SUPERRUGBY HERVAT: WIE IS IN DIE PYLVAK?

Jun 29 • General News, National, Pale Toe, South Africa, South Africa, Super Rugby, Super Rugby Fixtures, Super Rugby Logs, Super Rugby News, Super Rugby Results • 1651 Views • Comments Off on SUPERRUGBY HERVAT: WIE IS IN DIE PYLVAK?

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Die gesogte SuperRugby-trofee ©Frans Lombard/ActionpixSA

Die gesogte SuperRugby-trofee ©Frans Lombard/ActionpixSA

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Simon Riekert- Centurion

Die terugkeer hierdie naweek na Superrugby 2018, voel amper soos ʼn antiklimaks na die Springbokke se verfrissende reeks-sege oor die Engelse.
En, verskoon my voorkeure, die ronnebôl wêreldkampioenskap wat tans in Rusland afspeel, het my nog nie naastenby opgewonde genoeg gemaak nie…

Seg my beter deel (ʼn eerste generasie Hollander, hier in Suid Afrika gebore), gisteraand toe ons na haar span se vertoning teen die einste eilandbewoners van Haar Majesteit teen die Hollanders se bure, die Belge sit en kyk; “ek kan verstaan dat iemand eendag die simpel balletjie opgetel het, gehardloop het daarmee en dit agter die doelhok gaan plant het.”
Wyse vrou. Sy hou van rugby. En bier.

Teen rustyd, (waarom hul rustyd nodig het, weet die ronnebôl-gode alleen), is ek lankal besig om vanoggend se SuperRugby-wedstryde te merk op my duur DSTV-dekodeerder.
En so breek ʼn heuglike Vrydag voor die naweek aan, en so ook die stuiptrekkings van vanjaar se rondomtalierondtes.

Ons spanne, al vier van hulle , is in aksie hierdie naweek, met die Bulls wie vroeg Woensdag reeds oos gevlieg het vir hul wedstryd teen die Sunwolves, Saterdag.
Die Stormers speel ook weg, hulle durf die Suid Amerikaners aan in Buenos Aires.

Die Bulls skop die plaaslike aksie af, Saterdag om 13:55 (SA-tyd) in die Singapoerse Nasionale Stadion, waar hulle sal wil regmaak aan die flater van 2017, toe hulle die eerste Suid Afrikaanse span geword het om teen die Sunwolves (in Tokio, Japan) te verloor, en dit met een punt.
Eweneens het die Bulls die kluts kwytgeraak hier kort voor vanjaar se Toetsbreek, met teleurstellende verliese teen die Brumbies en die Jaguares. Die Pretorianers is nou aan die onderpunt van die SA-punteleer en 12de op die algehele leer. Die uitslae help natuurlik glad nie om die uitspeelrondes te haal nie, maar geharde ondersteuners van die gewilde span sal jou gou vertel hoe John Mitchell en sy troepe die landskap in Kirknesstraat verander het tot dusver.

Gepraat van Mitch, hy het ʼn aansienlike groep Springbokke vir die wedstryd gekies, en Jamba Ulengo, agtsteman Hanro Liebenberg en die kookwater flank, Jannes Kirsten is terug na beserings.
Voorlangs is die Bulls ʼn gedugte span in vanjaar se kompetisie en dit sal ook nie anders wees Saterdag-middag nie; verwag dat Mitch die vaste fasette gaan gebruik om die bres te slaan teen ʼn moedige Sunwolves span wie oud-Bulls soos Gerhard van der Heever (heelagter), Grant Hattingh (reserwe slot) en Hencus van Wyk (voorry) insluit.

Springbok losskakel, Handre Pollard sal die span aanvoer in die afwesigheid van Burger Odendaal, wat weens ʼn kuitspier besering nie sal speel nie.

Sunwolves – 15 Gerhard van den Heever, 14 Semisi Masirewa, 13 Jason Emery, 12 Michael Little, 11 Akihito Yamada, 10 Hayden Parker, 9 Keisuke Uchida, 8 Yoshitaka Tokunaga, 7 Shunsuke Nunomaki, 6 Willie Britz (k), 5 Uwe Helu, 4 James Moore, 3 Takuma Asahara, 2 Jaba Bregvadze, 1 Craig Millar.
Bank: 16 Yusuke Niwai, 17 Shintaro Ishihara, 18 Hencus van Wyk, 19 Grant Hattingh, 20 Ahboni Warren Vosayaco, 21 Fumiaki Tanaka, 22 Rikiya Matsuda, 23 Ryoto Nakamura.

Bulls – 15 Warrick Gelant, 14 Jamba Lento, 13 Jesse Kriel, 12 Johnny Kotze, 11 Divan Rossouw, 10 Handré Pollard (k), 9 Embrose Papier, 8 Hanro Liebenberg, 7 Jannes Kirsten, 6 Marco van Staden, 5 RG Snyman, 4 Jason Jenkins, 3 Conraad van Vuuren, 2 Jaco Visagie, 1 Pierre Schoeman.
Bank: 16 Edgar Marutlulle, 17 Simphiwe Matanzima, 18 Morné Smith, 19 Thembelani Bholi, 20 Nic de Jager, 21 André Warner, 22 Manie Libbok, 23 Dries Swanepoel.

