SÓ WEN JY DIE ALL BLACKS

Oct 4 • General News, International, National, New Zealand, Pale Toe, Rugby Championship News, South Africa, South Africa, Springbok News, Springboks, The Rugby Championship • 2537 Views • Comments Off on SÓ WEN JY DIE ALL BLACKS

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert-Pretoria

KAN DIE SPRINGBOKKE WEER MAAK SOOS IN WELLINGTON, NIEU SEELAND EN DIE ALL BLACKS KLOP? FOTO: SA RUGBY/www.rugbyfifteen.co.za

KAN DIE SPRINGBOKKE WEER MAAK SOOS IN WELLINGTON, NIEU SEELAND EN DIE ALL BLACKS KLOP? FOTO: SA RUGBY/RUGBYFIFTEEN

 

 

 

 

 

 

 

 

 

“So wen jy die All Blacks,” sê Jake White, voormalige Springbokafrigter.
En hy kan praat uit ondervinding; die nasionale span het die Wêreldbeker in 2007 onder sy leiding gewen het.
“Ons het 36 punte teen die All Blacks aangeteken sonder die bal, en ons moet onsself nie laat flous om te dink dat ons nou van oraloor moet begin hardloop nie, want dis nie hoe jy 36 punte teen Nieu Seeland aanteken nie.”

Volgens White, bevoordeel die toepassing van die reëls die verdedigende span, en die Bokke is besig om dit te leer en uit te buit, “kyk na wat met Australië verlede naweek gebeur het.”
“Die Australiërs het multifasig rugby probeer speel en verloor. Jy kan nie hoërisiko-rugby vanaf jou doellyn begin nie, jy gaan moeilikheid kry en dis wat binne die eerste minuut met hulle gebeur het in Port Elizabeth.”
White sê dis ironies dat die Springbokke nou die All Blacks met hul eie medisyne troef. Nieu Seeland is ʼn harde, aanvallende span, maar die meeste van hul aanval is gebou uit verdediging en teenaanval.
“Op verdediging is Suid Afrika moeilik om te stuit, en mense sê die Bokke word gereken as die beste span as dit kom by aggressiewe, georganiseerde verdediging.
“Ons het die All Blacks, Wallabies en Engeland vanjaar geklop, omdat ons reg verdedig het. Die Bokke was 24-0 agter teen Engeland en 12-0 teen die All Blacks en ons het ons weg na ʼn oorwinning begin met goeie verdediging.”

White meen dat te veel spanne ʼn val-aan-ten-alle-koste plan het en het die Argentyne as voorbeeld uitgesonder,” die Pumas hardloop vanuit hul eie doelgebied terwyl hul skrum agteruit beweeg het, hul skrum- en lynstaanwerk teen die All Blacks was van die slegste wat ek nog op Toetsvlakke gesien het.”
“Om verdediging in aanval om te sit is die skouspel deesdae, en daardie aspek van die spel is in ons DNA, verdediging eerste is hoe ons altyd gespeel het,” het White in sy kolom op alloutrugby.com gesê.

Intussen het Rassie Erasmus die span wat Saterdag teen die All Blacks op Loftus Versveld speel, bekendgemaak.

Die span is:

15. Willie le Roux (Wasps, Engeland)
14. Cheslin Kolbe (Toulouse, Frankryk)
13. Jesse Kriel (Vodacom Bulls)
12. Damian de Allende (DHL Stormers)
11. Aphiwe Dyantyi (Emirates Lions)
10. Handré Pollard (Vodacom Bulls)
9. Faf de Klerk (Sale Sharks, Engeland)
8. Francois Louw (Bath, Engeland)
7. Pieter-Steph du Toit (DHL Stormers)
6. Siya Kolisi (kaptein, DHL Stormers)
5. Franco Mostert (Emirates Lions)
4. Eben Etzebeth (DHL Stormers)
3. Frans Malherbe (DHL Stormers)
2. Malcolm Marx (Emirates Lions)
1. Steven Kitshoff (DHL Stormers)
Plaasvervangersbank:
16. Bongi Mbonambi (DHL Stormers)
17. Tendai Mtawarira (DHL Stormers)
18. Vincent Koch (Saracens, Engeland)
19. RG Snyman (Vodacom Bulls)
20. Sikhumbuzo Notshe (DHL Stormers)
21. Embrose Papier (Vodacom Bulls)
22. Elton Jantjies (Emirates Lions)
23. Damian Willemse (DHL Stormers)

Related Posts

« »