MIN TYD OOR VIR BAIE WERK #PaleToe

Sep 25 • General News • 2015 Views • Comments Off on MIN TYD OOR VIR BAIE WERK #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert van #Pale Toe! skryf in sy gereelde rubriek oor die Curriebeker, Tussen Vier Lyne dat die tyd vir spanne uitloop in vanjaar se kompetisie. Dit sal dus ‘n goeie idee wees om reeds vanmiddag genoeg limonade en braai goed bymekaar te kry vir ‘n besige rugbynaweek.

 

Sharks v Blou Bulle

Daar is net twee weke oor waarin die Curriebekerspanne kan verseker dat hulle in die uitspeelfases van die kompetisie is. Na ʼn goeie begin en die druk wat oploop op die span om die eindrondtes te haal, het die Bulle twee insinkings gehad teen onderskeidelik die Lions (tuis) en WP (weg). Nollis Marais se raad aan sy jong span vandeesweek is om die telbord te vergeet en om die bal die werk te laat doen in vaste-en los fases. Jan Serfontein en Arno Botha, twee Springbokke is terug en sal wil seker maak dat hulle ‘n goeie bydrae lewer tot die span se wegspeel sukses. Daarenteen sal die Sharks wil verhoed dat hulle die uitspeelrondtes mis. ʼn Vyfde plek op die punteleer tans, voorspel niks goeds vir die span nie wat sedert die Superrugby-reeks nog nie kon oortuig nie. Die talentvolle skrumskakel Cobus Reinach sal graag wil seker maak dat die Sharks se agterlyn goeie, skoon balle kry en die telbord gereeld aan die rol te hou.

Die spanne is:

Sharks – 15 Odwa Ndungane, 14 Wandile Mjekevu, 13 Paul Jordaan, 12 André Esterhuizen, 11 S’bura Sithole, 10 Joe Pietersen, 9 Cobus Reinach, 8 Philip van der Walt (k), 7 Christiaan de Bruin, 6 Francois Kleinhans, 5 Dave McDuling, 4 Etienne Oosthuizen, 3 Gerhard Engelbrecht, 2 Franco Marais, 1 Thomas du Toit.
Bank: 16 Kyle Cooper, 17 Mzamo Majola, 18 Marco Wentzel, 19 Jean Deysel, 20 Michael Claassens, 21 Heimar Williams, 22 Garth April.

Blou Bulle – 15 Warrick Gelant, 14 Travis Ismaiel, 13 Jan Serfontein, 12 Burger Odendaal, 11 Jamba Ulengo, 10 Tian Schoeman, 9 Francois Hougaard, 8 Arno Botha, 7 Lappies Labuschagne (k), 6 Deon Stegmann, 5 Marvin Orie, 4 Jacques du Plessis, 3 Marcel van der Merwe, 2 Bandise Maku, 1 Pierre Schoeman.
Bank: 16 Jaco Visagie, 17 Werner Kruger, 18 RG Snyman, 19 Ruan Steenkamp, 20 Ivan van Zyl, 21 Louis Fouché, 22 Dries Swanepoel.

Afskoptyd is 20:00 Vrydagaand.

 

Vrystaat Cheetahs v Goue Leeus

Die span om te klop in vanjaar se kompetisie, die Lions is tans agt punte voor die Bulle in die tweede plek op die Curriebeker-punteleer. Saterdag het hulle die geleentheid om seker te maak dat hulle die top posisie behou en sodoende regmaak vir die eindstryd in Johannesburg.

Warren Whiteley is weer terug in die beginspan wat sal meebring dat die stabiliteit in die reeds suksesvolle skrum van Johan Ackermann se span, soveel meer versterk word.

Die Cheetahs het die Sharks uitgewriemel in die vierde logposisie wat na dese kan seker maak dat hulle wel in die uitspeelrondes ingesluit is. ʼn Tuiswedstryd vir die Blikore is altyd een van die moeilikstes en die Gautengers sal nie opdaag met ʼn oorgerustheid oor die uitslag nie.

Die spanne is soos volg:

Vrystaat Cheetahs – 15 Clayton Blommetjies, 14 Sergeal Petersen, 13 Francois Venter (k), 12 Tertius Kruger, 11 Raymond Rhule, 10 Sias Ebersohn, 9 Zee Mkhabela, 8 Gerhard Olivier, 7 Niell Jordaan, 6 Vincent Jobo, 5 Reniel Hugo, 4 Freddy Ngoza, 3 Luan de Bruin, 2 Jacques du Toit,1 Teunis Nieuwoudt. Bank: 16 Neil Rautenbach, 17 BG Uys, 18 Willem Serfontein, 19 De Wet Kruger, 20 Ryno Benjamin, 21 Shaun Venter, 22 Fred Zeilinga.

