Regent Boland Kavaliers team announced to play against EP Kings 17 Aug 2012

Aug 15 • National, South Africa • 3322 Views • Comments Off on Regent Boland Kavaliers team announced to play against EP Kings 17 Aug 2012

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Pumas u16 vs Boland u16 at Grant Khomo Week 2012

Pumas u16 vs Boland u16 at Grant Khomo Week 2012

Beserings aan verskeie sleutelspelers, veral op losskakel, het Boland se afrigtingspan genoop om hul span te verander vir Vrydag se wedstryd teen die O.P. Kings. Die goeie nuus is egter die terugkeer van twee veterane, met Bolla Conradie en Clemen Lewis wat vanaf die plaasvervangersbank sal diens doen.

Beide Boland se eerste-en tweede keuse losskakels is tans op die krukkelys. Elgar Watts word nog gemonitor vir ‘n bobeen-besering en sal nie vir die naweek se wedstryd oorweeg word nie, terwyl Ricardo Croy las het van ‘n knie-besering. Die veelsydige Jacquin Jansen sal in die nommer 10-trui diens doen.

Na 3-weke op die kantlyn weens harsingskudding, maak Boland se gereelde kaptein Bolla Conradie sy terugkeer tot die span. Hy sal onder die reserwes tel, saam met die vurige haker Clemen Lewis, wat ook sy terugkeer maak na ‘n kniebesering hom van die speelveld af gehou het.

‘n Interessante skuif is dié van Boland se haker die afgelope klomp weke, Ashton Constant, wat op loskopstut sal uitdraf. Vir Constant, wat tans ‘n skitterende seisoen beleef, is dié posisie egter nie vreemd nie. Sy plek in die middel van die skrum word ingeneem deur Madoda Yako.

Boland se span vir Vrydag (vs die Oostelike-Provinsie):

15. Eric Zana
14. Cornal Hendricks
13. Jonathan Francke
12. Siviwe Magaba
11. Brendon April
10. Jacquin Jansen
9. Neil Papier
8. Alwyn Bester
7. PJ van Zyl
6. Franzel September (K)
5. Nolan Clark
4. Lungelo Payi
3. Pierre Hanekom
2. Madoda Yako
1. Ashton Constant

RESERWES
16. Rossouw Kruger
17. Clemen Lewis
18. Milroy Isaacs
19. Jerry Sefoko
20. Bolla Conradie
21. Adnaan Oesman
22. Senan van der Merwe

Related Posts

« »