PORT ELIZABETH SAL GOED WEES VIR DIE SPRINGBOKKE

Sep 28 • Australia, General News, National, Pale Toe, Rugby Championship News, South Africa, South Africa, Springbok News, Springboks, The Rugby Championship • 2231 Views • Comments Off on PORT ELIZABETH SAL GOED WEES VIR DIE SPRINGBOKKE

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
MAPIMPI- MAGIC: MAKAZOLE MAPIMPI WAS WOELIG IN BRISBANE TEEN DIE AUSSIES FOTO: SARU

MAPIMPI- MAGIC: MAKAZOLE MAPIMPI WAS WOELIG IN BRISBANE TEEN DIE AUSSIES FOTO: SARU

 

 

 

 

 

 

 

 

Simon Riekert- Johannesburg

Sport in Port Elizabeth, word hoog aangeslaan, waardeer en ondersteun.

Neem nou maar die Ironman 70.3 en die kriekettoetse op St. George’s Park om van ʼn paar gewilde byeenkomste te praat.
Soveel te meer is die atmosfeer elektries wanneer daar rugby op die Nelson Mandelabaai Stadion gespeel word, en Saterdag is geen uitsondering nie.

Die Springbokke is op ʼn goeie plek, beide waar hulle die Australiërs gaan aandurf en ook wat hulle gemoedstoestand aan betref. Hulle kan dus nie vir beter omstandighede vra om die half-aan-die-slaap verloor (23-18) in Augustus in Brisbane te wreek nie.
Maar maklik gaan dit nie wees nie.

Hulle wil ook nie as “one hit wonders” bekendstaan nie, veral na die opspraakwekkende oorwinning (36-34) in Wellington, Nieu Seeland twee weke gelede teen die wêreldkampioene, die All Blacks.

“Ons wil nie bekendstaan as een-wedstryd-wenners nie, “ het Faf de Klerk op die vooraand van die Toets teen Australië gesê.
“Al die skitterende verdediging wat ʼn sege teen die All Blacks in Wellington meegebring het, sal verdwyn as ons ʼn so-so vertoning teen die Wallabies het en die Toets verloor.
“Na ons die oorwinning teen die Nieu Seelanders gevier het, het ons fokus gou verskuif na ʼn plan om die Wallabies te wen.”

De Klerk het heelwat te sê gehad oor sy eie en sy span se byna skisofreniese vertonings, die een dag briljant en die volgende keer bloot net vrot.

“Ons het baie oor kontinuïteit gepraat, dit gaan nie net oor die oorwinning nie, maar ook om ons elkeen se spelpeil te lig en dit daar te hou.
Selfs die Australiërs het ʼn opmerking hieroor gemaak: “hulle het ʼn goeie oorwinning teen die All Blacks gehad, maar hul ondersteuners, soos ons s’n gaan vereis dat daar kontinuïteit is,” het die buitesenter Reece Hodge gesê.

De Klerk speel sy rugby by die Engelse Premierligaklub Sale Sharks. Rassie Erasmus, hoofafrigter van die Springbokke het nuwe lewe in De Klerk se internasionale loopbaan geblaas toe hy hom vir Springbokdiens laat aanmeld het. Hy was sedert die voormalige afrigter van die Springbokke, Allister Coetzee in die internasionale rugbywildernis. Hy was ook een van die sterspelers in die Emirates Lions se span onder leiding van Johan Ackermann.

Erasmus het vier veranderings in spanlede gemaak vir die Toets, drie daarvan weens beserings.
Cheslin Kolbe is op regtervleuel gekies in die plek van Jesse Kriel wie na die senterposisie toe skuif in die plek van Lukhanyo Am. Sy sentermaat is Andre Esterhuizen, wie vir Damian de Allende vervang.
Steven Kitshoff is op die bank en Sikhumbuzo Notshe neem oor by Warren Whiteley op agtsteman.
Tendai “Beast” Mtawarira begin op Loskop in sy 106e Toets.

By die Aussies het hul hoofafrigter Michael Cheika ook vier spanveranderings gemaak na sy span se 23-19 tuis verloor teen die Argentyne, die eerste nederlaag teen die Pumas in 35 jaar.
Die kaptein en flank Michael Hooper is terug na ’n besering. Ned Hanigan is ook ingesluit in die beginspan en David Pocock skuif na agtsteman.
Adam Coleman vervang vir Rory Arnold op slot en die vaskop Taniela Tupou begin ook voorlangs in die vaste vyf. Allan Alaalatoa skuif na die reserwebank.
Kurtley Beale is die planmaker in die agterlyn.

Port Elizabeth speel vir die eerste keer sedert 1963 weer gasheer vir die spanne

Suid Afrika
15 Willie le Roux, 14 Cheslin Kolbe, 13 Jesse Kriel, 12 Andre Esterhuizen, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Handre Pollard, 9 Faf de Klerk, 8 Sikhumbuzo Notshe, 7 Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (kaptein), 5 Franco Mostert, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Tendai Mtawarira
Plaasvervangers: 16 Bongi Mbonambi, 17 Steven Kitshoff, 18 Wilco Louw, 19 RG Snyman, 20 Marco van Staden, 21 Embrose Papier, 22 Elton Jantjies, 23 Damian Willemse
Australië
15 Dane Haylett-Petty, 14 Israel Folau, 13 Reece Hodge, 12 Matt Toomua, 11 Marika Koroibete, 10 Kurtley Beale, 9 Will Genia, 8 David Pocock, 7 Michael Hooper (kaptein), 6 Ned Hanigan, 5 Izack Rodda, 4 Adam Coleman, 3 Taniela Tupou, 2 Tatafu Polota-Nau, 1 Scott Sio
Plaasvervangers: 16 Folau Faingaa, 17 Sekope Kepu, 18 Allan Alaalatoa, 19 Rory Arnold, 20 Rob Simmons, 21 Nick Phipps, 22 Bernard Foley, 23 Jack Maddocks

Afskoptyd is 17:05

Die skeidsregter is Jerome Garcès van Frankryk. Hy het in 12 Toetse die fluitjie hanteer waarin die Springbokke gespeel het, hulle was slegs driekeer aan die wenkant.
Sy assistente is Wayne Barnes en Matt Carley, terwyl Graham Hughes die TV-werk moet doen. Al drie is van Engeland afkomstig.

Related Posts

« »