PUMAS o/18 Coca-Cola Cravenweek Span word ge-cap

Jun 26 • Craven Week, Craven Week Teams, General News, School • 8849 Views • Comments Off on PUMAS o/18 Coca-Cola Cravenweek Span word ge-cap

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Op Woensdagaand, 25 Junie, het 2014 se Mpumalanga O/18 Coca-Cola Cravenweekspan tydens ‘n baie goed georganiseerde oorhandigingseremonie by Ligbron Akademie in Ermelo hul klere ontvang.

Die hoof uitvoerende beampte van die Mpumalanga Rugby-Unie, mnr. Koos Kruger, het in sy toespraak gesê die seuns moet onthou dat rugby ‘n spansport is en dat hulle sukses sal bereik as hulle vir mekaar omgee en vir mekaar speel. Hy het die glorieryke hou wat Gary Player jare gelede in die Britse Ope gemoker het met sy 3-hout as voorbeeld genoem van hoe belangrik dit is om elke oomblik voluit te leef en alles te gee op die speelveld.

Die afrigter van die O/18-Cravenweek span, meneer Gert van der Westhuizen, het met tydens ‘n gesprek na afloop van die laaste oefening kort voor die klere-oorhandigingseremonie gesê dat daar hierdie jaar ‘n baie sterk spangees onder die seuns is en groot opgewondenheid heers in die

hele kamp onder die PUMAS skole-agrigters en bestuur.

Hy het verder gesê dat dit die mees verteenwoordigende skolespan is wat nóg gekies is deur die PUMAS. Alhoewel dit nuwe uitdagings bring omdat daar soveel verskillende skole en nuwe spelers betrokke is voel hy dat die sterk spangees die deurslag sal gee en sien hy uit na ‘n suksesvolle

2014 Coca-Cola O/18 Cravenweek.

Op die vraag of die feit dat die toernooi in Mpumalanga aangebied word ‘n faktor gaan wees, het Van der Westhuizen gesê dat die addisionele druk om te speel voor ‘n tuisskare beslis gebruik sal word as aansporing en die seuns sal motiveer.

Van der Westhuizen het verder gesê dat die PUMAS se 3de plek op die skoleranglys beteken dat ons eerste teen al die groot unies sal speel. Dit skrik hom nie af want die span is goed voorbereid. Hy het ook glimlaggend gesê dat as jy die Cravenweek wil wen moet jy in elk geval al die

spanne wen.

Hy wou nie graag spelers uitsonder nie maar het gesê die slotte Driaan Bester en Ian Joubert, die skakelpaar Stephan Enslin en Muller Joubert, die vleuels Siyabonga Nkosi en Mfundo Ndlovu en, natuurlik, die heelagter Barend Smit beslis kan dopgehou word.

Die kaptein van die 2014 PUMAS O/18 span is Barend Smit van HTS Middelburg en Oscar Shuld, van Hoërskool Nelspruit, is die onderkaptein.

20140626-105109-39069287.jpg

Related Posts

« »