STORMAGTIGE TYE IN 2016 SE RUGBYLAND ?

Jan 29 • General News, International, Pale Toe, South Africa, Springboks, Super Rugby • 3024 Views • Comments Off on STORMAGTIGE TYE IN 2016 SE RUGBYLAND ?

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert van #Pale toe! skryf:

So hier met die begin van die nuwe jaar is groet tyd seker in orde? Vrede en vreugde vir jou in die komende rugby jaar. Mag jou span wen, en as hulle nie wen nie, mag hulle jou rugby hart baie bly maak.

Sonder om te veel te verwys na verlede jaar se Wêreldbeker babelas, het SA Rugby dit goed gedink om nie in 2015 Kersgeskenke uit te deel nie. Die Springbokke het nou nog nie ‘n afrigter nie, nadat Heyneke Meyer homself die vernedering van SARU se loopplank gespaar het en voortydig bedank het.

Allister Coetzee sal vergewe word as hy nooit weer koerant lees nie, want kort voor Kersfees is hy deur selfs van die senior rugbyskrywers, as die nuwe Bok afrigter gedoop, net om te hoor dat SA Rugby “nog nie besluit het oor die aanstelling van die hoofafrigter nie.”

Coetzee se konserwatiewe aanslag, wat hom die gramskap van ondersteuners gehaal het by die WP, het blykbaar deur gesuurdeeg na die ringkoppe van SA Rugby en Hoskins is wyd aangehaal dat hy “verbaas was oor koerantopskrifte” op pad na SARU se vergadering toe, mid-Desember. Intussen is Coetzee ook, soos John Mitchell, landuit.

Coetzee is nou by die Kobe Steel Kobelco Steelers en Mitchell, oor wie sommige skinder as ‘n “huursoldaat”, is nou in Amerika. Die storie loop by supersport.com dat hy, volgens hulle, weer terug sal wees by sy Japannese span, maar nou het Coetzee dit ontken. Hy sê ook dat hy nie uit die Springbok wedloop onttrek het nie: “ek het een werkgewer, en dit is Kobe by wie ek gekontrakteer is. Die Suid Afrikaanse Rugby Unie het my nie ‘n pos aangebied nie.

“Ek is nie bewus van ‘n kortlys vir die Bok pos nie en ek kan myself nie aanstel nie.

“Wat moet ek sê? Dat ek nie teruggaan nie my werk toe nie?

“Die vraag wat aan my gevra was (deur supersport.com)- en wat in die media gerapporteer is- was verdraai. Dit skep die indruk dat ek nie geïnteresseerd is in die Bok pos nie. Ek kan nie help as om die agenda te bevraagteken nie.”

Beloftes dat die Bok afrigter se naam voor vanjaar se Paastyd kom, doen lank reeds die rondte en dit laat ‘n mens kopkrap oor die beplanning van SARU, of eerder die gebrek daaraan. Intussen is Oregan Hoskins besig om vure dood te slaan oor Jurie Roux se beweerde geld debakel. Dis duidelik dat SARU se bestuur weer stewig onder die skoot sal kom, en tereg ook so. Daar is geen rede waarom SA Rugby nie reg bestuur kan word nie. As die Engelse, Kiwi’s en Aussies dit kan regkry, hoekom nie hier nie?

Is daar geen druk voor die Iere hier is vir ‘n Toetsreeks in Junie nie?

Die mobi-eenheid (afrigters wat van plek-na plek gaan om uit te help) mag dalk ingespan word. Rassie Erasmus is die hoof van die eenheid met Pieter de Villiers (skrums), Jacques Nienaber (verdediging), Louis Koen (skopwerk) en Johann van Graan (voorspelers) wat uithelp.

Nollis Marais, Franco Smith, Johan Ackermann, Gary Gold, Robbie Fleck, Deon Davids. Hierdie is die manne wat ons stadions moet volhou eerskomende Super rugby-jaar.

Vier van die ses is Super rugby base vir die eerste keer. Slegs Ackermann loop die pad al vir drie seisoene, en Gold is vir die tweede jaar in beheer van die Sharks in Durban. Dus daar is slegs drie jaar ervaring tussen ses afrigters, afgesien van Gold en Smith se Europese werk en die ander se hulp afrigting.

Sommige “kenners” meen ons voorkeur oor plaaslike afrigters van “local is lekker” gaan ons broek-af vang vanjaar, veral na aanleiding van die Eddie Jones debakel by die WP. Gert Smal wou graag hê John Mitchell moes eerder die werk kry as Jones. Desnieteenstaande het Thelo Wakefield, President van die unie blykbaar beloof “ons gaan ‘n groot vis vang”, soos hy blykbaar by SARU President Oregan Hoskins gehoor het dat Allister Coetzee nie die raad se smaak dra as Bok afrigter nie.

Nou sit die WP met Robbie Fleck as hoofafrigter. Fleck het lank diens gedoen as hulp afrigter by die unie en sy resultate was maar so-so onder leiding van Coetzee en saam met Matthew Proudfoot kon die unie met van die land se mees talentvolle spelers, nog geen sukses behaal nie.

Die driemanskap was slegs goed genoeg om die Stormers in ses jaar se tyd na die uitspeelwedstryde te neem. Daar het hulle slegs een uit vyf wedstryde gewen, wat ‘n jammerlike vertoning vir Suid Afrika weerspieel.

Verlede jaar in Augustus is Coetzee en Proudfoot vort na die Japannese klub, Kobelco Steelers. Fleck, deel van die senior afrigting span is ook deur Wakefield-hulle gepos na die WP O21’s. Intussen is nog Jones, nog Mitchell aangestel by die Stormers.

Die voormalige Wallabie vleuel David Campese het ingeklim onder die nuwe Super rugby formaat. Die toernooi met 18 spanne het 135 geskeduleerde wedstryde voor die uistspeelrondtes.

“Verregaande. Hulle probeer iets doen wat nie lewensvatbaar is nie,” het hy aan plaentrugby.com gesê.

“Logisties gaan dit ‘n nagmerrie wees. As die Southern Kings en die Jaguares (Suid Amerika) saam met die Sunwolves van Japan ingesluit word, waarom word die Suid see eilande uitgesluit?

“Die twee plaaslike spanne wat eintlik soos klub spanne speel (Kings en Vrystaat) maak dit belaglik, maar geld praat seker die hardste.”

Related Posts

« »