SPRINGBOKKE: DIS WEER SEPTEMBER MAAND

Sep 14 • General News, International, New Zealand, Pale Toe, Rugby Championship News, South Africa, South Africa, Springbok News, Springboks, The Rugby Championship • 2579 Views • Comments Off on SPRINGBOKKE: DIS WEER SEPTEMBER MAAND

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

 

Die Springbokke speel Saterdag in Wellington, NZ in hul eerste Toets vanjaar teen die All Blacks in die Rugbykampioenskapsreeks. Foto: SARU

Die Springbokke speel Saterdag in Wellington, NZ in hul eerste Toets vanjaar teen die All Blacks in die Rugbykampioenskapsreeks. Foto: SARU

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

-Simon Riekert: Johannesburg

Dis weer September en die enigste rede waarom ek dit noem, is omdat die Springbokke in September 2017 in North Harbour, Nieu Seeland teen die All Blacks verloor het.

Dit was in ʼn Rugbykampioenskapswedstryd en die afrigter was toe Allister Coetzee. Eben Etzebeth was die kaptein. Nigel Owens was die skeidsregter.
Die telling? 57-0.
Dit was die grootste loesing ooit in die 111-jarige geskiedenis van die eens trotse Springbokspan.
Daar was agt drieë gedruk deur die All Blacks. Geen punte is aangeteken deur die Springbokke nie, niks, nul, nada.

Kort daarna het die kaartehuis van SARU inmekaar gestort, Allister Coetzee is in Februarie 2018 afgedank en vervang met Rassie Erasmus.

Intussen bly daar net ses Toetse oor voor die einde van 2018, na Saterdag se Toets in Wellington, Nieu Seeland.

Soos wat daar wyd bespiegel is, is die Toets, Saterdag teen die gevreesde All Blacks, ook Erasmus se toets van die diepte van sy span.
Toetse tussen die All Blacks en die Springbokke was tradisioneel die hoogtepunt van menige rugbyliefhebber se verwagting. Maar met uitlatings soos dat sy werk in gedrang is en dat die Bokke nie fokus op enkele wedstryde op pad na die Wêreldbeker nie, is die lekker lank reeds verlore.
Erasmus en Matthew Proudfoot is die afgelope week aangehaal dat transformasie en voorbereiding op die Wêreldbeker in 2019, eerder nou aandag kry as die individuele wedstryde wat gewen word.
Te midde hiervan, het die All Blacks ook hul visier laer gestel vir ʼn Springbokwedstryd: kaptein Kieran Reid meen dat die verwagting om op te daag en te wen by elke Toets altyd daar sal wees, maar op die vooraand van die Toets teen die Bokke meen Reid dat dit nie net nog ʼn wedstryd sal wees nie.

Die realiteit is egter dat ʼn Toets tussen die twee lande nie meer die wedstryd is nie. Daardie eer het die Springbokke ontval en rus nou eerder by Australië.

Saterdag-oggend (SA-tyd) wag die eerste Toets van twee in vanjaar se Rugbykampioenskap op die twee spanne, kan ek byna sê “voormalige aartsvyande?”

Om te sê die Springbokke is rug teen die muur, is ʼn grap.
Om te sê dat die uitslag bepalend gaan wees vir die Springbokspan, is ʼn verder grap.
Om te sê dat Erasmus en sy afrigtingspan hul werk gaan verloor na ʼn verwagte verloor, is naïef; met wie word hulle vervang bykans ʼn jaar voor die volgende Wêreldbeker?
Om te sê dat ons as rugbyliefhebbers teleurgesteld is, is debatteerbaar.

Maar ‘n feit is, weereens het SARU en die Bokafrigter daarin geslaag om rugby se grootste ondersteuningsbasis te vervreem, deur besluite te neem wat nie na die ondersteuners toe gekommunikeer is nie.

Dis weer September.
Mag ons dit gespaar bly dat die grootste loesing nog teen die All Blacks nie weer op ʼn koel Saterdagoggend, in 2018 gebeur nie.

Afskoptyd is 09:35 SA-tyd.
Die skeidsregter is Nigel Owens (Wallis).

Spanne:
Springbokke
15. Willie le Roux (Wasps, Engeland),14. Jesse Kriel (Vodacom Bulls) 13. Lukhanyo Am (Cell C Sharks), 12. Damian de Allende (DHL Stormers),11. Aphiwe Dyantyi (Emirates Lions), 10. Handré Pollard (Vodacom Bulls), 9. Faf de Klerk (Sale Sharks, Engeland),8. Warren Whiteley (Emirates Lions), 7. Pieter-Steph du Toit (DHL Stormers),6. Siya Kolisi (captain, DHL Stormers),5. Franco Mostert (Gloucester, Engeland),4. Eben Etzebeth (DHL Stormers),3. Frans Malherbe (DHL Stormers),2. Malcolm Marx (Emirates Lions),1. Steven Kitshoff (DHL Stormers), 30, 5 – 1t
Plaasvervangers:
16. Bongi Mbonambi (DHL Stormers),17. Tendai Mtawarira (Cell C Sharks),18. Wilco Louw (DHL Stormers),19. RG Snyman (Vodacom Bulls),20. Francois Louw (Bath, Engeland),21. Ross Cronjé (Emirates Lions),22. Elton Jantjies (Emirates Lions), 23 Cheslin Kolbe (Toulouse, Frankryk)
All Blacks:
15-Jordie Barrett, 14-Ben Smith, 13-Anton Lienert-Brown, 12-Ryan Crotty, 11-Rieko Ioane, 10-Beauden Barrett, 9-Aaron Smith, 8-Kieran Read (captain), 7-Sam Cane, 6-Liam Squire, 5-Scott Barrett, 4-Sam Whitelock, 3-Owen Franks, 2-Codie Taylor, 1-Karl Tu’inukuafe.
Plaasvervangers: 16-Liam Coltman, 17-Tim Perry, 18-Ofa Tuungafasi, 19-Patrick Tuipulotu, 20-Ardie Savea, 21-TJ Perenara, 22-Jack Goodhue, 23-Damian McKenzie.

Related Posts

« »