SPRINGBOKNUUS: RASSIE KIES OUTOPPIES EN NUWELINGE

May 26 • General News, National, Other Tournaments, Pale Toe, Rugby Championship News, South Africa, South Africa, Springbok News, Springboks, Super Rugby, The Rugby Championship • 6901 Views • Comments Off on SPRINGBOKNUUS: RASSIE KIES OUTOPPIES EN NUWELINGE

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Warrick Gelant, kookwater heelagter van die Bulls is onder andere een van die agterspelers wat ingesluit is in Rassie Erasmus se uitgebreide Bokgroep (Foto: Lee Warren/Gallo Images)

Warrick Gelant, kookwater heelagter van die Bulls is onder andere een van die agterspelers wat ingesluit is in Rassie Erasmus se uitgebreide Bokgroep (Foto: Lee Warren/Gallo Images)

Simon Riekert-Johannesburg

Rassie Erasmus, die SA Rugby se Direkteur van Rugby, het 17 nuwelinge ingesluit in die groep van 43 vir volgende maand se Toetse teen Wallis in die VSA en en die Castle Lager Inkomende Reeks, tuis teen Engeland.
Die Bokgroep bevat ‘n mengsel van gesoutes en nuwe talent wat goed gedoen het in die Vodacom Super Rugbyreeks en die Guinness PRO14. Die groep bestaan uit 24 –stuk voorspelers en 19 agterspelers. Saam het almal reeds 627 Toetse gespeel.

Die 17 groentjies is Ox Nche , Thomas du Toit, Akker van der Merwe, RG Snyman, Marvin Orie, Jason Jenkins, Sikhumbuzo Notshe, Kwagga Smith, Ivan van Zyl, Embrose Papier, Cameron Wright, Robert du Preez, Andre Esterhuizen, Sibusiso Nkosi, Aphiwe Dyantyi, Makazole Mapimpi and Travis Ismaiel.

Bismarck du Plessis (haker), Duane Vermeulen (agsteman), Faf de Klerk (skrumskakel), Frans Steyn (senter) and Willie le Roux (heelagter), wie hul rugby oorsee speel, is ook nader getrek.
Die groep trek Maandag in Johannesburg saam vir hul eerste voorbereidings vir die Walliese Toets.
“Die afrigtingspersoneel het ‘n groot taak om die spelers gereed te kry vir die Toetse, maar hulle het reeds baie te wete gekom van die spelers gedurende die drie kampe.

Ons weet Wallis gaan ‘n taai neet wees, maar die spelers weet wat ons van hulle verwag om gereed te wees vir die VSA-Toets en dan die Engelse wat hier kom toer,” het Erasmus gesê.

Die groep lyk só:

VOORSPELERS (24)

Nizaam Carr (losvoorspeler, DHL Stormers)
Bismarck du Plessis (haker, Montpellier, Frankryk)
Dan du Preez (losvoorspeler, Cell C Sharks)
Jean-Luc du Preez (losvoorspler, Cell C Sharks)
Pieter-Steph du Toit (slot, DHL Stormers)
Thomas du Toit (stut, Cell C Sharks)
Jason Jenkins (slot, Vodacom Bulls)
Steven Kitshoff (stut, DHL Stormers)
Siya Kolisi (losvoorspeler, DHL Stormers)
Wilco Louw (stut, DHL Stormers)
Frans Malherbe (stut, DHL Stormers)
Bongi Mbonambi (haker, DHL Stormers)
Oupa Mohojé (losvoorspeler, Toyota Cheetahs 18, 0)
Franco Mostert (slot, Emirates Lions)
Tendai Mtawarira (stut, Cell C Sharks)
Ox Nche (stut, Toyota Cheetahs)
Sikhumbuzo Notshe (losvoorspeler, DHL Stormers)
Trevor Nyakane (stut, Vodacom Bulls)
Marvin Orie (slot, Emirates Lions)
Chiliboy Ralepelle (haker, Cell C Sharks)
Kwagga Smith (losvoorspeler, Emirates Lions)
RG Snyman (slot, Vodacom Bulls)
Akker van der Merwe (haker, Cell C Sharks)
Duane Vermeulen (losvoorspeler, Toulon, Frankryk)

AGTERSPELERS (19):

Lukhanyo Am (senter, Cell C Sharks)
Curwin Bosch (agterspeler Cell C Sharks)
Damian de Allende (senter, DHL Stormers)
Faf de Klerk (skrumskakel, Sale Sharks, England)
Robert du Preez (losskakel, Cell C Sharks)
Aphiwe Dyantyi (vleuel, Emirates Lions)
André Esterhuizen (senter, Cell C Sharks)
Warrick Gelant (heelagter, Vodacom Bulls)
Travis Ismaiel (vleuel, Vodacom Bulls)
Elton Jantjies (losskakel, Emirates Lions)
Jesse Kriel (senter, Vodacom Bulls)
Willie le Roux (heelagter, Wasps, Engeland)
Makazole Mapimpi (vleuel, Cell C Sharks)
Sibusiso Nkosi (vleuel, Cell C Sharks)
Embrose Papier (skrumskakel, Vodacom Bulls)
Handré Pollard (losskakel, Vodacom Bulls)
Frans Steyn (agterspeler, Montpellier, Frankryk)
Ivan van Zyl (skrumskakel, Vodacom Bulls)
Cameron Wright (skrumskakel, Cell C Sharks)

Related Posts

« »