Pumas too strong for Boland Cavaliers

Mar 26 • National, Vodacom Cup, Vodacom Cup News • 2445 Views • Comments Off on Pumas too strong for Boland Cavaliers

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...


We would like to share the match report received from this game. The match report is in Afrikaans:

Hoewel die stryd tussen die Boland Kavaliers en die Ford Pumas nie onthou sal word vir die gehalte rugby wat opgedis is nie, sal die Pumas nie kla oor dié oorwinning nie. Maak nie saak hoe nie, ’n wen is ‘n wen – veral op ‘n ander span se tuisveld.

Die Pumas se 26-17 oorwinning oor die Kavaliers op die Boland Stadion – tydens ‘die stryd tussen die manne in pienk’ – het egter nie sonder moeite gekom nie. Veral nie toe die Kavaliers se buitesenter Jonathan Francke in die eerste minuut die doellyn oorgesteek het vir die eerste drie van die wedstryd nie.

Boland het van meet af die bal wydgeswaai en hul intensie om drieë te druk was voor die hand liggend. Manne soos Elgar Watts, Willie le Rou, Bolla Conradie en Brandon April het ‘n paar keer hulself in halwe gapings bevind, maar die Pumas se verdediging was slaggereed vir dié aanslag.

Met hul vreeslose verdediging kon die Pumas stadig maar seker terugveg en in die twaalfde minuut kon die slot Rudi Mathee sy span op die telbord kry na volgehoue druk.

Beide spanne het kanse gehad om verder punte aan te teken in die eerste helfde, maar die onvermoë om balbesit te beskerm het beide spanne in die steek gelaat. Die enigste punte wat verder in dié helfde behaal was, was strafdoele deur die Pumas se losskakel Coenie van Wyk en Boland se heelagter Willie le Roux.

In die tweede helfde het die Pumas eerste punte behaal met ‘n strafdoel deur Van Wyk, maar vyf minute later het Boland teruggeslaan met ‘n drie deur die stut Rossouw Kruger. Ná Willie le Roux dié drie ook verdoel het, kon Boland egter nie verder punte aanteken nie.

Aan die Pumas se kant het Van Wyk die telbord aan die rol gehou, eers met ‘n strafdoel in die 50ste minuut en kort daarna met ‘n doelskop, ná ‘n strafdrie aan die Pumas toegeken is.

Met die telling op 17-21 in die Pumas se guns met sowat 25 minute se speeltyd oor, was dit steeds enige man se wedstryd. In dié tydperk het Boland hard geveg, maar die Pumas het net so hard verdedig, totdat laasgenoemde span uiteindelik in die laaste minuut ‘n losbal opgepik het en wyd gespeel het, vir JW Jonker om in die hoekie oor te duik.

Related Posts

« »