SUPERRUGBY: DRIE DONDERSLAE IS JOU VOORLAND

Mar 26 • General News • 1002 Views • Comments Off on SUPERRUGBY: DRIE DONDERSLAE IS JOU VOORLAND

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Loftus Versveld

Soms, net soms klap die realiteit van die lewe hard.
Kliphard.
Soos wat met die Vodacom Bulls gebeur het verlede Saterdag op Fort Loftus, toe die Waikato Chiefs, die tuisspan met 56-20 geklop het.

Die verbasing oor die uitslag was ewe groot op die gesigte van die ondersteuners as wat dit op die hoofafrigter, Pote Human s’n was hier kort neffens die eindfluitjie geblaas het.
Eintlik het ʼn mens Pote jammer gekry, want sy spelers, volgens hom, was nog besig om te rus na die loslootjie van ʼn week gelede in plaas daarvan om die Chiefs te laat les opsê op die Bulls se heiligdom.

Afrigters kan net soveel doen, is daar al baie gesê oor wat in rugby (eintlik alle sport) gebeur. Die res is oorgelaat aan die spelers-die deelnemers aan die kompetisie, om ten minste op te daag.

Vanuit alle oorde was die loesing op Loftus aangeprys as ʼn wekroep vir die Blou span se ontwaking, wie in die eerste vier rondes van die toernooi weer tradisionele Bulls-wenrugby gespeel het.
Die Chiefs was egter voorbereid, begeesterd, honger en ondernemend en het die Bulls van hul voete af gespeel.
Dit was ook wat Chris Rossouw, agterlyn- en aanvalsafrigter van die Bulls gevoel het, “ kyk, as jy mooi kyk sal jy sien die Chiefs was op ʼn baie desperate posisie, so hulle sou vyf of ses wedstryde in ʼn ry verloor en hulle wou hierdie wedstryd meer gehad het as ons en hulle het baie goeie rugby gespeel, hulle het ons nie toegelaat nie.”

Die Chiefs was uitstekend met hul aanval en die uitvoering van goed deurdagte wedstrydplanne en het die beloning van hul entoesiasme ontvang: sewe drieë en 56 punte op Loftus.
Dit was ook ʼn geval van die Bulls se toegif tot hul ondergang, soos Pote Human na die tyd gemeld het, “ ons het nie opgedaag nie en die verskil in die telling is ʼn vernedering.”

Die gebrek aan die Bulls se ingesteldheid, akkuraatheid en skerp besluitneming, Saterdag is kommerwekkend.
Die span se oorgerustheid het ook te make met die drag slae wat die Nieu Seelanders, wie op ʼn drafstap was om ʼn stuk of ses wedstryde in ʼn ry te verloor, hier kom uitdeel het.
“ Ons is bitter teleurgesteld, duidelik het ons nie presteer soos wat ons moes nie, maar in so ʼn kompetisie gaan jy dae hê soos hierdie. Dit sal ons sterker maak,” glo Rossouw.
“Dis vroeg in die seisoen, hulle sê dat jy drie donderslae in die seisoen gaan hê, en hierdie was ons eerste. Daar was ʼn diep, ernstige gesprek van Pote na die wedstryd en Maandag-middag. Ons probeer op die proses fokus en die dinge wat ons moet verander om effektief te wees. Dit was nie nodig om in mekaar in te klim nie, ons doen dit op ʼn professionele manier.”

Eerskomende Saterdag wag die Sharks in die Haaitenk op die Pretorianers, om die minste te sê vir twee redes: om die nederlaag vroeër vandeesmaand op Loftus te wreek (37-14) en om na die Chiefs se sege oor die Bulls, die Pretorianers op die agtervoet te hou.

Die wete dat die paadjie vanaf die top van die Suid-Afrikaanse konferensie na die vierde plek bitter kort en skielik kom, mag dalk net die tweede donderslag wat dreig, afweer.

Die Bulls kondig hul span vir Saterdag, Woensdag aan.

-Simon Riekert

@Nader_pale_toe

Chris Rossouw aanvals-en agterlynafrigter van die Vodacom Bulls. 
Foto: @Nader_pale_toe 

Related Posts

« »