SUPERRUGBY: LIONS IN DIE PYLVAK

Jul 16 • General News, National, Pale Toe, South Africa, Super Rugby, Super Rugby Fixtures, Super Rugby Logs, Super Rugby News, Super Rugby Results • 2061 Views • Comments Off on SUPERRUGBY: LIONS IN DIE PYLVAK

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Kwagga Smith van die Lions op sy gevaarlikste. Foto: Frans Lombard/ActionpixSA

Kwagga Smith van die Lions; met bal in die hand is hy op sy gevaarlikste. Foto: Frans Lombard/ActionpixSA

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Simon Riekert- Johannesburg

“Dis nou tyd vir besigheid, ons kurwe is opwaarts.”

So sê die kaptein van die Emirates Lions, Warren Whiteley na sy span se oorwinning oor die Vodacom Bulls verlede Saterdag; “dit is spesiaal om die tuis konferensie te kon wen, maar ons weet dat die harde werk nou eers voorlê”.

Die Lions het die derde agtereenvolgende keer deurgedring na die finale rondes van die Superrugby-kompetsie.

Verlede jaar was dit ʼn baie emosionele affêre toe Johan Ackermann, hul breier vir die laaste vier jaar, hul verlaat het vir ʼn afrigtingsjoppie in Gloucester.

“Ja, dit was baie emosioneel, veral op pad na die eindwedstryd toe, maar vanjaar is dit makliker, die werk is gedoen,” het Whiteley Saterdag gesê.

“Daar is nie baie wat jy nou kan doen nie, die harde werk is lank gelede gedoen, dit gaan nou om die klein dingetjies wat ons reg moet doen, dis krisis belangrik vir ons.”

Nadat die Bulls ʼn goeie 10 minute lank probeer het om die Lions se gô uit te hardloop (en in die proses twee drieë te druk, Libbok en Kriel), het dit ook die einde van die Jukskei-derby vir hulle beteken. Die Lions het die regte tipe druk begin toepas, maar hul wisselvallige balhantering het verhoed dat hulle meer punte aanteken.

In die vaste fasette was die Lions die Bulls een oor, wat uiteindelik ook na ʼn strafdrie vir die tuisspan gelei het.

Die Lions was ook in die losgemale onstuitbaar en hoofafrigter van die Bulls, John Mitchell het miskien die Johannesburgse span se toekomstige verwagtings reg opgesom: “ as jy na die twee spanne kyk wat beide kan skrum en beheer oor die losgemale het, dan is dit die Crusaders en Lions wat die meeste voordeel uit hierdie fasette van die spel trek.”

Kan die Lions dit al die pad na die eindronde maak?

Swys de Bruin, hoofafrigter van die Lions en sy kaptein glo so, al weet hulle dat die Jaguares wat eerskomende Saterdag die Lions se teëstanders sal wees in die kwarteindronde, geen verdere motivering op sukses nodig het nie.

Die Bulls het twee weke gelede egter gewys dat die Jaguares op die hoëveld, sukkel om hul vyfde rat te kry, toe feitlik dieselfde jong span die Suid-Amerikaners met nege punte op Loftus geklop het.
Die Jaguares weet egter hoe om hulle weg-wedstryde te wen, ses in ʼn ry voordat hulle die Bulls die stryd aangesê het.
Die Jaguares se algemene spel is ook anders as die meeste ander plaaslike spanne s’n: ʼn losskakel wat die spel op ‘n tiekie dikteer en aanvalle met snellers wat groot druk op verdediging plaas; “ons sal ʼn grootse poging moet aanwend op verdediging om hul effektiewe aanslae te keer,” was de Bruin se kommentaar hierop.

Mitchell, wie ook die Lions in 2011 en 2012 vir 32 wedstryde afgerig het, is ook bekommerd oor die Lions se verdediging, “die Crusaders is myns insiens die beste span op verdediging en as dit neerkom op ʼn eindstryd teen hulle en die Lions, sal die Lions hul verdediging moet opknap.”

Saterdag se taak vir die Lions is mooi uiteengesit; ʼn duidelike gevaarlike teëstander vol selfvertroue in die Jaguares, rotsvaste vaste fasette, rolmaal bewegings wat werk, blitsige agterlynspel en ʼn reuse spanpoging.

Doen hulle egter die basiese dinge reg en met ʼn partydige tuisskare op Emirates Airline Park as bondgenote, wink die eindstryd weer vir hulle in vanjaar se kompetisie.

Related Posts

« »