KAVALIERS SKOP CURRIEBEKER AF TEEN GRIFFONS

Jun 10 • General News • 1629 Views • Comments Off on KAVALIERS SKOP CURRIEBEKER AF TEEN GRIFFONS

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

DIE Boland Kavaliers skop eerskomende Saterdag 13 Junie 2015 hul Absa Curriebeker Eersteliga veldtog af op Malmesbury, wanneer hulle teen die huidige kampioene, die Griffons te staan kom.

 

Alhoewel die Griffons weens hul kampioenstatus as een van die kompetisie-gunstelinge beskou kan word, sal die Kavaliers daarop uit wees om ‘n punt te bewys, veral met veterane soos Danwell Demas (vleuel) en Hanno Kitshoff (slot) terug in die beginspan.

 

Beide spelers was nie vir die Kavaliers verkiesbaar tydens die Vodacombeker-reeks vroeër vanjaar nie. Demas het vir Durbanville-Bellville uitgedraf het tydens die Gemeenskapsbeker-kompetisie terwyl Kitshoff klubrugby in Europa gespeel het.

 

Saterdag se wedstryd skop af om 15:00 te Malmesbury Rugbyklub. Toegang beloop R30 vir volwassenes, R10 vir skoliere en R10 vir voertuie.

 

Die program lyk soos volg:

15:00 Boland Kavaliers vs Griffons

13:00 Malmesbury RFC A vs Dennegeur A

11:30 Malmesbury RFC B vs Dennegeur B

10:30 Let’s Play program

 

BOLAND KAVALIERS (vs Griffons) BEGINSPAN:

 

15. Eric Zana

14. Senan van der Merwe

13. Wilneth Engelbrecht

12. Edwin Sass

11. Danwell Demas

10. Christian Rust

9. Jovelian de Koker

8. Wayne Wilschut

7. Chaney Willemse

6. Freginald Africa

5. Gavin Annandale ©

4. Hanno Kitshoff

3. Martin Dreyer

2. Clemen Lewis

1. SP Wessels

 

16. Chadley Wenn

17. Deacon Chowes

18. Yves Bashiya

19. Nikolai Lubbe

20. Adriaan Carelse

21. Jozua Malherbe

22. Ryno Conradie

 

Related Posts

« »