SUPERRUGBY: PLAASLIKE SPANNE SPOOK OF SPOOK DIT UIT

Mar 1 • General News, Pale Toe, South Africa, Super Rugby, Super Rugby Fixtures, Super Rugby News • 1755 Views • Comments Off on SUPERRUGBY: PLAASLIKE SPANNE SPOOK OF SPOOK DIT UIT

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
CL8A5900

Die tweede week van SuperRugby 2018 was vol verrassings, soos in die wedstryd op Loftus Versveld waar die Bulls die Hurricanes geklop het. © Ronel Cronje

-Centurion

Die SuperRugby kompetisie van 2018 is maar nog ʼn vulletjie, maar daar is reeds ʼn paar plaaslike en ander spanne wat hul stem begin dikmaak, vir die verkeerde en regte redes.

Die Lions en die Sharks het reeds ʼn week of wat gelede hul 2018-debuut gemaak, met die Lions wat vroegtydig waarsku dat hulle aangaan waar hulle in 2017 as finaliste opgehou het.

Verlede naweek was dit die Bulls en Stormers wat hul rekening geopen het, een met ʼn goeie wen en die ander met ʼn onnodige verloor. Die Sharks het ʼn loslootjie gehad.

Vandeesweek se wedstryde waarin ons eie spanne betrokke is, lyk so:

Die Crusaders, 2017 se verdedigende kampioene speel gasheer vir die Stormers in Christchurch. Stormers ondersteuners sal verlede naweek se ontydige verloor teen die Waratahs wil vergeet en hoop op ʼn verassing in Nieu Seeland.
Losskakel Damien Willemse het sy been beseer teen die Waratahs en Dillin Leyds sal sy veelsydigheid hier moet tentoonstel met die nommer 10 op sy rug.

Daar is nie meer ʼn roes-afslaap tyd in SuperRugby nie, het ʼn kollega vroeër vandeesweek getwiet en dit so, veral vir die Stormers se SuperRugby kanse vanjaar.
Verlede week se weggooi-wedstryd teen die Waratahs mag dalk net Saterdag-oggend (SA-tyd) ou spoke opjaag, veral met die loesing wat die Stormers teen die einste Crusaders verlede jaar (57-24) in Christchurch gekry het in die agterkoppe.

“Ons het niks om te verloor nie en sal die wedstryd met ʼn alles-of-niks benadering vat,” het Robbie Fleck, die Stormers se hoofafrigter gister gesê.

Die Crusaders mag dalk net weer vasval in die afdeling vir dissipline, nadat hulle verlede week twee geelkaarte moes opdok in hul 45-23 wen oor die Chiefs. As die Stormers goeie balbesit kan behou, die voordeellyn effektief kan aanval en kompeterend by die afbreekpunte is, mag die 29 verbroude laagvatte wat teen die Crusaders getel het in verlede naweek se stryd, dalk net die regte plek wees om die tuisspan te kwes, mits hulle opskerp met hul verdediging.

Matt Todd, hul staatmaker flank het sy duim beseer in oefening en met manne soos Kieran Reid en Israel Dagg, Joe Moody en Owen Franks op die krukkelys, mag dit die Stormers se kanse verbeter.
Die toerspan speel egter sonder Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Jano Vermaak en Bongi Mbonambi en Fleck speel konserwatief met Steven Kitshoff wat van die bank af sal opdraf.

Die spanne is soos volg:

