KLUBRUGBY: DIE BULLS BRING PROFESSIONELE RUGBY NA DIE GEMEENSKAPPE TOE

Apr 13 • General News • 1285 Views • Comments Off on KLUBRUGBY: DIE BULLS BRING PROFESSIONELE RUGBY NA DIE GEMEENSKAPPE TOE

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Willem Strauss, president van die BBRU. ©Willem Strauss

Willem Strauss, president van die BBRU. ©Willem Strauss

Willem Strauss, nuutverkose president van die Blou Bulle het Donderdag aangekondig dat daar ʼn plan geïmplementeer gaan word om die Bulls se professionele spelers en die klubrugbygemeenskap van Pretoria, nader aan mekaar te bring. Sy plan begin alreeds op 19 April in die westelike deel van Pretoria.

Strauss is aan die einde van Maart verkies as interim president van die BBRU tot in November wanneer daar ʼn geskeduleerde verkiesing van die unie se nuwe president sal wees.
Strauss, ʼn bekende in die rugbypromosie wêreld het Donderdag tydens die aankondiging van die Vodacom Bulls se span vir die wedstryd teen die Cell C-Sharks die bekendmaking gemaak.
Strauss het aangekondig dat die spelers van die Blou Bulle se Curriebekerspan eersdaags by drie rugbyklubs in Pretoria sal opdaag vir oefeninge onder leiding van die hoofafrigter, John Mitchell. Daar sal ook ʼn groep hoëprofiel spelers van die Bulls-sapn wees wat aan die oefeninge deelneem.
Die SuperSport-rugby challenge begin eersdaags en die unie se Curriebekerspan sal in die kompetisie in aksie wees.
Strauss sê dat die plaaslike gemeenskap van Pretoria nader aan die spelers moet beweeg en “dat mense weer toegang moet hê tot hulle helde.”
Daar sal na afloop van die oefeninge geleentheid wees vir die algemene publiek om die spelers te ontmoet, foto’s te neem en handtekeninge te versamel.
Vir Strauss was dit ʼn kwessie van die publiek se onvermoë om altyd by Loftus Versveld uit te kom vir wedstryde; “mense het nie meer geld om wedstryde te kom kyk of om TV-dekking te koop nie en ons wil hierdeur ons verantwoordelikheid aan die gemeenskap nakom deur hul helde na hulle toe te bring.”
“As iemand wil sien hoe John Mitchell die spanne afrig, kan hulle gratis hierdie geleenthede bywoon.”
Die datums vir die oefeninge sal later bevestig word, maar volgens Strauss sal daar in die weste, noorde en suide van die Tshwane-gebied, geleentheid wees vir mense om hierdie oefeninge by te woon.

Simon Riekert #paletoe @Nader_pale_toe

Related Posts

« »