MEYER ROTEER ALWEER #PaleToe

Jul 15 • General News, International, Pale Toe, Springboks, The Rugby Championship • 3437 Views • Comments Off on MEYER ROTEER ALWEER #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Artikel deur Simon Riekert #Paletoe!

 

Gaan sy rotasiebeleid werk en sy proefnemings met kombinasies slaag of gaan hy die geleentheid gebruik om in hierdie kompetisie waarin Suid Afrika maar swak vertoon, met konserwatiewe keuses ʼn beker te besorg?

Het hy inderdaad een van die moeilikste besluite van sy loopbaan geneem met die aankondiging van die span wat Saterdag teen die Wallabies uitdraf?

Is die 23-tal die regte span om die Australiërs se diepte in hul eie agterplaas te toets?

Gaan sy rotasiebeleid werk en sy proefnemings met kombinasies slaag of gaan hy die geleentheid gebruik om hierdie kompetisie waarin Suid Afrika maar swak vertoon, met konserwatiewe keuses ʼn beker te besorg?

Hierdie en menige ander vrae sal beantwoord word wanneer die Bokspan die Wallabies Saterdag in die eerste Rugbykampioenskaps-toets in Brisbane pak. Vir die Aussies en die Bokke lyk die geelwortel van ʼn kampioenskapstrofee al hoe meer aanlokliker, aangesien beide die lande twee tuiswedstryde in die verkorte reeks speel.

Die All Blacks toer Johannesburg toe op 25 Julie en daarná is dit die Argentynse Poemas se beurt om die Bokke op 8 Augustus in Durban aan te vat. Die All Blacks en die Argentyne speel een keer tuis en toer tweekeer.

Daar is oud-spelrers en afrigters wat meen dat ʼn Boksege in die Rugbykampioenskap net die regte moetie is vir hul Wêreldbeker kanse later vanjaar.

“In ʼn Wêreldbeker-jaar is die groot prys natuurlik die trofee, maar indien die Springbokke die Rugbykampioenskap vooraf wen, sal dit net die regte ding wees vir hul selfvertoue en vir die afrigters die aanduiding gee dat hulle op die regte pad met die span is”, het die voormalige Springbok slot en afrigter van die Blou Bulle, John Williams gesê.

Die Bokke se spandokter, Craig Roberts meen ook dat die feit dat daar geen ernstige beserings aan die spelers is na verlede naweek se vertoning teen die Wêreldspan nie, help met die bestuur van spelers wat tans onder kondisionering is.

“Lionel Mapoe is een van die spelers wat nog dopgehou moes word, maar hy vorder goed en is saam met die span in Brisbane.”

Meyer se rotasiebeleid het beteken dat hy Schalk Burger eerder inspan as Warren Whiteley op agtsteman in die beginspan en dat hy straks Burger se huidige goeie vorm wil benut.

Heinke van der Merwe, Frans Malherbe en Lood de Jager kry geleentheid om van die bank af te begin. Lwazi Mvovo is op plaasvervanger vleuel. Meyer se hy sien uit daarna om die nuwelinge die kans te gee om te speel.

“Die spelers weet dat daar hand opgesteek moet word en dat ons hulle dophou. Daar is vir almal iets op die spel vanjaar en ons sal waarskynlik baie veranderings maak voor die Wêreldbeker vanjaar.”

Jesse Kriel sal Springbok nommer 867 word waar hy weer op buitesenter begin, na Meyer se geslaagde eksperiment met die Bulls se heelagter verlede naweek.

Dit is duidelik Meyer se plan om spelers te roteer en om spelers in meer as een posisie te toets.

“Jesse se gunsteling posisie is heelagter, maar hy het uitstekend gevaar in die junior- Wêreldbeker span op senter. Ek moet na spelers kyk wat dubbele rolle kan vervul, soos ʼn skrumskakel wat heelagter ook kan speel”, het Meyer gesê.

“Kyk maar goed hoe Lionel Mapoe doen op senter en vleuel. Ons moet vandeesweek sekere aspekte van ons spel verbeter en fyner verstellings aan ander aspekte maak.

“Ons verwag ʼn massiewe aanslag vir die bal op die grond en dis daarom dat ons Schalk langs Francois Louw en Marcell Coetzee moet hê. Bismarck help net so baie met die afbreekpunte.

“Warren het baie goed gespeel verlede naweek, maar hy weet waar hy met ons staan en hy sal weer vir die Springbokke speel hierdie seisoen. Ons wil met hierdie lostrio begin vandeesweek.

Voor hul vertrek na Australië het Meyer geen doekies omgedraai nie: “my seuns lees op sosiale media hoe hulle die Bokfarigter wil uithaal en hoe swak sy spankeuses is. Dis moeilik om aan mense te verduidelik dat ek wel veranderings gaan maak, maar die geheim le daarin om jou span se momentum te behou. Saterdag gaan ʼn massiewe kompetisie wees en ons wil seker maak dat ons regmerkies maak op die regte plekke.”

Meyer meen dat daar genoeg diepte in die voorry is.

“Trevor Nyakane en Vincent Koch het baie goed gedoen verlede naweek teen die Wêreldspan. Ek het besluit om aan Heinke en Frans geleentheid te gee om hul kleims af te steek, veral omdat beide ʼn goeie seisoen beleef. Heinke was die in-vorm loskop in die Franse Top-14 terwyl Frans die Stormers skrum briljant geanker het in die Superrugby-reeks.

“Lood is terug na ʼn besering en ons wil hom buitendien terugbring in een van die eerste drie internasionale wedstryde vanjaar. Lwazi was baie goed onder die hoë bal en ken die pad doellyn toe.”

Meyer het blykbaar nog steeds nie planne met Morne Steyn en Jan Serfontein nie. Die veelsydige Francois Hougaard is ook nog in die Springbokke se rugby woestyn, terwyl daar al hoe meer gefrons word oor die insluiting van die Sharks se voorry wat lyk of hulle rugbyvoos is.

Intussen rehabiliteer Jean de Villiers se knie goed en sal hy onder toesig van die WP aan sy kondisionering werk.

Die span vir Saterdag se wedstryd teen die Wallabies in Brisbane is:

15 Willie le Roux, 14 JP Pietersen, 13 Jesse Kiel, 12 Damian de Allende, 11 Bryan Habana, 10 Handré Pollard, 9 Ruan Pienaar, 8 Schalk Burger, 7 Marcell Coetzee, 6 Francois Louw, 5 Victor Matfield (c), 4 Eben Etzebeth, 3 Jannie du Plessis, 2 Bismarck du Plessis, 1 Beast Mtawarira.
Plaasvervangers: 16 Adriaan Strauss, 17 Heinke van der Merwe, 18 Frans Malherbe, 19 Lood de Jager, 20 Oupa Mohoje, 21 Cobus Reinach, 22 Pat Lambie, 23 Lwazi Mvovo.

Foto: Werner Nischen

Related Posts

« »