Kobus Wiese praat Springbok en Wêreldbeker Rugby

Jun 25 • General News, International, Springboks • 3431 Views • Comments Off on Kobus Wiese praat Springbok en Wêreldbeker Rugby

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
2015 Springbok span?
Ons het al die talent in die wêreld en ongelooflike jong talent wat deurkom. Die belangrike faktor is dat Heyneke Meyer die spelers moet kies wat in vorm is op hierdie stadium en spelers met groot wedstryd temprament. Dis geweldige druk en jy speel in ‘n Wêreldbeker om gekroon te word as die beste in die wereld, maar jy moet dit verdien en die druk kan hanteer. Ek weet ons het die spelers die regte kombinasies moet gekies word.

Jou gevoel oor die Haka in 1995 en daai oomblik toe jy vorentoe gestap het kan jy ons deur daai oomblik neem?

Ek is mal oor die Haka en ek dink dis ‘n ongelooflike deel van wêreld rugby tradisioneel ek het respek daarvoor. Ons het ‘n gesprek gehad voor die tyd by die hotel en die ouens het gesê: “Wat gaan ons doen? Gaan ons die Haka “face”?”. My antwoord was ons moet, ons moet die uitdaging aanvaar. Die Haka is die All Blacks lê vir jou ‘n uitdaging neer om oorlog te maak en ons het hulle so naby as moontlik “geface”. Wat lekker is, is jy tap ook die energie van die Haka en hulle het dit nie verwag nie. Jy kon die verbasing op hulle gesigte sien, want hulle het nie verwag dat ons die uitdaging sal aanvaar nie. Ek was mal daaroor en ook ‘n baie spesiale oomblik.

Wat sal die huidige Springbokke moet doen om, uit jou ervaring, die Wêreldbeker te kan wen?

Speel asof jou lewe daarvan afhang. Gebruik elke oomblik, maak die regte besluite. Gebruik elke wedstryd as ‘n leer kurwe tot die finaal en gebruik jou kanse, dis waaroor die lewe ook gaan. Op ‘n finaal gaan dit op die dag oor die een wat die regte besluit maak hy sal die wenner wees.

Watter invloed het die 1995 Wêreldbeker finaal op jou lewe gehad?

As jy nie net in ‘n Wêreldbeker speel of in n finaal wen nie, maar as jy vir Suid-Afrika, die All Blacks of Australië is jou lewe inelkgeval nooit weer dieselfde nie. Ek het nie ‘n probleem daarmee nie, want die feit bly staan dat jy ‘n Wereldbeker het op jou tuisveld teen die All Blacks dink ek het n geweldige verskil gemaak aan almal se lewens. Jy besef dat jy baie groter verantwoordelikhede het as net n rugby speler. Dis wat die Springbokke ook beteken het. Dis nie net ‘n ou wat op die veld draf en speel nie, ‘n Springbok moet ‘n bok van die veld ook af wees en ons het dit soveel meer besef van daardie dag af aan.

Skrywer: Ansia Joles

Foto: Anton Geyser

Related Posts

« »