Rugbyweek is teelaarde vir môre se helde

Feb 25 • Craven Week, General News • 2034 Views • Comments Off on Rugbyweek is teelaarde vir môre se helde

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Dit het alles op laerskoolvlak begin: Rugbyspelers soos onder andere Danie Rossouw, Duane Vermeulen, Werner Kok en Marnitz Boshoff, wat as tjokkertjies vir die eerste keer hul stewels aangetrek het…

Vanjaar mag daar dalk wéér ‘n paar legendes opgelewer word by die Coca-Cola o/13 Cravenweek wat deur die Mpumalanga Rugby-unie (MRU) aangebied word.

Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) het onlangs die gasheerskool, Hoërskool Rob Ferreira besoek om reëlings te tref.

Die MRU se besturende direkteur, Pieter Burger het na afloop van die vergadering gesê dat die unie besef dat die geografiese ligging dit dalk nie so maklik vir die betrokke unies maak nie, maar dat die omgewing ongelooflik baie het om te bied.

“Ons is verskriklik bly om die Coca-Cola o/13 Cravenweek aan te bied.

Die plaaslike bestuurskomitee het tot dusver ‘n fantastiese werk gedoen en het werlik ‘n passie vir die sport.

Dit gaan sowaar ‘n onvergeetelike week wees. Dié toernooi is die begin van groot dinge en Saru kan nie anders as om toernooie soos dié een hier te wil aanbied nie.”

Die week vind van 28 Junie tot 3 Julie plaas.

Artikle: Carli Koch

Related Posts

« »