KOLISI: ONS IS HONGER VIR NOG!

Jun 22 • Europe, General News, International, Pale Toe, Rugby Championship News, South Africa, Springbok News, Springboks • 3329 Views • Comments Off on KOLISI: ONS IS HONGER VIR NOG!

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

 

Simon Riekert-Kaapstad

Siya Kolisi sê die Bokke is reg vir 'n 3-0 reeksoorwinning oor Engeland (Foto: Richard Huggard/Gallo Images)

Siya Kolisi sê die Bokke is reg vir ‘n 3-0 reeksoorwinning oor Engeland (Foto: Richard Huggard/Gallo Images)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rassie Erasmus, hoofafrigter van die Sporingbokke se snoeiskêr was toe nie so diep ingesteek soos wat baie verwag het op die vooraand van die beslissende Toets teen die Engelse in Kaapstad nie.

Erasmus het slegs vyf veranderings aan die wenspan van verlede naweek gemaak vir die wedstryd.
Warrick Gelant kom in op heelagter terwyl Andre Esterhuizen en Jesse Kriel die senterpaar sal vorm. Elton Jantjies begin as losskakel en Chiliboy Ralepelle sak op haker.
Die vurige loskopstut, Steven Kitshoff wie verlede naweek die hele Engelse pak laat steier het toe hy van die plaasvervangersbank af opgekom het, meen dat die Engelse se aanslag nog feller gaan wees voorlangs.
“Die Engelse het ʼn baie goeie pak voorspelers en alhoewel ons die oorhand oor hulle gehad het die laaste twee Toetse, beteken dit nie dat ons sal slap lê Saterdag nie.

Voorlangs gaan dit al hoe beter met die Springbokke. Ralepelle is in die beginspan en die 37-jarige Schalk Brits sal as impakspeler opkom. Brits, wie ʼn paar maande gelede sy uittrede uit eersterangse rugby aangekondig het, is deur Erasmus teruggelok in die uitgebreide Springbokspan in.
“Daar is baie wat Schalk kan doen om die jong hakers (Akker van der Merwe, Bongi Mbonambi en Malcolm Marx) touwys te maak. Chiliboy sal ook sy kant bring met sy ervaring, “ het Erasmus gesê.

Die veranderings in die agterlyn het vir Erasmus groot strategiese waarde: “Ons weet dat die losskakel posisie een van die belangrikstes op die veld is en ons wil aan Elton die geleentheid bied om Wêreldbeker gereedheid te kry. Daarom word Pollard vandeesweek gerus. Ek wil ook kyk na kombinasies soos die van Jesse Kriel en Andre Esterhuizen, ons moet na meer opsies in die sleutelposisies kyk.”
Esterhuizen, ʼn stewige 1.91-meter, 106 kg senter van die Sharks, speel in sy tweede Toets.

Kaptein Siya Kolisi het die media gerus gestel dat die span nog steeds honger genoeg is vir ʼn oorwinning, “Ons het weliswaar die reeks beklink, maar ons wil hierdie een in Kaapstad ook wen.
“Ons het daaroor gepraat as span-daar is geen plek vir middelmatigheid nie en daar is nog meer om voor te speel.”
“Ons weet ons het baie foute gemaak in Bloemfontein en ons is gelukkig om nog ʼn geleentheid te hê Saterdag, en die span sal streef daarna om ʼn beter vertoning van meet af aan te hê.
Kolisi sê dat hulle die reeks op ʼn hoë noot wil afsluit, “hierdie is die laaste Toets in twee maande se tyd (voor dat Castle Lager Rugbykampioenskap begin), en ons het natuurlik ons doelwitte. Daar is ʼn paar veranderings in die span, maar dit sal geen effek op ons aanslag en taktiek hê nie.”

Die Springbok span is: Warrick Gelant, S’bu Nkosi, Jesse Kriel, Andre Esterhuizen, Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Faf de Klerk, Duane Vermeulen, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (c), Franco Mostert, RG Snyman, Frans Malherbe, Chiliboy Ralepelle, Beast Mtawarira.
Plaasvervangers: Schalk Brits, Steven Kitshoff, Thomas du Toit, Jean-Luc du Preez, Sikhumbuzo Notshe, Embrose Papier, Handre Pollard, Willie le Roux.

Related Posts

« »