SAL ONS SUPERRUGBY SUKSES SMAAK? #PaleToe

Feb 26 • General News, Pale Toe, Super Rugby • 1479 Views • Comments Off on SAL ONS SUPERRUGBY SUKSES SMAAK? #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert van #PaleToe trek die vergrootglas nader vir die begin van 2016 se Superrugby, in ‘n ongekende toernooiformaat van ‘n bekende kompetisie.

 

Die Superrugby-reeks, wat vanjaar uitbrei na 18 spanne, is uiteindelik hier.

Dit gaan fyn beplanning kos om jou kyktyd rondom 135 wedstryde te beplan en hierdie naweek skop af met nie minder nie as nege wedstryde.

Vrydag-oggend het reeds vir sy eerste verassing gesorg toe die verdedigende kampioene, die Highlanders vasgeval het teen die Auckland Blues, 31-33 en Saterdag-oggend speel die eerste Asiatiese span, die Japannese Sunwolves teen die Currybeker kampioenspan, die Lions in Tokio.

Die leunstoelkenners meen dat die Japannese en die Kings om die toernooi se houtlepel gaan kompeteer, maar Andy Marinos, Hoof Uitvoerende Beampte van Sanzaar (nou met die ekstra “a” vir Argenitnië) meen daar is onnodige negatiwiteit oor die kompetisie.

“Soos met alle vorms van vernadering, is daar weerstand daarteen en Superrugby is nie uitgesluit nie.

“Ons verwag dat ondersteuners, soos wat die kompeitisie momentum kry, meer positief gaan raak oor die vooruitsigte.

“As ‘n span wil goed doen en die uitspeelrondtes wil haal, moet hulle sorg dat hulle bo-aan die log van die konferensie eindig. Dis so eenvoudig.

“As ons sien dat die kompetisie uitrafel vir spanne soos die Kings en die Sunwolves, sal ons ‘n besigheidsbesluit oor die formaat van die kompetisie neem. Hierdie vernaderings wat ons nou sien, is reeds in 2013 bespreek en beplan. Dit gaan tyd neem om gewoond te raak aan die vernadering, die puntestelsel en die die nuwe spanne, maar dis lekker om die Argentyne en Japannese vir die eerste keer hier te sien en dan natuurlik is dit die Kings se terugkeer tot Superrugby.”

Suid Afrika se trofeekanse, soos die kenners meen, is maar flouerig.

Die grootste hoop lê by die Stormers, maar die Lions en Sharks kan ook goed doen. Die Bulls, wat driemalige kampioene van die toernooi se voorlopers was, se kanse lyk volgens die kenners maar skraal.

Dan kom die feit dat ons moet reis ook ter sprake.

Die Bulls, Cheetahs en Stormers speel teen Australiese spanne. Die Lions, Sharks en Kings speel teen die wêreldkampioen, Nieu Seeland en die geskiedenis bewys dat ons klippe kou teen die Kiwis, veral in Nieu Seeland.

Die Nieu Seelanders domineer Superrugby sedert 1996 en hulle het 13 van die moontlike 20 titels reeds gewen. Almal weet hoe goed hulle op hul tuisvelde speel.

Maar net soos wat die Nieu Seelanders moed sal skep na die Wêreldbeker-sege van verlede jaar, sal die Aussies stert in die lug wees teen die Suid Afrikaanse spanne.

Beide die Lions en die Sharks het goed vertoon in onderskeidelik die Curriebeker kompetisie en die voorseisoen van vanjaar se Superrugby kompetisie.

Daar is groot verwagting dat die Lions die top posisie van die Suid Afrikaanse spanne sal inneem.

Die Sharks, daarenteen het goed vertoon teen die span van Toulouse en dit lyk asof hulle die spoke van verlede jaar se swak afbreekwerk en hopelose verdediging aangespreek het. Nie alleen skuld hulle ‘n beter vertoning aan hul ondersteuners nie, maar dit is ook tyd dat hulle die gerugte van onderstromings waarby John Smiten Gary Gold en die spelers by betrokke is, die nek inslaan.

Superrugby se eerste naweek sluit op toepaslike wyse af met die tradisionele noord-suid derby, as die Bulls en die Stormers slaag is op Nuweland.

Die Stormers onder leiding van Robbie Fleck het stilweg voorberei en hulle het die voordeel daarvan dat hule die minste hoef te reis vir hul wedstryde. Dit mag hul kanse op die uitspeelwedstryde verbeter aangesien hulle, soos die Bulls nie teen Nieu Seelandse spanne speel nie.

Wat nie uit die oog verloor moet word nie, is dat hulle met die beste spanne van Australië gaan meeding. Die Brumbies en Waratahs gaan beslis nie bes gee nie, al is dit op Nuweland.

Die Bulls vaar vanjaar in onbekende waters, maar afrigter Nollis Marais meen dat sy span die “verassiningspakkie” van die toernooi gaan word.

Alhoewel hy vandeesweek 9 Springbokke inspan teen die Stormers, weet hy dat hy met onrevarendheid te doen het en dat hy Saterdag teen die konferensiewenner van 2015 uitdraf om sy aanslag te begin. Die Bulls het ‘n paar gedugte aankope gemaak vir hierdie seisoen: Lizo Gqoboka van die Kings, Nick de Jager van Saracens, Freddy Ngoza en Francois Brummer van die Cheethas en Luther Obi van die Kings sal graag wil bewys hul was die bedrag op die Blou tjekkies werd.

Johann Ackerman en Swys de Bruyn van die Lions se boodskap aan sy spelers is niks anders as wat dit was die afgelope paar jaar nie: speel vir mrkaar en die Lions se trots.

Die Cheetahs wil weer opgewondenheid en entoesiasme terugbring Vrystaat-toe en hul afrigter Franco Smit meen dat die span weer hardlooprugby gaan uitsal. Hul realistiese verwagting is om goed te doen in die Afrika konferensie, maar min hoop bestaan vir sukses vir die uitspeelrondtes.

 

 

  • Kyk uit vir:

Die eerste noord-suid derby tussen die Bulls en Sormers Saterdag-middag

Die stryd tussen Juan de Jongh en Jesse Kriel

Die reëlveranderings wat driedruk gaan beloon:

Die vier drieë-bonuspunt stelsel word vervang met ‘n stelsel wat ‘n bonuspunt verseker as die wenspan met drie of meer drieë wen. Die sewe-punte-verloor-stelsel bly in plek, wat een bonuspunt beteken as die verloorspan met 7 of minder punte verloor.

 

Vir ons plaaslik spanne lyk die openingsrondte só:

Cheetahs v Jaguares: Vrydag 18:30

Sunwolves v Lions: Saterdag 05:45

Kings v Sharks: Saterdag 14:55

Stormers v Bulls: Saterdag 16:55

Related Posts

« »