RASSIE WAAG MET DRIE NUWELINGE IN DIE BOKSPAN

Jun 8 • Europe, General News, International, National, Pale Toe, South Africa, Springbok News, Springboks • 2690 Views • Comments Off on RASSIE WAAG MET DRIE NUWELINGE IN DIE BOKSPAN

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
RASSIE ERASMUS, SPRINGBOKAFRIGTER

Rassie Erasmus, Springbokafrigter het drie nuwelinge ingesluit vir Saterdag se eerste Toets teen Engeland in Johannesburg. Foto: skysports.com

 

 

 

 

 

 

 

 

Simon Riekert- Johannesburg

Rassie Erasmus, hoofafrigter van die Springbokke het drie nuwelinge in Saterdag se eerste Toets teen Engeland ingespan.

Hulle is ‘Sbu Nkosi van die Sharks op vleuel, Aphiwe Dyantyi van die Lions ook op vleuel en die Bulls se slot RG Snyman.

Erasmus meen dat Nkosi sy Springbok debuut eerder vroeër verlede jaar moes maak onder die leiding van Allister Coetzee.
“Ek het hom dopgehou toe ek in Ierland was, hy was een van die in-vorm vleuels in die land. Daar is beslis sekere areas waar hy sal moet verbeter, soos onder die hoë bal, maar ek hou van sy onvoorspelbaarheid op die aanval,” het Erasmus gesê.

RG Snyman is ‘n man wat, in die afwesigheid van Eben Etzebeth weens ‘n langtermyn besering, al die regmerkies kry by Erasmus.
Dit is dus te verstane dat Snyman in die reeks teen die Engelse en die Castle Lager Inkomende reeks later vanjaar, ‘n vanselfsprekende keuse op slot sal wees.
“Ons wil nie te veel sê oor spelers in die koerante nie, maar almal kan sien dat Snyman goeie rugby speel. Hy dra die bal en is effektief by die afbreekpunte. Sy bal dra vermoë is net so goed, hy doen wat ‘n slot moet doen in die los-en vaste fasette van die spel.”

Vroeër vanjaar was Snyman se afrigter by die Bulls, John Mitchell, vol lof vir die slot, “ek dink beslis hy het daardie X-faktor wat ‘n mens deesdae soek in ‘n slot. Hy hou die opponente aan die raai met sy lynbreke en is eintlik ‘n ekstra losvoorspeler wat jy enige tyd kan inspan.”
Snyman het in 2017 vir die Honda Heat-span in Japan gespeel. Die oud-Affie het in 2013 vir die SA skolespan, in 2015 vir die SA Onder 20-span en in 2016 vir SA “A” uitgedraf. In 2016 was hy deel van die Springbok XV-tal.

Nkosi, ‘n Laevelder van geboorte, het aanvanklik draaie by die Pumas (2012), Lions (2013-14) en van 2015 af by die Sharks gemaak. In 2016 was hy deel van die SA Onder 20-span.
Dyantyi is ‘n boorling van Oos Londen en het in 2016 en 2017 vir die Universiteit van Johannesburg (UJ) in die Varsitybeker-reeks gespeel. Hy is later deur die Lions opgeneem in die Curriebeker-span en speel sedertdien sy rugby daar.

Related Posts

« »