Steval Pumas span om teen die Cheetahs te speel

May 25 • General News • 1304 Views • Comments Off on Steval Pumas span om teen die Cheetahs te speel

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Persverklaring:

Wedstryd: Toyota FS Cheetahs vs Steval Pumas

Plek: Bloemfontein

Datum: 27 Mei 2016

Afskop: 15:00

 

Die Steval Pumas sal die week na die “Rosestad” reis vir hulle agste Interprovinsiale Kwalifiserende rondte teen die Toyota FS Cheetahs. MJ Mentz, die hoofbreier van die Laeveldsespan het vanmiddag sy 22-tal aangekondig.

 

Daar is twee gedwonge veranderinge gemaak met die stut Marné Coetzee en die baljagter, Marnus Schoeman wat in verlede naweek se stryd teen die WP beseer is. Goeie nuus is egter dat Brian Shabangu weer sy terugkeer maak. Shabangu het die laaste paar weke klubrugby gespeel om sy wedstrydfiksheid op te skerp en is slaggereed vir die stryd.

 

“Die Vrystaters is ‘n begeesterde en jong span wat die bal hard dra. Dit opsigself plaas baie druk op ons, en ons word gedwing om met die regte gesindheid 15:00 Vrydagmiddag in Bloemfontein op die veld te draf. Ons moet eenvoudig net die nodige ligapunte terug bring Nelspruit toe. Daar is hard gewerk hierdie week aan die kwelpunte wat ons as afrigtingspan uitgewys het, maar ons sien beslis uit na die kragmeting in Bloemfontein,” noem Mentz.

 

Die Steval Pumas:

15 Heinrich Steyl

14 Bernado Botha

13 Hoffmann Maritz

12 Hennie Skorbinski

11 Marcello Sampson

10 Justin van Staden

9 Emile Temperman – in vir Reynier van Rooyen

8 Carel Greeff – in vir Lambert Groenewald (skuif weer flank toe)

7 Lambert Groenewald – in vir Nardus van der Walt (skuif net na die anderkant van die skrum)

6 Nardus van der Walt – in vir Marnus Schoeman (gedwonge verandering met sy kuitbesering)

5 Hugo Kloppers ©

4 Stephan Greeff

3 De-Jay Terblanche – in vir Marné Coetzee (gedwonge verandering met sy knie besering)

2 Francois du Toit

1 Khwezi Mona– in vir De-Jay Terblanche

Replacements:

16 Frank Herne

17 Jacques Kotzé

18 Jannie Stander

19 Brian Shabangu – in vir Carel Greeff (skuif terug na die begin 15-tal)

20 Reynir van Rooyen – in vir Emile Temperman

21 Marlou van Niekerk

22 Tyler Fisher

 

Related Posts

« »