Goue Leeus – 15 Andries Coetzee, 14 Ruan Combrinck, 13 Stokkies Hanekom, 12 Howard Mnisi, 11 Courtnall Skosan, 10 Marnitz Boshoff, 9 Ross Cronjé, 8 Warren Whiteley, 7 Steph de Wit, 6 Jaco Kriel (k), 5 Franco Mostert, 4 Lourens Erasmus, 3 Julian Redelinghuys, 2 MalcolmMarx,1 Jacques van Rooyen. Bank: 16 Mark Pretorius, 17 Ruan Dreyer, 18 Fabian Booysen, 19 Kwagga Smith, 20 Jaco van der Walt, 21 Rohan Janse van Rensburg, 22 Anthony Volmink.

Afskoptyd is 13:15 op die Vrystaat Stadion.

 

Westelike Provinsie v Pumas

 

Die verdedigende kampioen, die WP het die afgelope drie weke gewys dat hulle erns maak met hulle doel om ʼn tuis halfeindstryd te hê.

Nizaam Carr op agtsteman sal weer variasie in die skrums en by die afbreekpunte bring.

Die Pumas, wie hierdie seisoen so goed begin het sal diep moet delf om die WP op sy tuisveld te oorrompel. Vincent Koch, Springbok voorryman wat aan die Pumas geleen is vir die reeks, speel in sy 50ste wedstryd.

Die spanne is:

Westelike Provinsie –15 Dillyn Leyds, 14 Kobus van Wyk, 13 Johnny Kotze, 12 Huw Jones, 11 Seabelo Senatla, 10 Robert du Preez, 9 Jano Vermaak, 8 Nizaam Carr (k), 7 Sikhumbuzo Notshe, 6 Chris Cloete, 5 Ruan Botha, 4 Jan de Klerk, 3 Wilco Louw, 2 Bongi Mbonambi, 1 Oli Kebble. Bank: 16 Michael Willemse, 17 Ali Vermaak, 18 Jean Kleyn, 19 Jurie van Vuuren, 20 Nic Groom, 21 Demetri Catrakilis, 22 Jaco Taute.

Pumas– 15 Hoffmann Maritz, 14 Bernado Botha, 13 Jerome Pretorius, 12 Wilmaure Louw, 11 Rosko Specman, 10 Justin van Staden, 9 Faf de Klerk (k), 8 Jason-Colin Fraser, 7 Jaco Bouwer, 6 Marnus Schoeman, 5 Marius Coetzer, 4 Lubabalo Mtyanda, 3 Vincent Koch, 2 Frank Herne, 1 Corné Fourie Bank: 16 Simon Westraadt, 17 Khwezi Mona, 18 Rudi Mathee, 19 Uzair Cassiem, 20 Johan Herbst, 21 Hennie Skorbinski, 22 Deon Helberg

Afskoptyd is 15:00 op Nuweland.

 

OP Kings v Griekwas

Hierdie twee spanne aan die onderpunt van die punteleer het net trots om voor te speel. Beide spanne het slegs een wedstryd gewen, maar met die tuisveld voordeel mag die Kings dalk verlore aansien herstel.

OP Kings- 15 Scott van Breda, 14 Sylvian Mahuza, 13 Phillipus du Plessis, 12 Tim Whitehead (k), 11 Luther Obi,  10 Karlo Aspeling, 9 Dwayne Kelly, 8 Jacques Engelbrecht, 7 Stefan Willemse, 6 Paul Schoeman, 5 Cornell Hess, 4 Steven Sykes, 3 Tom Botha, 2 Martin Ferreira, 1 Lizo Gqoboka   Bank: 16 Edgar Marutlulle, 17 Schalk Ferreira, 18 Simon Kerrod, 19 Thembelani Bholi, 20 Tim Agaba, 21 Enrico Acker, 22 Elgar Watts

Griekwas – 15 Gouws Prinsloo, 14 Danie Dames, 13 Michael van der Spuy, 12 Clinton Swart, 11 Ntabeni Dukisa, 10 Francois Brummer, 9 Tian Meyer (k), 8 Carel Greeff, 7 Jonathan Janse van Rensburg, 6 RJ Liebenberg, 5 Hugo Kloppers, 4 Jonathan Adendorf, 3 Kop van der Westhuizen, 2 Martin Bezuidenhout,1 Steph Roberts. Bank: 16 AJ le Roux, 17 Stephan Kotzé, 18 Stephan Greeff, 19 Wendal Wehr, 20 Dylon Frylink, 21 Jonathan Francke, 22 Ederies Arendse.

Afskoptyd is 15:30 op die Nelson Mandelabaai Stadion in Port Elizabeth

Foto

Related Posts

« »