Pumas klink Bulle se doppie

Mar 15 • General News, Vodacom Cup • 2907 Views • Comments Off on Pumas klink Bulle se doppie

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

NELSPRUIT – Die nuweling van die Steval Pumas, Justin van Staden het na die sirene ‘n strafskop deur die pale gejaag en sy span van ‘n tweede oorwinning in die Vodacombeker van 22-20 teen die Blou Bulle verseker.

Alhoewel die tuisspan skitterende rugby in die eerste 40 minute gespeel het, het hulle die tweede helfte maar bra swak afgeskop. Die Blou Bulle het rustyd met ’n ronde nul op die telbord van die veld gedraf, maar die losskakel Louis Fouche het met sy skopskoen vinnig dié prentjie verander.

Die Nelspruiters het vier lynstane afgestaan, maar het drie balle van die Bulle gegryp. JC Roos van die Pumas wat die nommer tien drui dra, het sy skopskoene aangehad en 11 punte vir sy span aangeteken voor hy met ‘n bloedbesering van die veld is.

Die blondekop van die Pienkes, Renaldo Bothma het die eerste drie van die wedstryd gedruk en die enigste van die eerste helfte. Die Pumas het teen rustyd 16-0 voorgeloop.

Die Bulle het met nuwe moed op die veld gedraf en die Pumas behoorlik laat sweet in die bloedige hitte. Reeds in die 44ste minuut het die vleuel, David Bullbring die besoekers se eerste punte op die telbord aangeteken . Binne tien minute was die punteverskil net drie tussen die twee spanne. Fouche het ‘n strafskop in die 69ste minuut net kort geskop.

Die Bloues het teen die einde keer op keer deur die rotsvaste verdediging van die Pumas probeer breek, en Jesse Kriel het in die linkerhoek gedruk om sy span vir die eerste keer voor te laat loop. ’n Strafskop op die Bulle se 25-lyn het Van Staden se bal die vlaggies laat lig.

Die Pumas speel volgende teen die Griffons in Welkom.

Puntemakers
Steval Pumas 22 (16)
Drieë: Renaldo Bothma. Doelskop: JC Roos. Strafskoppe: Roos (3). Justin van Staden (2).

Blou Bulle 20 (0)
Drieë: David Bullbring, Jesse Kriel. Doelskoppe: Louis Fouce (2). Strafskoppe: Fouche (2).
Doelskoppe: Louis Fouce 2, 2

Skrywer: Carli Koch (Rugby15)
Foto: Hennie Homann

Related Posts

« »