NOLLIS BRING WEER DIE PASSIE TERUG OP LOFTUS #PaleToe

Jul 1 • General News, Pale Toe, Super Rugby • 2755 Views • Comments Off on NOLLIS BRING WEER DIE PASSIE TERUG OP LOFTUS #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Artikel deur Simon Riekert  #PaleToe!

 

“Ek het tydens die laaste Superrugby wedstryd tussen die Bulls en die Cheetahs tussen die mense op die pawiljoene geloop en na die tonele rondom my gekyk. Ek het besef hier sit mense wat wedstryd na wedstryd na hul span sal kom kyk omdat dit ‘n diep liefde vir die span is. Wen of verloor, hier sit gesinne, pa’s en ma’s wat hul kinders Loftus toe bring as ʼn tradisie. Ons kan mos nie daardie mense teleurstel nie. Ons moet die spelers bewus maak daarvan dat as jy die veld slaan, dan doen jy als vir jou span, die mense en die Bulle” – Nollis Marais Blou Bulle Afrigter 2015

Gedurende die bekendmaking van die Absa Curriebekergroep van die Blou Bulle,Dinsdag, het die aangewese afrigter Nollis Marais geen doekies omgedraai oor die seisoen en sy verwagtings nie.

Te midde van vier sleutelspelers wie se kontrakte aan die einde van Oktober verstryk, sal Pierre Spies, Francois Hougaard, Jurgen Visser en William Small-Simth beskikbaar wees vir die Curriebeker reeks.

“Marais geniet die volle ondersteuning van die Raad”, het die HUB van die Blou Bulle, Barend van Graan Dinsdag op ʼn perskonferensie gesê.

Die Blou Bulle sal ook die kennis en ervaring van Pieter Rossouw (Slaptjips) aan die Namibiese Wêreldbeker groep afstaan.

Wessel Roux, skrumafrigter sal bygestaan word deur oud-haker van die Bulls en Blou Bulle, Gary Botha as skrumkonsultant.

Marais erken dat dit ʼn moeilike tyd is vir die Bulle, en dat hy doelbewus ʼn groep van 60 spelers in sy groep het om die groep jong Bulle wat kan deurkom, geleentheid te gee om aanspraak te maak op hul plek in die span.

“Ek wil hul geleentheid gee om vir ʼn paar weke saam te oefen voordat ons ʼn span moet kies wat teen die Cheetahs sal uitdraf.

“Daardie groep sal moet wys dat hulle in die Curriebeker groep wil wees. Geen speler moet dink sy plek is bespreek nie.

“Ek het die voordeel dat ek met ʼn groot groep van hierdie spelers gewerk het toe hulle juniors was. As ʼn speler wys hy wil speel, sal ek hom geleentheid gee om sy selfvertroue te kry en vir die trots van die trui te speel”, het Marais gesê.

Marais het ook nog nie besluit oor sy kaptein nie.

“Ek wil elke senior speler geleentheid gee om ten volle te ontwikkel as speler sonder te druk van kapteinskap. As ek ʼn kaptein gekies het, bly hy die kaptein. Ek verander nie en daarom wil ek die spelers die geleentheid gee om hul hande op te steek en om sy kapteinskap aan my te bewys. Ek sal ʼn besluit neem binne die volgende drie tot vier weke.”

• Van Graan het ook intussen bevestig dat die Bulle hul fasiliteite vir die Springbokke beskikbaar sal stel, aangesien Heyneke Meyer aangedui het dat daar op franchises en unies se knoppies gedruk sal word om te help met kondisionering van spelers voor en gedurende die Castle Lager Rugbykompetisie.

 

Related Posts

« »