Crusaders – 15 David Havili, 14 Seta Tamanivalu, 13 Jack Goodhue, 12 Ryan Crotty, 11 George Bridge, 10 Richie Mo’unga, 9 Bryn Hall, 8 Jordan Taufua, 7 Billy Harmon, 6 Peter Samu, 5 Samuel Whitelock (k), 4 Scott Barrett, 3 Michael Alaalatoa, 2 Codie Taylor, 1 Wyatt Crockett.
Bank: 16 Andrew Makalio, 17 Chris King, 18 Oliver Jager, 19 Luke Romano, 20 Heiden Bedwell-Curtis, 21 Mitchell Drummond, 22 Mitchell Hunt, 23 Manasa Mataele.
Stormers –15 SP Marais, 14 Seabelo Senatla, 13 EW Viljoen, 12 Damian de Allende, 11 Raymond Rhule, 10 Dillyn Leyds, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Nizaam Carr, 7 Cobus Wiese, 6 Siya Kolisi (k), 5 Pieter-Steph du Toit, 4 JD Schickerling, 3 Wilco Louw, 2 Ramone Samuels, 1 JC Janse van Rensburg.
Bank: 16 Dean Muir, 17 Steven Kitshoff, 18 Carlu Sadie, 19 Jan de Klerk, 20 Sikhumbuzo Notshe, 21 Kobus van Dyk, 22 Justin Phillips, 23 George Whitehead.

Afskoptyd is Saterdag-oggend 08:35

Saterdag-middag gaan vir vingelek-lekker rugby sorg. Die Sharks speel gasheer vir die einste Waratahs wat die Stormers teen alle verwagting in, verlede naweek geklop het.
Die Sharks sou sekerlik kopgekrap het oor hul 26-19 verloor teen die Lions in Johannesburg, tydens die eerste ronde van die 2018-kompetisie. Een area van kommer is by die skrums, waar die Lions ses keer oor hulle getriomfeer het. Die ander aspek van kommer is hul verdediging. Die Waratahs is nie die Lions as dit by vaste fasette kom nie, en hier mag hulle net goeie voorvoet bal kry.
Die Sharks se mediabestuur het die uitsonderlike stap geneem vandeesweek en gevra dat die plaaslike media die wedstryd in swart moet bywoon. Elke geakkrediteerde joernalis kry ook ʼn spiksplinternuwe Sharks trui om te dra.

Of dit goed genoeg gaan wees om die Waratahs se internasionale sterre, Bernard Foley, Kurtley Beale en Israel Folau aan bande te lê, sal ons nog moet sien.

Die Waratahs sal, vir wat hulle voorlangs mis, die agterlyn en taktiese skopwerk inspan om die Sharks se snellers te toets.

Die Sharks speel hul voorlaaste wedstryd tuis voordat hulle begin toer en die tuisspan het gewoonlik in die verlede die pyp gerook as die twee spanne teen mekaar speel.

Die spanne is soos volg:

Sharks – 15 Lwazi Mvovo, 14 Kobus van Wyk, 13 Lukhanyo Am, 12 André Esterhuizen, 11 Sbu Nkosi, 10 Rob du Preez, 9 Louis Schreuder, 8 Keegan Daniel, 7 Tyler Paul, 6 Jacques Vermeulen, 5 Stephan Lewies, 4 Ruan Botha (k), 3 Thomas du Toit, 2 Franco Marais, 1 Beast Mtawarira.
Bank: 16 Akker van der Merwe, 17 Juan Schoeman, 18 John-Hubert Meyer, 19 Hyron Andrews, 20 Tera Mtembu, 21 Cameron Wright, 22 Marius Louw, 23 Curwin Bosch.
Waratahs – 15 Israel Folau, 14 Andrew Kellaway, 13 Lalakai Foketi, 12 Kurtley Beale, 11 Curtis Rona, 10 Bernard Foley(k), 9 Jake Gordon, 8 Jed Holloway, 7 Michael Hooper, 6 Michael Wells, 5 Tom Staniforth, 4 Ned Hanigan, 3 Paddy Ryan, 2 Damien Fitzpatrick, 1 Tom Robertson
Bank: 16 Hugh Roach, 17 Harry Johnson-Holmes, 18 Kalivati Tawake, 19 Nick Palmer, 20 Will Miller, 21 Mitch Short, 22 Bryce Hegarty, 23 Alex Newsome.

Afskoptyd is 15:05

In Pretoria gaan dit blykbaar deesdae so goed dat selfs die Afrikaanse Sondagkoerant weer uitverkoop en die Bulls se John Mitchell word met ’n stel dubbele handskoene aangepak.
Daarenteen het die Lions se mediabestuur vandeesweek alle deure na Swys de Bruyn en sy span toegemaak. Later het die media ’n video-opname van de Bruyn se spansamestelling gekry, maar die druk is vierkantig op die finaliste van verlede jaar.

