RASSIE EKSPERIMENTEER MET NUWELINGE, KAPTEINS

May 28 • General News, International, National, Other Tournaments, Pale Toe, South Africa, South Africa, Springbok News, Springboks • 7955 Views • Comments Off on RASSIE EKSPERIMENTEER MET NUWELINGE, KAPTEINS

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Pieter-Steph du Toit is aangewys as die Springbokke se kaptein vir die eenmalige Toets in Washington D.C. teen die Walliesers. (Foto: Richard Huggard/Gallo Images)

Pieter-Steph du Toit is aangewys as die Springbokke se kaptein vir die eenmalige Toets in Washington D.C. teen die Walliesers.
(Foto: Richard Huggard/Gallo Images)

Simon Riekert-Johannesburg

Rassie Erasmus, Springbokafrigter het Maandag by ʼn mediageleentheid sy groep spelers aangekondig wie eerskomende Saterdag teen Wallis in Washington DC, VSA uitdraf.

Daar is 12 nuwelinge in die span: Jason Jenkins, Thomas du Toit, Sikhumbuzo Notshe, Marvin Orie, Kwagga Smith, Akker van der Merwe (voorspelers) en Makazole Mapimpi, Andre Esterhuizen, Travis Ismaiel, Embrose Papier, Ivan van Zyl, Cameron Wright as agterspelers.

Erasmus het ook besluit om aan Pieter-Steph du Toit die kapteinskap vir die eenmalige Toets in die VSA toe te vertrou.

Siya Kolisi word die eerste swart Springbok-toetskaptein  wanneer hy die Springbokke op 9 Junie 2018 op Ellispark lei.
Alhoewel hy die eerste swart Springbok kaptein ooit word, sien Erasmus dit nie as ʼn rasseaangeleentheid nie.

“Ek sien dit nie in daardie lig nie. Ek ken vir Siya al vandat hy 18 jaar oud is. Ons het hom in die Oos-Kaap gaan haal om vir die Stormers rugby te speel. Ek het hom afgerig by sy eerste oefensessie by die akademie in Stellenbosch. Ek ken hom as ʼn uitstekende rugbyspeler, “ het Erasmus Maandag aan joernaliste in Johannesburg gesê.

“Ek het hom gesien toe hy vanjaar deur ʼn moeilike tyd as speler en kaptein gegaan het en ek het hom vier of vyf jaar gelede ook deur ʼn moeilike tyd sien gaan. Ek weet hoe goed hy deur moeilike tye kan werk. Ek weet hoe hy gegroei het as ʼn mens. Ek ken hom as ʼn stil mens en ʼn baie goeie leier.
Dit is wonderlik vir Suid Afrika , maar dit is net ʼn bonus. Ons het hom nie gekies omdat hy daardie blokkie (die eerste swart Springbok kaptein) afmerk nie. Ek hou van hom, hy is nederig, hy doen sy ding, hy is ʼn fisieke speler.

Siya Kolisi is aangewys as die Springbokke se kaptein vir die inkomende reeks teen Engeland in Junie 2018. (Foto: Richard Huggard/Gallo Images)

Siya Kolisi is aangewys as die Springbokke se kaptein vir die inkomende reeks teen Engeland in Junie 2018. (Foto: Richard Huggard/Gallo Images)

Dit is ook net vir die reeks teen Engeland, want ouens soos Warren Whiteley en Eben Etzebeth is nog nie beskikbaar nie. Siya is dus die logiese kandidaat.”

Alhoewel Kolisi en sy Stormers span onder kritiek deurgeloop het, meen Erasmus dat Kolisi goed genoeg is: “Ek hou van die wyse waarop hy tans speel, sy werk by die afbreekpunte is uitstekend en hy dra die bal goed, hy speel soos ʼn steelkant flank. As jy hom as ʼn oopkant flank geklassifiseer het, sou hy nie so goed gevaar het nie, maar as ʼn oopkant flank het hy baie goed gevaar. Ek is nie ontevrede met sy spelpeil nie.”

Pieter-Steph du Toit voer die Springbokke Saterdag in ʼn “vertoonwedstryd” in Washington DC, VSA aan.

Erasmus meen dat du Toit ʼn goeie leier is, “hy is beslis iemand wat in die toekoms ʼn leier gaan wees in die Bokspan. Hy het ʼn baie goeie werksetiek en gaan lank in die stelsel wees. Sy spelpatroon pas ons vir die wedstryd teen Wallis.”

*Chiliboy Ralepelle wat as haker ingesluit is, was egter die eerste swart Springbok kaptein wat die span in 2006 teen ʼn Wêreld XV-tal gelei het in Leicester.

Voorspelers (16):

Nizaam Carr ,Dan du Preez, Pieter-Steph du Toit (Kaptein), Thomas du Toit, Jason Jenkins, Steven Kitshoff, Wilco Louw, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, Oupa Mohoje, Ox Nche, Sikhumbuzo Notshe, Marvin Orie, Chiliboy Ralepelle, Kwagga Smith, Akker van der Merwe

Agterspelers (10):
Curwin Bosch, André Esterhuizen, Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Elton Jantjies, Jesse Kriel, Makazole Mapimpi, Embrose Papier, Ivan van Zyl, Cameron Wright

Related Posts

« »