Later, Saterdag-middag (17:15), wag ’n liplekker plaaslike derby, met die Lions wat die Sharks in die Shark-tenk die stryd gaan aansê.
Die Lions was aan die wenkant kort voor die Toetse en sal die momentum wil behou vir Saterdag se belangrike wedstryd. Die Jaguares blaas in hul nekke met net ses punte agter hulle op die plaaslike punteleer.
Hulle is onoorwonne in hul laaste 21 derbies en het die laaste sewe keer teen die Sharks gewen.

Swys de Bruin glimlag reeds breed na sy terugkeer van Springbok-diens; sy staatmakers Malcolm Marx, Warren Whiteley en Courtnall Skosan is reg en fiks verklaar vir die wedstryd.
Daarenteen het die Sharks, soos die Bulls, kort voor die inkomende Toetsreekse, die kluts kwytgeraak; vyf oorwinnings en sewe verliese (een gelykop uitslag). Hierdie een is ‘’n moet-wen vir hulle om nog enigsins ‘’n aanspraak op die uitspeelrondes te maak.
Sharks- Thomas du Toit, Akker van der Merwe, Lukhanyo Am, S’bu Nkosi en Andre Esterhuizen is fikse Springbokke wie almal in Robert du Preez se span ingesluit is.
Sharks – 15 Curwin Bosch, 14 S’bu Nkosi, 13 Lukhanyo Am, 12 André Esterhuizen, 11 Makazole Mapimpi, 10 Robert du Preez, 9 Cameron Wright, 8 Daniel du Preez, 7 Jean-Luc du Preez, 6 Phillip van der Walt, 5 Ruan Botha (k), 4 Tyler Paul, 3 Thomas du Toit, 2 Akker van der Merwe, 1 Beast Mtawarira.
Bank: 16 Chiliboy Ralepelle, 17 Juan Schoeman, 18 Ross Geldenhuys, 19 Hyron Andrews, 20 Jacques Vermeulen, 21 Louis Schreuder, 22 Marius Louw, 23 Lwazi Mvovo.

Lions – 15 Andries Coetzee, 14 Ruan Combrinck, 13 Lionel Mapoe, 12 Harold Voster, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronjé, 8 Warren Whiteley (k), 7 Cyle Brink, 6 Kwagga Smith, 5 Franco Mostert, 4 Marvin Orie, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Dylan Smith.
Bank: 16 Corne Fourie, 17 Jacques van Rooyen, 18 Johannes Jonker, 19 Lourens Erasmus, 20 Hacjivah Dayimani, 21 Marnus Schoeman, 22 Nic Groom, 23 Courtnall Skosan.

Saterdag-aand (19:40 SA-tyd) durf die Stormers die Jaguares in Buenos Aires aan.

Die Jaguares is stert-in-die-lug na ses oorwinnings agtereenvolgens en lê tans sewende op die algehele punteleer, terwyl hulle net na die Lions op die plaaslike punteleer lê, maar gedagtig aan die Argentyne se bloedneuse teen die Walliesers en Skotte in die Junie-Toetse, is al die druk op hulle om hul SuperRugby-vorm gestand te doen.

Die Stormers se uitspeel kanse hang aan ʼn draadjie, ʼn baie dun een na hul drie nederlae voor die Toetse.

Robbie Fleck het sy sterkste span op die vliegtuig Suid-Amerika toe gestuur en met hernieude beserings aan sy staatmaker-slot, Eben Etzebeth, sal Fleck skietgebedjies opstuur dat Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff, Frans Malherbe en Wilco Louw hou.
Cobus Wiese en Jan de Klerk sak in die tweede ry en die lostrio word opgemaak uit Siya Kolisi, Peter-Steph du Toit en Sikhumbuzo Notshe.
Agterlangs is daar ervaring by Dewald Duvenhage, Jean-Luc du Plessis, Damien de Allende en JJ Engelbrecht.
Dillin Leyds is op heelagter gekies en Craig Barry en Raymond Rhule dek die flanke.

Alhoewel daar ʼn stewige stel Springbokke opdraf, moet die Stormers nog hul weg-wen-vodoo breek.

Jaguares – 15 Emiliano Boffelli, 14 Bautista Delguy, 13 Matias Orlando, 12 Jeronimo de la Fuente, 11 Ramiro Moyano, 10 Nicolas Sanchez, 9 Gonzalo Bertranou, 8 Javier Ortega Desio, 7 Tomas Lezana, 6 Pablo Matera (k), 5 Tomas Lavanini, 4 Guido Petti, 3 Nahuel Tetaz Chaparro, 2 Agustin Creevy, 1 Santiago Garcia Botta.
Bank: 16 Diego Fortuny, 17 Javier Diaz, 18 Santiago Medrano, 19 Matias Alemanno, 20 Juan Manuel Leguizamon, 21 Martin Landajo, 22 Joaquin Diaz Bonila, 23 Matias Moroni.

Stormers – 15 Dillyn Leyds, 14 Craig Barry, 13 JJ Engelbrecht, 12 Damian de Allende, 11 Raymond Rhule, 10 Jean-Luc du Plessis, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Sikhumbuzo Notshe, 7 Pieter-Steph du Toit, 6 Siya Kolisi (k), 5 Jan de Klerk, 4 Cobus Wiese, 3 Wilco Louw, 2 Bongi Mbonambi, 1 Steven Kitshoff.
Bank: 16 Ramone Samuels, 17 JC Janse van Rensburg, 18 Frans Malherbe, 19Salmaan Moerat, 20 Nizaam Carr, 21 Kobus van Dyk, 22 Justin Phillips, 23 EW Viljoen.

Related Posts

« »