De Bruyn het selfs die ongewone gedoen as om die Bulls as die gunstelinge uit te sonder. Hy sou beslis Donderdag teen 12-uur met die een oog na Rassie Erasmus se aanstelling as Bokafrigter op TV gekyk het, terwyl hy gewag het vir Mitchell se aankondiging oor die Bulls se span vir Saterdag.

“Die Ratelslang”, soos een kollega Mitchell gedoop het, het volstaan met sy wenspan van verlede naweek, nadat die Bulls die met reg jong en grys wenkbroue gelig het, toe hulle die 2016-kampioene met 21-19 geklop het.
Met die Bulls wat hul kontinuïteit in die spel gelig het en die kort aangee bemeester het om die bal langer binne spel te hou, het die Bulls vriend en vyand verras.
Die Bulls se vaste fasette was ook rotsvas en die Loftus skare is getrakteer met ʼn sarsie stormlopies soos wat slotte soos Louis Moolman en Frik du Preez dit laas op hul heilige grond kon doen.

Gooi nie die Lions se krag by die skrum weg nie, want verlede naweek het die internasionale skrum van die Jaguares geknor, soos die Sharks dit ʼn week of wat gelede ervaar het.
Sommige kenners meen dat Swys ʼn “Pieter-Steph du Toit triek trek” deur vir Franco Mostert vanaf slot na flank te skuif in Kwagga Smith se afwesigheid.
Donderdag se mediakonferensie (wat nie net ʼn video-opname was nie) het egter vir interessante waarnemings gesorg.

“Die Ratelslang” was sy tipiese komkommer-koel self oor die Bulls se vooruitsigte en toe die vraag gevra word aan die kaptein, Burger Odendaal oor die middelveld se kompetisie met Rohan Janse van Rensburg in die rooi trui, is daar skalks geglimlag en gesê, “ons sal maar moet sien.”

Mitchell het sy wenspan van verlede naweek net so behou en daarop klem gelê dat selfs ʼn speler soos Warrick Gelant wat herstel het van sy besering, nie nou hoef terug te keer nie, so vertroud is hy met die spel van die nuweling-Namibiër, Divan Rossouw.
Hierdie wedstryd is beslis die hoogtepunt van die SuperRugby kompetisie en selfs die veel bewoë ex-pats in Australië sal wakkerbly vir die uitslag.

Die spanne is soos volg:

Bulls – 15 Divan Rossouw, 14 Travis Ismaiel, 13 Jesse Kriel, 12 Burger Odendaal (k), 11 Johnny Kotze, 10 Handré Pollard, 9 Andre Warner, 8 Hanro Liebenberg, 7 Thembelani Bholi, 6 Roelof Smit, 5 Lood de Jager, 4 RG Snyman, 3 Frans van Wyk, 2 Jaco Visagie, 1 Pierre Schoeman.
Bank: 16 Adriaan Strauss, 17 Lizo Gqoboka, 18 Conraad van Vuuren, 19 Nic de Jager, 20 Marco van Staden, 21 Embrose Papier, 22 Marnitz Boshoff, 23 Duncan Matthews.
Lions – 15 Andries Coetzee, 14 Sylvian Mahuza, 13 Lionel Mapoe, 12 Rohan Janse van Rensburg, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronjé, 8 Warren Whiteley (k), 7 Franco Mostert, 6 Cyle Brink, 5 Marvin Orie, 4 Andries Ferreira, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques van Rooyen.
Bank: 16 Robbie Coetzee, 17 Dylan Smith, 18 Jacobie Adriaanse, 19 Lourens Erasmus, 20 Marnus Schoeman, 21 Marco Janse van Vuuren, 22 Harold Vorster, 23 Madosh Tambwe.

Afskoptyd is 17:15

-Simon Riekert #paletoe

Related Posts

« »