel teen die Jaguares, selfs al is dit net omdat die spelers weer vir ʼn tweede ronde na die Toetse saam speel, maar vir Mitchell gaan dit om die bestuur van beseerde spelers en die beskikbaarheid van spelers wat op die vlak kan instaan; “dit is ʼn spoeg-en-plak manier van die span se samestelling en daar is manne wat speel wie ek dink nog nie gerehabiliteer is nie, maar ons het geen keuse nie, as ons hulle nie speel nie, het ons nie ʼn span nie.”

Mitchell meen dat die Jaguares beter vertoon as ʼn internasionale span (die Los Pumas), veral gemeet aan hul vertoning in die Toetse: “ hulle is ʼn beter SuperRugby-span en word gemotiveer deur die feit dat hulle of in die eerste of die tweede plek op die konferensie se punteleer kan eindig. Hulle speel ook meer effektief as Jaguares saam, eerder as Pumas.”
Mitchell verwag dat die ou resep sal volg; vinnige balverspreiding en torpedo-skoppe, gedikteer deur Sanchez, hul losskakel. “Dan dryfmaal hulle baie goed en slaan bresse met hul skrumskakel en vleuel aan die blinde kant.”

Mitchell het, na hul terugkeer van ʼn verloor teen die einste Jaguares op 19 Mei 2018 gesê dat hul herontmoeting op Loftus “brutaal” sal wees.

Die Bulls het die wedstryd met 54-24 verloor (7 drieë vir die Jaguares, 3 vir die Bulls).

Saterdag-middag, kort na 15:00 wag die Jaguares weer op die Bulls.

Dit sal ʼn wedstryd met al die bestanddele in wees soos wat dit deur die afrigters voorspel word.
Die vraag is, kan die Bulls gaan regmaak wat verbrou was die afgelope drie SuperRugby-wedstryde, veral waar dit so speels-maklik lyk om teen hulle te gaan drieë druk?
Daar is geen rede hoekom hulle dit nie kan doen nie.

Die Bulls se span word Donderdag aangekondig.

Related Posts

« »