Onnodige foute kan Pumas nog duur te staan kom

Mar 29 • General News, Vodacom Cup • 2174 Views • Comments Off on Onnodige foute kan Pumas nog duur te staan kom

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

NELSPRUIT – Ses strafskoppe, ‘n doelskop en ’n dryfdrie is die somtotaal van die Steval Pumas se eindtelling Vrydagaand op Mbombela nadat hulle die Griekwas met 25-16 in die derde ronde van die Vodacombeker afgerammel het.

 

Die losskakel van die tuisspan, JC Roos het met sy skopstewel, 20 punte deur die pale gejaag.

 

Ritme en momentum, wat tekenend aan die Pumas se spel is, is nog nie juis in die afglope drie wedstryde van die reeks weerspieël nie – dit kan as gevolg van die Puma-leenspelers wees wat tans vir die Goue Leeus se Super Rugby-groep uitdraf óf dalk een of twee nuwe gesigte wat nog vreemd is.

 

Albei spanne se doellose hoogskop-taktiek was sinneloos én die tuisspan sal ‘n ander plan van aksie moet uitwerk wat hul lynstane aanbetref – dit was ‘n gesukkel teen die Blou Bulle twee weke én gisteraand op Nelspruit wéér.

 

Renaldo ‘Daddo’ Botma was vuur en vlam – met elke bal in die hand en met elke beweging het hy dit voluit gedoen. Die skrumsakel Sinovuyo ‘Snake’ Nyoka het ‘n paar puik lopies gemaak en deur spasies geglip, maar het ongelukkig sy span vyf punte gekos deur ‘n bal blindelings weg te gooi. Gouws Prinsloo van die besoekers het dié fout in ‘n drie vir sy span omskep.

 

Die Pienkes se skrummasjien, Vincent Koch moes kort voor die aanvangs van die wedstryd onttrek. Die leenspeler van die Leeus, Ruan Venter het homself goed van sy taak gekwyt al het hy nog nie lank saam met die span geoefen het nie.

 

Die kaptein, Corné Steenkamp het die afrigters se asems laat ophou nadat hy kort voor die einde van die wedstryd, van die veld afgedra is as gevolg van ‘n nek-en bloedbesering op sy kop. Steenkamp het na die eindfluitjie terug op die veld gestap en die afrigters kon daarna asem haal.

 

Puntemakers

Pumas: Drie: Corné Steenkamp. Doelskop: JC Roos. Strafskoppe: Roos (6).

Griekwas: Drieë: Marnus Schoeman, Gouws Prinsloo. Strafskop: Jaquin Jansen (2).

 

Skrywer: Carli Koch – Rugby 15

Foto: Hennie Homann

Related Posts

« »